KZN-polisiehoof geskors

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni. Foto: SAPD

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni. Foto: SAPD

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, is geskors.

Ngobeni het bevestig dat sy kennisgewing van die skorsing Donderdag ontvang het en dat die skorsing effektief Vrydag in werking tree.

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het in April aan Ngobeni ʼn kennisgewing gestuur rakende die voorneme om haar te skors oor haar beweerde bande met die Durbanse sakeman Thoshan Panday.

Die Sunday Independent het in April berig dat Phahlane die besluit geneem het nadat hy ʼn verslag van die uitvoerende direkteur van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ontvang het oor beweerde sistemiese korrupsiesake in KwaZulu-Natal. Ngobeni se naam is glo in die verslag genoem.

ʼn Onafhanklike forensiese oudit het glo ook bevind dat daar ʼn “moontlike korrupte verhouding” tussen Ngobeni en Panday is.

Johan Booysen, geskorste Valke-hoof van KwaZulu-Natal, het in hofdokumente aangevoer dat Ngobeni hom versoek het om nie vir Panday te ondersoek nie.

Panday het na bewering vir ’n verjaardagpartytjie van Ngobeni se man betaal in ruil vir tenders. Panday het glo fakture vir verblyf vir polisiebeamptes ten tyde van die 2010-Wêreldbekersokkertoernooi onregmatig verhoog. Hy word verder daarvan beskuldig dat hy Booysen met R2 miljoen wou omkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Rina Pretorius ·

EN SO WORD DIE EEN NA DIE ANDER UITGEHAAL, WAT SAL HULLE NIE NOG DOEN VIR GELD EN AANSIEN NIE. WEL SY IS NOU GESKORS DEUR EIE TOEDOEN MAAR EK WONDER VIR HOE LANK

tamboti ·

En natuurlik wag daar vir haar ‘n ou beloninkie of ‘n beter pos in ‘n ander provinsie of in die nasionale regering – selfs dalk internasionaal!
Sy is mos ‘n voorafbenadeelde wat danksy haar “vindingrykheid” tot groot hoogtes uitgestyg het!

Liewe heksie ·

En so vang die hoogste bome die meeste wind en so word net n volgende vuilgoed aangestel

Johann ·

Haai nooit nie? N hooggeplaaste polisie beampte? In Suid Afrika? Kan mos nie wees nie…o ja; askus: JUIS in Auid Afrika! Wn dis NOG een; van waarskeinlik NOG baie…wat lieg en bedrieg; nie noodwendig gevang en gestraf word nie. So wat behels skorsing deeadae? Dalk is dit n opsie vir Zuma? Hy word in kennis gestel MAAAANDE voor sy skorsung van sy skorsing en dan…wel dan skors hulle hom…met n TAMOELAAAAAASE goue handdryk EN n pos by n Korporatiewe Maatskappy? N ou GUPTA enikie? Beflippenlaglik!!!!!!!!

Sarel Strydom ·

Hoe moet Poliesie lede op grondvlak hulle werk doen as dit met Bestuur so gaan?

Hennie ·

Twyfel enige iemand nog dat SAPD georganiseerde misdaat is?

Cherokee ·

Ja… ek!! My oom werk daar en hy is nie ‘n kroek nie, okay!

Theo ·

Met volle betaling natuurlik, en nugter weet hoe lank dit kan wees wat belasting betalers se geld weereens vermors gaan word. Geld wat honger mense kon gehelp het.. Bli…ms

GES ·

Ek kry die polisiebeamptes regtig jammer wat hulle werk met waardigheid en toewyding doen. Sulke gebeure op hoëvlak is demoraliserend. Hulle vind dit moeilik om hulle werk te doen omdat hulle die kwaai kritiek van die publiek moet verduur. Alles vrot nou uitmekaar uit.

Ouman ·

Daar is 2 partye betrokke by die beweerde korrupsie maar net een word vervolg. Kyk maar na Shaik en Zuma. Dit is duidelik dat Panday beskerm word deur die NPA. Waarom word daar net opgetree teen die SAPS lid.

Pietman ·

Omdat hierdie Lt.Genl. sweerlik ook net n politieke aanstelling was, en sekerlik direk in haar rang aangestel is, sal sy baie gemaklik verskuif kan word na enige hogere pos wat ‘Numba-one’ en sy vryheids vegters vir haar kan reel. Toe nou patriotte, waarom nie dankbaar wees vir DIE kaliber draers van ons trotse uniforms nie? Sekerlik kan die wereld ons salueer, want selfs transformasie- teikens is bereik! Waarom sal ons nou ag gee op n klankie van korrupsie/ bedrog?

Cherokee ·

Julle is net jaloers op ons omdat julle gelees het dat die IFP+5 of so iets na die verkiesing gaan oorneem. Check ons!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.