KZN-polisie vind talle onwettige vuurwapens

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in KwaZulu-Natal het in minder as ʼn maand op altesaam 119 onwettige vuurwapens beslag gelê.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê talle teenmisdaad-operasies is tussen 3 en 30 Julie in verskeie gebiede in die provinsie uitgevoer. Tydens hierdie operasies het die polisie op ses jaggewere, vyf haelgewere, ses tuisgemaakte vuurwapens en 102 pistole beslag gelê, sowel as altesaam 1 077 patrone.

“Die vuurwapens is almal vir ballistiese toetse gestuur om vas te stel of dit in die uitvoering van enige misdade gebruik is,” het Gwala gesê. Die polisie het ook 112 verdagtes vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem, het sy gesê.

Genl.maj. Bhekinkosi Langa, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die polisiebeamptes geloof vir hul goeie werk en eienaars van onwettige vuurwapens gewaarsku die polisie sal hulle vastrek. “Ons doen ook ʼn beroep op mense wat steeds in die besit is van ʼn oorledene se vuurwapen, om aansoek te doen vir ʼn lisensie of hulle sal vervolg word,” het Langa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Shotgun ·

Kaptein, nou hoe doen mens ballistiese toetse op ‘n haelgeweer?

Cherokee ·

Die vuurwapens moet ingesmokkel wees vanuit die Karoo. Kwa ZuluNatal is nie so nie. Daardie tuisgemaakte vuurwapens se nommers is nagegaan en almal is vanuit Gauteng en die Karoo.

KarooKlong ·

Hahaha, ja kyk hier, dit raak te warm hier vir die robbieste. Hulle soek nou vakansieplek.
Deben by de sie.

Koos ·

Ek stem saam hopenlik word die wapens gediaktiveer en nie weer terug verkoop aan die skelms nie.

Kapenaar ·

Ek sal graag wil weet hoeveel van die pistole kom die SAPD se kluise, hoeveel van die wapens is deur persone ingegee, wat nou hulle weg na die misdadigers vind, of deur die SAPD aan misdadigers verkoop word.

KarooKlong ·

One million and twenty hundred and six…………eish its plenty.

Spook ·

Gaan kyk maar die nommers op die gewere, dan sal dit wat nie gesteel was nie , eens behoort het aan wettige eienaars wie die wapens ingegee het toe die wette verander het. daai wapens kom van polisie oorsprong

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.