KZN-premier trek stelling oor kwarantynkampe terug

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum. (Foto: AfriForum)

Sihle Zikalala, die premier van KZN, het die afgelope naweek sy stelling dat mense wat positief vir Covid-19 toets in provinsiale kwarantynkampe gedwing sal word, teruggetrek.

Dit volg ná die burgerregteorganisasie AfriForum verlede week ʼn prokureursbrief oor dié dreigemente aan Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, gestuur het.

AfriForum gaan wel voort met sy regstappe teen die regering betreffende regulasies wat die staat mag gee om enigiemand te vervolg wat positief vir die virus getoets het en weier om in kwarantyn geplaas te word.

Maroela Media het vroeër berig Nomagugu Simelane-Zulu, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, het aangekondig dat die beleid van selfisolering vir mense wat positief vir die virus toets, verwerp word. Dit sou beteken dat enigiemand wat van Sondag af in dié provinsie positief toets in staatsgeïdentifiseerde kwarantynkampe aangehou en gemonitor word.

Nasionale regulasies bepaal tans dat niemand mag weier om in kwarantyn geplaas te word nie, maar spesifiseer nie wáár hierdie mense in kwarantyn moet bly nie.

Volgens Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, verwys AfriForum in sy prokureursbrief aan Dlamini-Zuma na dié regulasies as irrasioneel en meen ook Zikalala se uitspraak dien as bewys hiervan.

“Dit is nie net onversoenbaar met ’n samelewing wat beweer dat dit basiese vryhede koester nie, maar gaan ook daartoe lei dat mense hulself bloot nie vir Covid-19 sal laat toets nie. Boonop plaas die regulasies ’n irrasionele las op die regering se hulpbronne,” sê Roets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Bernard ·

En so steier die rigtinglose ANC sirkus van krisis tot krisis

netekalleen ·

Issolasie kampe/ konsentrasie kampe. Selfde ding. As mens so kyk wat jy lees oor.sommige issolasie areas gaan dit maar sleg daar.tot n koerant of iets geraas oorndit maak. Hoekom nie mense laat selfissoleer by die huis nie?

Anel ·

Dit druis in elke geval in teen die grondwet. Hulle wil jou geheel en al beheer. Dit is komunisme. Maak soos ons sê. Jy het geen regte. Hulle groot tone.

Pensionaris Sedgefield ·

Die paddas in die pot is besig om te kook. Ons moet uitspring voor dit te laat is. Hier sit baie meer agter dit wat die regering nou doen as om net te probeer lewens spaar. Sê vir my wat is die verskil tussen wat ons nou beleef en ‘n polisiestaat? En as Cyril sê die regering is (met voortgesette inperking) besig met radikale ekonomiese transformasie, dink jy dit gaan nog oor die virus? Nee, my vriend, lankal nie meer nie. Die virus is die middel tot die doel. Onthou ook wat Tito gesê het oor die vakuum in die ekonomie (besighede wat toemaak) en hoe hy voorspel het hierdie vakuum gevul gaan word. Of liewer wie hierdie vakuum gaan vul.

Anel ·

Ek stem met jou saam. As ons ons oë uitvee is ons in ‘n volledge komunistiese bestel. Jammer almal wil nie wakker skrik en dit sien nie. Die feit dat hulle so hand om die blaas met Sjina en Kuba, van die wêreld se min komunistiese lande wat nog oor is, is teken genoeg.

johan ·

Gedink hy is verkeerd…wonder hoeveel ander besluite is ook nie reg…HY is nie bevoeg om enige besluite te neem.

Hitler ·

Outokratiese Diktators!!!
Dit laat onnodige gevoelens ontwaak!

JM ·

Gee hulle ‘n bietjie mag, en daar word oorboord gegaan. Tekenend van ‘n minderwaardigheidskompleks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.