KZN-premier het ‘g’n reg om buurtwagte te dreig’

Cameron sê Zikalala is buite voeling met die werklikheid op voetsoolvlak. (Skermgreep: Twitter)

Die organisasie Action Society het die KwaZulu-Natalse premier, Sihle Zikalala, gekritiseer vir sy opmerking die afgelope naweek dat die bedryf van buurtwagte voortaan fyn dopgehou en gereguleer gaan word.

Dít nadat talle gemeenskappe voorverlede week tydens die oproer in KwaZulu-Natal self opgestaan het om hul buurte teen plundering en geweld te beskerm.

Action Society sê die gemeenskappe het terugbaklei omdat die regering versuim het om hulle te beskerm en dat die premier “geen reg het om buurtwagte te dreig nie”.

“Action Society loof die KwaZulu-Natalse buurtwagte vir hul heldhaftige optrede tydens die ongekende geweld wat onlangs in die provinsie ondervind is,” sê Ian Cameron, woordvoerder van Action Society.

“Gemeenskapsveiligheidstrukture in KwaZulu-Natal het eiehandig en wettig die provinsie gestabiliseer, met geen of weinig steun van die regering nie. Die premier behoort hulle te bedank, nie te kritiseer of te ondersoek nie.”

Cameron sê Zikalala is buite voeling met die werklikheid op voetsoolvlak.

“As die regering se veiligheidsagentskappe nie in die eerste plek in die gedrang gebring is nie, sou dit nie nodig gewees het vir gemeenskappe om in te gryp waar wetstoepassingsowerhede nie net versuim het om op te tree nie, maar nie eens opgedaag het nie.”

Cameron sê vyf dae nadat die onluste meestal in bedwang gebring is, het die regering steeds gesukkel om 2 500 soldate te mobiliseer om die polisie te help om wet en orde te herstel.

Action Society sê die premier moet sy eie huis in orde kry en probeer nou soos ʼn redder van die provinsie onder geraakte gemeenskappe lyk, pleks daarvan om sy “rampspoedige mislukking” as premier te erken.

“Zikalala en sy kantoor moet eers hul provinsiale en dan die plaaslike strukture ondersoek voordat enige skuld op buurtwagte gepak word.

“Hy het geen mandaat om mense wat hul grondwetlike reg opeis om hulself en hul eiendom te beskerm te ondersoek, te reguleer of te beheer nie. Hy behoort eerder voorstelle te doen oor hoe hy proaktiewe stappe in die toekoms gaan verseker.”

Cameron sê gemeenskappe, veral buurtwagte, het ná die plundering die geraakte gebiede help opruim, nog ʼn situasie waartydens Zikalala se kantoor tekortgeskiet het.

“Wetsgehoorsame burgers wat hulself organiseer en mobiliseer moet die weg baan vir ʼn veiliger KwaZulu-Natal en selfs meer só, ʼn veiliger Suid-Afrika. Action Society moedig gemeenskappe aan om binne te raamwerk van die wet te organiseer en te mobiliseer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Werner ·

Die afleiding wat gemaak kan word is dat die premier ook n zuma ondersteuner is en oorlog soek in die land.Hy het mos gewys dat hulle nie die vermoe het om iets te ondersoek of te voorkom nie.

Lindi ·

Dis nie eers ‘n “afleiding” nie – hy steun Zuma openlik op alle platforms

casper ·

Die man het groot simpatie met die looters want hulle is sy stemmers !!

annie ·

Zikalalalala verdien ‘n pas… ‘n trek-pas vir oorspronklike denke…

Erika ·

N wets gehoorsame burger het Reg om homself te verdedig en jyt die reg om Jóu familie te beskerm.Net n vraag is dit nie vreemd dat na wysig wet oor wapens( dat Sekeres die sin wou uithaal as jy aansoek Doen vir wapen dat jy spesific Nie mag Selfverdedeging redes aanvoer as jy aansoek Doen vir wapen nie..Intussen word wapens on wettig Onder radar verskaf..aan kriminele…en dit word ontken… En toe Gebeur die “Riot Drama (moenie my se van daardie” looters ” hét wapens gehad nie
Maw jy mag Nie jouself verdedig nie Maar kriminele kom weg…
.

