KZN-polisieman sterf ná kopskoot

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn KwaZulu-Natalse polisiebeampte is Sondag dood nadat hy koelbloedig in sy motor geskiet is.

Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het gesê konst. Sibongiseni Mnguni (40) was van diens af toe hy glo in Isipingo in sy motor geskiet is.

“Mnguni was glo in sy motor op die hoek van Parsadh en Sayanweg toe hy deur ʼn verdagte genader is wat hom in sy kop geskiet het voordat hy gevlug het,” het Zwane gesê. “Mnguni is na ʼn hospitaal gehaas waar hy later dood is.”

Zwane het gesê die motief vir die moord is nie nou bekend nie en word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Mnguni is die tweede polisiebeampte wat in die afgelope week in die provinsie dood is. Nog ʼn polisiebeampte is dood nadat hy Dinsdag sy vrou en toe homself buite ʼn winkelsentrum in Port Shepstone doodgeskiet het.

Volgens Zwane word beide voorvalle deur die Valke ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

Ons wetstoepassers word ook om een of ander rede geteiken, veral hierdie tyd van die jaar. Weet hulle te veel van sekere mense?

Jan Borman ·

Iemand wat ‘n polisieman skiet het oorlog verklaar teen reg en geregtigheid – vir misdaad en anargie. As die polisieman dood is, verloor so ‘n misdadiger sy basiese reg tot lewe en ons moet begin deur die doodstraf terug te bring vir sulke mense. Dis ‘n flou verskoning dat die grondwet eers verander moet word – as dit so is dan moet dit verander word. Ek dink ons mense is nou al behoorlik gatvol daarvoor dat menseregte en die grondwet ‘n groter teelaarde vir misdaad skep in plaas van dit bestry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.