KZN-seun aan matrikulant: ‘Jy moes in die Jodeslagting gesterf het’ 

Treverton-kollege, ’n peperduur private skool in KwaZulu-Natal se Middelland, het sy spyt oor die voorval uitgespreek waaraan van sy leerders hulle aan Jodehaat skuldig gemaak het.

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJRA) prys ʼn 18-jarige leerder vir die “moed en inbors” wat sy getoon het nadat sy die afgelope week ʼn haatdraende, anti-Semitiese stemnota ontvang het.

In dié opname kan gehoor word hoe talle seunstemme Danni Heymann, ʼn leerder aan ʼn Joodse skool in Johannesburg, tart.

Die seuns is van die Treverton‑kollege op Mooirivier in KwaZulu-Natal se Middelland.  Dis nog nie bekend wat die verhouding, indien enige, tussen Heymann en die seuns is nie.

“Hei Danni, dis jou maats hier … en ons almal stem saam jy moes waarskynlik in die Jodeslagting [in die Tweede Wêreldoorlog] gesterf het, want soos jy weet, het hulle daai asbakke vol Joodse mense gehad en dalk, dalk moes hulle regtig by daai hopie gevoeg het …” het een van die seuns (14) laat hoor.

ʼn Ander seun val hom in die rede en vra: “Wat noem ʼn mens ʼn vlieënde Jood?  Rook!” waarna die groep lag oor dié verwysings na die manier waarop die Nazi’s tydens die Tweede Wêreldoorlog deur verbranding met die oorskot van slagoffers van die doodskampe weggedoen het.

Die SAJRA sê hy het Dinsdag van die “uiters aanstootlike” opname bewus geword, waarna hy gesprek met die skool en met Heymann gevoer het.  Dit het aan die lig gekom ʼn 14-jarige seun het die opname gemaak.  Sy pa het Heymann intussen “opreg” verskoning gevra.

Sy het intussen ook ʼn lang gesprek met die hoof van Treverton‑kollege gevoer.

Die raad het met Treverton en die Durbanse Holocaust- en volkslagtingsentrum beraadslaag oor Holocaust-opvoeding en -sensitiwiteitsopleiding vir die skool en die oortreder.

“Ons glo dat waar ook al moontlik, opvoeding met die oog op gedragsverandering kritiek belangrik is om anti-Semitisme stop te sit; trouens, alle vorme van haat ons land,” sê die raad in ʼn mediaverklaring.

In ʼn inskrywing op die SAJRA se Facebook-blad erken Heymann die voorval het die Joodse gemeenskap ontstel, maar skryf: “Ek wil julle net almal daaraan herinner ʼn mens kan nie ʼn kind met haat opvoed nie.”

Die seun het haar gebel om om verskoning te vra en hulle het amper ʼn uur lank oor die voorval gesels, het Heymann gesê.

“Wat hy vir my gesê het, was veel meer as ʼn verskoning,” het sy gesê. “Sy woorde het gewys hy het regtig berou en my laat besef hoe ek dié seun ʼn kragtige les kan leer.”

Amper 100 Jode is vermoor, 30 000 na konsentrasiekampe gedeporteer en 767 sinagoges afgebrand tydens Kristallnacht, Vrydag presies 80 jaar gelede. Foto: Wikipedia

Treverton se hoof, Kean Broom, het Dinsdag in ʼn mediaverklaring gesê nadat hy bewus gemaak is van die “uiters kwetsende” en “anti-Semitiese” opname, het die skool sy bestuurspan byeengeroep om “ʼn proses te begin om die voorval te ondersoek en met die betrokke leerders en hul ouers te praat, sowel as die ontstoke publiek”.

Hy sê die stemnota strook nie met die skool se waardes nie en hulle sal daarteen optree om “ons vasbeslotenheid te toon om sulke dinge in die toekoms te voorkom”.

“Ondanks ons natuurlike begeerte om onmiddellik geregtigheid te wil laat geskied, is dit ewe belangrik om die korrekte prosedure te volg sodat ons besluit opbouend is en tot positiewe en blywende verandering bydra.

“Die genade wat die Joodse gemeenskap midde-in seerkry en woede toon, het my oorweldig.  Dit gee my hoop dat ons eindelik genesing en herstel sal kan bewerkstellig.”