Dirk ·

Dis net die ongeskooldes wat so reageer.Het nie n clue wat aangaan in die werklikheid nie..

marius ·

Is dit nie dieselfde perd wat ‘n plunderaar et die vuis bygekom het nie ?

jou gewete ·

twyfel, hy sal nie n kieser wat vir hom stem aandoen nie

Kokerboom ·

Dis nie net die die premier maar die HELE ANC wat totaal uit voeling is met die werklikheid.
Dis nou die tyd dat Gemeenskap SA ‘n afdwingbare klasaksie instel teen die regering, die ANC en al die politici wat hul plig versuim het. Sluit in Luthuli huis (die NUK met hul drakoniese beleide), die parlementêre koukus wat nie parlement kon oortuig om aksie te neem, asook Zuma en sy aanhangers as die gevind word om aandadig te wees!!!
Doen ons dit nie is SA se toekoms donker!!!

Rian ·

Our people was verhinder in hul plundertog en dit is onaanvaarbaar, aldus zikalala.

Vonkprop ·

Hulle maak altyd geraas en skree om hulle eie onbevoegdighede weg te steek. Wil iets wat werk sleg laat lyk sodat hulle soos helde kan lyk. Nou lyk dit of hulle omgee vir die arme mensies wat nie groter kon geloot het omdat sekuriteitsmaatskappye en mense hulle gekeer het nie.

DIABLO ·

Ek lees hier tussen die lyne dat hy buurtwagte fyn gaan dophou, omdat hulle hom soos n idioot laat lyk het. Ek sou gelag het as dit nie so hartseer was nie. Sê net dankie vir hulle, anders was daai buurte nou nog n gemors.

Magda ·

Net nog n bewys van ongelettertheid vir di pos waar in hy is. Onbevoegd en net weer n “kader aanstelling”

Windhond ·

Vir julle wat asem op gehou het om ANC dik nekke te sien tussen die op-hitsers, ………….. jammer

007 ·

Hy is n groot Zuma aanhanger. Hy en sy regering het die gemeenskap gefaal. Nou probeer hy kraai nadat sy mishoop begin stink het.

Hennie J ·

Hy is n sprekende voorbeeld van die sogenaamde tweegat jakkals wat nou verplig word om kant te kies. Aan die een kant sy mense;die stropers en wetteloses wat vir hom stem;Aan die ander kant die Indier mense wat hulle eie beskerm het weens die totale afwesigheid van die polisie en wat nou deur die regering uitgemaak word as die skurke. Pateties en lagwekkend.
As hulle dink dit was n opstand, vat dan ons grond!

Anoniem ·

Die Primier steek seker ‘n geraamte in sy kas weg en is bang dit val ut!

Willem ·

Mnr Zikalala vergeet dat die burgers van hierdie land sy salaris betaal. Dis tyd dat mense wie se salarisse met belastinggeld betaal word doen soos hul werkgewer (lees belastingbetalers) wil hê hulle moet doen.

fs ·

sy tekort aan ‘n brein wys nou so duidelik…die polisie het weggehol vir die looters.. die gemeenskap het hul nie net verjaag nie maar ook eiendom beskerm .. selfs die taxi outjies het saam met die wets gehoorsame burgers gestaan… gaan die knaap hulle ook ondersoek en reguleer.. wel good luck in trying that one….

Jacobus Stephanus ·

Met die KZN premier se eensydige kritiek kan mens maar met ‘n ondersoek hy hom begin!

Andries ·

Hy het niks gescore nie. Nou is hy boos daaroor en wil die mense wat hom gekeer het. bykom.

Piet parys ·

Stuur vir daai premier die rekening van die buurtwagte en publiek se uitgawes om die veiligheid te verseker . Dit sal sy bek toe hy .

Alex ·

Buurwag is daar om te beskerm en word soms betaal. Daarom het jy hulle. Wat sal dan die doel gewees het as hulle nie gedoen het wat verwag word nie. Die KZN se premier moet dan gesien word as een van die oproeriges wqt oorer aan hits. Hy keur dit dan indirek goed dat hulle mag geplunder het en buurwag moes niks gedoen het nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.