KZN-premier veroordeel moord op restaurateur

Argieffoto

Sihle Zikalala, die KwaZulu-Natalse premier, het Maandag die wreedaardige moord op ’n bekende restaurateur in die KwaZulu-Natalse Middelland, veroordeel. Die slagoffer is deur die polisie as die 67-jarige Edi Neumeister, eienaar van die gewilde plaashuisrestaurant, Gunther’s and Sausages, in die KwaZulu-Natalse Middelland geïdentifiseer.

Neumeister is Saterdagoggend met ʼn panga buite sy plaashuisrestaurant in Caversham Valley in die KwaZulu-Natalse Middelland doodgekap. Paramedici het Neumeister op die toneel dood verklaar.

Maroela Media het vroeër berig Neumeister se verloofde het ná die voorval by Balid Security, ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy, om hulp aangeklop. Lede van dié maatskappy was besig met ʼn patrollie voor Michealhouse, ʼn private skool in die Middelland. Die verloofde, wat vermoedelik in haar 60’s is, is nie in die aanval beseer nie.

Sy het die verdagte as ʼn “kort swart man” beskryf en het aan die veiligheidswagte gesê dat die man vir kontant gevra het.

Zikalala het ʼn beroep op wetstoepassingsagentskappe gedoen om seker te maak die skuldige word so gou moontlik vasgetrek. Hy het ook die sinnelose en wrede moord op Neumeister veroordeel.

Hy het ook sy meegevoel met Neumeister se familie en vriende betuig.

Zikalala het die provinsie se LUR vir gemeenskapsveiligheid, Bheki Ntuli, sowel as die LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, Bongi Sithole-Moloi, versoek om saam met wetstoepassers te werk om te verseker dat die skuldige in hegtenis geneem word.

“Plaasaanvalle is steeds ʼn groot bekommernis vir die provinsiale regering. Ons sal alles in die stryd werp om die landelike boeregemeenskappe se veiligheid te verseker,” sê Zikalala. Hy het bygevoeg dat geweldsmisdade nie geduld sal word nie. “Ek waarsku diegene wat sulke misdade pleeg dat hul dade nie ongestraf sal bly nie.”

Riaan Claassen, eienaar van Balid Security, het vroeër gesê dit is die eerste keer in 23 jaar wat hy van ʼn plaasaanval in daardie omgewing hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

koos10 ·

Eerstens, so jammer om te verneem van die onsinnige moord. Strekte aan die naasbestaandes.

en dan my skok:

Waaatttt? Zikalala jy moet versigtig wees, jou uitlatings strook nie met jou meesters s’n nie, en hulle gaan jou voor stok kry. CR het mos gesê daar is nie plaas aanvalle in SA nie.

Rodger17 ·

Wit boer moet maar eerste skiet as n moordenaar op sy plaashuis kom,anders gaan hul jou vermoor!

Leon ·

Wel, die regering moedig dit aan met sy uitsprake. Wat verwag die mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.