KZN-polisiebeampte skiet kollega, homself

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiebeampte van KwaZulu-Natal het eers ʼn vroulike polisiekonstabel geskiet voordat hy homself geskiet het.

“Volgens ʼn voorlopige ondersoek het konstabel Howard Ngcobo, wat by die Dukuduku-polisiestasie aan die suidkus gestasioneer was, Vrydagaand na konstabel Lindiwe Xulu se huis gegaan,” het Sipho Khumalo, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, Saterdag gesê. “Hy het haar geskiet en sy is dadelik oorlede.”

Die polisie was op soek na Ngcobo, maar toe hulle hom opspoor, was hy ook reeds dood. “Hy het homself vermoedelik doodgeskiet. Die motief vir die aanval op konstabel Xulu is nog nie duidelik nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.