Vrydag is die 80ste herdenking van Kristallnacht, die nag van 9 November 1938, toe die Nazi’s in Duitsland 767 sinagoges aan die brand gesteek en verwoes het en sowat 7 500 Joodse winkels verniel het. Ook Joodse huise, skole, begraafplase en hospitale het onder die vernietiging deurgeloop. Amper 100 Jode is op Kristallnacht vermoor en 30 000 mans aangekeer en na konsentrasiekampe gestuur, net omdat hulle Joods was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

E.K. die eerste ·

WAT gaan aan met vandag se kinders? Dis absoluut skokkend!

humor ·

Hierdie jong seuns met hierdie genadelose krenkende uitlatings moet fyn loop. hulle moet besef hulle leef in n gevaarlik onsekere land waarvan die toekoms moontlik ook teen hulle kan draai, en wat kan dit vir hulle inhou?

Katerina ·

Baie waar. Ek is oortuig dat die toekoms wel vir ons blankes konsentrasie kampe behels. En die res vd wereld sal niks doen nie.

Gert ·

Weer iemand help hier dat daardie kinders getugtig word die absolute gruwelike haat spraak.

honourable member ·

Ons dit dan met n regering wat rassehaat aanblaas. Niemand word geleer om te respekteer nie, net om te haat.

Carel ·

Dit is hoe kinders word as hulle bederf word en nie meer plathand kry nie

Anoniem ·

Katarina, is dit regtig wat jy vir die Afrikaner wil sien.?

Katerina ·

Liewe hemel nee! Maar soos dit vir my lyk met al die haat teenoor blankes, van beide regering en bevolking, is so iets ons voorland.

Andrea ·

Dienkie, nie wat Katarina WIL sien nie, waarvoor sy bang is! Ek ook.

wielie ·

Miskien moet hulle die snert van die TV afhaal waarna die kinders vandag kyk.
Die hele 7 ure van Holocaust uitsaai en hulle forseer om te kyk na die program ………. Wys ook weer die wereld se geskiedenis — haal al daardie ou dokumentere programme uit en maak die klomp se oe oop …………..

Symon ·

Nou maar kyk wat die Jode kan vergewe ne. Niks wraak en onteiening as straf nie. So trots op my Joodse erfenis

Ronel ·

Symon jy het alle reg om trots te wees op jou Joodse erfenis! Dit bly vir my net iets verskrikliks wat aan onskuldige mense gedoen is!

D B ·

Nee wat, die tiepe ding in ons skole word al meer en erger. Vandag se jeug het geen opvoeding nie.

In ons tyd was meisies se hare trek of ‘n outjie “spot” oor sy “bak ore” die ergste. “Verskille” het ons na skool by die partjie opgelos en na die tyd weer lekker saam gespeel.

Op skool het ons geleër, want dis hoekom ons daar was. Ons was te bang om moelikheid te maak, nie altyd vir die onderwysers nie, maar wel vir die feit dat as hulle jou ouers gaan bel, DAN GAAN JY…

Vandag se kinders het nie maniere nie, net “regte”, en ek is jammer, maar dit is nie altyd die ours se skuld nie, want wat by die huis geleër word, mag die onderwysers nie ook toepas by die skool nie.

Ek bly staan by wat ek altyd sê, ‘n pak op sy tyd is soos brood en konfyt. Jy hoef nie jou kind te mishandel of dood te slaan nie. Dis deel van dissipliene. Praat en “hoekie-tyd” is ‘n mors van tyd, want dis nie gepaste gevolge van wandade nie! Ons het pakgekry, ons was bang daarvoor, maar vandag makeer ons niks nie en ons weet van reg en verkeerd.

Ronel ·

Hierdie seun se gedrag is inderdaad kommerwekkend! Hoe kan ‘n mens jou verlekker in die dood van ander, en die Jode is absoluut deur hel! Die onreg wat aan hul gedoen is spook tot vandag toe by mens, vir my net so erg soos die konsentrasiekampe in Suid-Afrika.

Piet ·

Syman in die boek “none dare call it conspiracy” het ek gelees dat Hitler geld geleen het om die oorlog te finansier by die Rothschild bank, n joodse bank. Hierdie feit is blybaar algemene kennis, want ek het dit elders ook al gelees. As dit reg is, dan kan mens seker se hulle (die Jode), moet ook maar gaan kyk of hul eie kant skoon is, voor hulle in ek geval die ander kan haat. Ek is beslis nie ‘n ant- semiet nie hoor- gaan lees gerus self.

Maljan ·

Ai ou pieta, n bank in joodse besit het hom die lening toegestaan, nie die joodse volk nie. Ek glo nie per se om n oorlog mee te finansier nie.

Piet ·

Jip, dit was wel om die oorlog te finansier. Hulle het self die holocaust vry gespring en duitsland moes sy oorlogskuld alles terug betaal. Jy kan jou indink dat ek nie baie populer sal wees as ek te veel daarvan vertel nie.

