KZN-reën: Twee kinders dood, honderde ontwortel

Foto: @bravedaveZA/Twitter

Foto: @bravedaveZA/Twitter

Twee kinders is die afgelope naweek in Durban dood en honderde mense ontwortel weens die hewige reën en kitsvloede aan die KwaZulu-Natalse kus.

Thulani Mbatha, woordvoerder van die eThekweni-munisipaliteit, het gesê ʼn eenjarige kind is dood nadat ʼn muur op hom geval het in Umlazi terwyl ʼn vyfjarige kind in Chatsworth dood is. Dit was nie onmiddellik duidelik waaraan die vyfjarige kind dood is nie.

Minstens 386 mense is ontwortel weens swaar reën in Isipingo, Umlazi, Chatsworth, Reservoir Hills en Sea Cow Lake. Volgens Mbatha is huise en paaie beskadig. “Die eThekweni-nooddienste het teen 14:00 Sondag 76 oproepe ontvang.”

James Nxumalo, burgemeester van die eThekweni-munisipaliteit, het sy medelye uitgespreek teenoor die families wat geliefdes aan die dood afgestaan het weens die vloede. “Ons het spanne ontbied na die meeste gebiede wat deur die hewige reën geraak word.”

ʼn Groot aantal mense van informele nedersettings in Umlazi en Isipingo is ontruim nadat ’n rivier begin oorstroom het. Marianhill, Dassenhoek en Bonella is ook van die gebiede wat geraak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Zena

Die Handwoordeboek vir die Afrikaanse Taal (HAT) bevestig dat die woord “ontwortel” in die sin van verplaas gebruik kan word. Dit word dus gebruik om die figuurlike betekenis oor te dra van “losruk uit die bekende/vertroude”. Uit die HAT:

1) met wortels en al uit die grond ruk: Die storm het bome ontwortel
2) (figuurlik) losruk uit die bekende/vertroude: ‘n Ou mens moet nie ontwortel word nie; As plattelandertjie ontwortel voel op die groot kampus in die stad; So baie ouers is deur die vigsepidemie opgeëis dat ‘n hele geslag jong mense ontwortel gelaat is
3) (ook selfstandig) ontworteldes van die oorlog; Ontworteldes, oud en jonk, het simpatie nodig

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Theresa ·

Sjoe, net jammer dat mense oor en oor en oor en oor weer op rivieroewers plak. Dis juis waarom daar nie gebou is nie. Dis nie die plek om ‘n hut op te slaan nie.

BoereBikerBaby ·

Theresa, ek weet hoekom hulle dit doen, ek het dit basies uit die perd se bek gehoor by die werk. Hulle moedig mekaar aan om daar te plak want as die rivier oorstroom dan word nuwe verblyf gegee (behuising) en dan word dit nog ge”furnish” ook omdat als weg is…

marianne ·

Ooooooooh koek!!! net 2 verdrink!!! hang die flag halfmas en gee ‘n 21 Gun salute…. WANT DIS ‘n NATIINALE RAMP.
Maar daar was 10 plaasaanvalle en talle ou mense is vermoor en tog is dit eish sorry ‘n statistiek wat ‘m houtkruisie kry.
TE HEL MET DIT! HOU OP GELD MORS OP SOGENAAMDE INFRASTRUKTUUR EN BEGIN ONS WAT TENMINSTE IETS VIR DIE LAND DOEN BESKERM EN HERBOU.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.