HPV ·

Danni staan vas met trots want hierdie derdewêreld land sal nooit ooit wees wat Israel vandag is nie! Israel het nog nooit bakhand staan gestaan of gekruip nie. Ek salueer Israel. “Brothers in war”

Della ·

Sjoe! Dit is verskriklik eers word onderwysers met water gegooi en dan word Joodse kinders verbaal mishandel. Dit laat mens die opvoeding van hierdie kinders in twyfel trek…. Ek glo nie vandag se kinders het enigsins ‘n idee wat die laaste 200 jaar se geskiedenis als behels nie, want alles word mos verdraai en toegesmeer. Ek wens geen mens die wrede manier hoe die Nazi’s die Jode gevang en vermoor het toe nie…..hulle het niks of niemand ontsien nie… Ek het Geskiedenis tot in matriek gehad en ons het ure en ure se World at War gekyk…. Dis wreed en onmenslik. Die Jode sal en gaan God se uitverkore volk bly en daarvoor het ek die diepste respek.

Ek hoop daar is nagevolge vir hierdie seuns vir sulke afskuwelike gedrag.

Ek dink ·

Die haat en verskriklike dinge wat sulke jong kinders het en doen, is skrikwekkend. Geen wonder daar is soveel geweld in die wereld nie. Maar skole speel ook partykeer ‘n rol. My kind is in ‘n privaat skool in Botswana en hulle het onlangs apartheid in geskiedenis behandel. Hulle moes vir die tydperk “pasboeke” van verskillende kleure dra en het dan voorregte daarvolgens gekry of nie gekry nie. Toe ek daarop wys wat die moontlike gevolge kan wees en dat my kind bekommerd is oor hoe sy vriende hom nou gaan sien, het hulle Amerikaanse onderwyseres gese dit word gedoen sodat die kinders empatie kan he met die onderdruktes tydens apartheid. Na vele gesprekke is ek ingelig dat daar voortgegaan sal word met die oefening en dat hulle die situasie sal monitor. Nou ja, sy is ‘n jong Amerikaner wat glo sy weet alles en wat met jong, ontvanklike kinders werk. Onderwysers dwing dikwels hul eie menings af en dink nie altyd aan die gevolge nie.

Tobie Klarens ·

Anti-semitisme was nog nooit op n hoer vlak as nou nie. En dit strek oor die hele politieke spektrum- van uiters links na uiters regs, en tussenin. En die ironie ? Hoe dit die regses en linkses saamsnoer. En die onderliggende rede is natuurlik dat Jode voorgehou word as eenvormig en dat almal kollektief aanspreeklik gehou word vir die dade en opinies van een of n paar. Die werklikheid is dat hulle een van die mees diverse groepe is- van uiters konserwatief tot uiters links.

Jerry ·

Wat verwag n samelewing van hulle kinders wanneer dieselfde samelewing toelaat dat politici openbare haatuitsprake maak en volgelinge opsweep tot geweld? Politici wat hierdie uitsprake maak en toegelaat word om daarmee weg te kom is die wortel van die kwaad, want hulle uitsprake het n invloed op die toekoms en denke van die jeug. Die jeug se toekoms en menswees word bedreig en daarom gaan die jeug uitlaatkleppe soek en vind in die samelewing se voorbeelde wat daar vir hulle gestel word. Die samelewing gaan teen die kinders optree, maar sal soveel te meer moet begin optree teen die politici wat haatuitsprake maak, want dis waar die streep in die sand getrek word!

Gerhard Bezuidenhout ·

Indien hierdie jong knape n besoek aan Dagau en Spandau in Duitsland en kon afle en sien watter gruwels daar teen Joodse mans, vrouens en kinders plaasgevind het sal hulle nooit weer sulke dinge aanvang nie . Sies vir hulle skandalige optrede.

Dries Moolman ·

Die seun moet geidentifiseer word, nie net sekere haatspraak oortreders mag in die publiek veroordeel en sleggese word nie – selfde moet vir ALMAL geld!

Wollie ·

Kon dit nog nooit verstaan, se vir n moslem iets sleg oor hul geloof, word jy met die dood gedreig en kan vervogl word in sekere lande, se jy n jood sleg, is dit anti-semities en moet onverskoning vra.. maar as n christen sleg gese word? Ai.. net mooi niks

Piet ·

Jip, dit was wel om die oorlog te finansier. Hulle het self die holocaust vry gespring en duitsland moes sy oorlogskuld alles terug betaal. Jy kan jou indink dat ek nie baie populer sal wees as ek te veel daarvan vertel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.