KZN-skool vir gestremdes kaal geplunder

Deur Nokulunga Majola, GroundUp

‘n Leë kombuis by die Golden Steps-skool in KwaZulu-Natal nadat plunderaars die skool leeggedra het. (Foto: GroundUP)

ʼn Skool vir intellektueel gestremde leerders in Verulam, KwaZulu-Natal, is een van minstens 130 skole in dié provinsie wat tydens verlede week se onluste geplunder is.

Dié skool is kaal gestroop nadat plunderaars vort is met alles van kos tot gespesialiseerde rekenaars en televisiestelle wat spesiaal ontwerp is om leerders met gestremdhede by te staan.

Meer as 90% van die Golden Steps-skool se leerders kom boonop uit baie arm huise en maak staat op die warm maaltye wat hulle by die skool ontvang. Die skool is egter weens die plundery nou nie meer in staat daartoe om dié honger mae te vul nie.

“Hulle het alles gevat. Al die kos, breekware, televisiestelle en rekenaars wat aan die skool geskenk is, is gesteel,” vertel ’n emosionele Anesh Singh, skoolhoof van Golden Steps.

Hy verduidelik dat die skool se 217 leerders nou geen meer skool het om na terug te keer wanneer die skole volgende week heropen nie.

Golden Steps se klaskamers is leeggesteel. Duur rekenaars, toegerus met sagteware vir nieverbale leerders, is ook nie ontsien nie. “Die rekenaars is elk meer as R45 000 werd. Twee splinternuwe televisiestelle, nog in bokse, wat ek onlangs by Samsung vir ons leerders aangeskaf het, is ook weg,” vertel Singh.

Die skool het ook onlangs ʼn nuwe bus van die departement van onderwys ontvang wat saam met ander busse op die perseel deurgeloop het. Die brandstof is uitgetap terwyl dele van die nuwe bus geplunder en beskadig is.

“Dit is ʼn baie emosionele tyd vir die personeel en leerders, want die onrus het die leer- en onderrigkultuur by ons skool verlam,” sê Singh.

Die skoolhoof sê voorts Golden Steps was ʼn integrale deel van die gemeenskap. “Sommige lede van die gemeenskap is op soek na die gesteelde items want die mense wat dit gedoen het, is boewe en hulle verdien om in hegtenis geneem te word.

“Waarom steel by ʼn skool wat die gemeenskap help?”

Maroela Media het vroeër berig skole in uMgungundlovu, Pinetown, Umlazi, Harry Gwala, Ugu, Kwamashu, Inanda, Ntuzuma, Tongaat, Verulam, Mngeni, Phoenix, Kranskloof en Amajuba is tydens die plundertogte geteiken.

Infrastruktuur by die skole is aan die brand gesteek, verniel en eiendom is geplunder. Rekenaartoerusting, drukkers, fotostaatmasjiene, projektors, telefone, kameras, luidsprekers, radio’s, televisiestelle, kombuistoerusting, kombuisware, boumateriaal, meubels, kos, toiletpapier, boeke en skryfbehoeftes is van die items wat gesteel is.

Die drukgroep Equal Education (EE) het intussen die vernietiging veroordeel.

“Die vernietiging kom op ʼn tydstip waarop skole voorberei om hul hekke binne die volgende paar dae weer veilig oop te stel. Dit nadat die skoolvakansie in Julie verleng is om die verspreiding van Covid-19 tydens die derde vlaag te beperk. Baie leerders sal nie kan terugkeer skool toe nie en dit sal die ongelykhede wat deur die pandemie beklemtoon word, net nog verder verdiep,” meen die groep.

Lees GroundUp se oorspronklike berig hier.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Magda ·

Wanneer word die wt dit belan het gearresteer soos die wat dit op Facebook waar almal dit kon Lees geplaas het, maar née ons Patetiese korrupte ANC is bang vir di zumas EN malemas. Die wat niks doen ni is net so skuldig.

SwartBees ·

Hulle gaan seker eers n kommisie van ondersoek aanstel wat konkrete bewyse wil bymekaar maak en als laat sloer met die hoop dat dit vergeet word.

Michael ·

Meneer Rhamaphosa en die heele ANC is skuld aan dit wat in SA gebeur. Hulle is nie bereid hulle eie mense te straf nie. Hierdie gemors sal vir altyd aangaan.

Stephen ·

South Africa is a failed state. It does not matter which party comes to power. Things will not change. How do one change the mindset of the masses who live under the most corrupt regime in the world with no hope. Imagine how many Kibbutz style farms could have been established on state land with the stolen billions, creating jobs for thousands of people
South Africa could have been a nett exporter of fruit, vegetables, meat you name it, at the same feeding the masses.
There are many countries who will accept those South Africans with the means to escape.. Once the dreaded “white capital” flees the country, the likes of Malema and like minded criminals will diminish to nothing. They feed on their hate for the whites.

Sarel ·

Dit is mou fie mense wat volgdns die ” Geleerdes:”
Plunder omdat hulle ” honger” is…wat gazn die Regering
Dien lmtrent die skool

anniekiewiet ·

Hartseer luister en in die week hoe verskillende persone probeer verduidelik waarom die plunder. Maar …….. En nou het ek als uitgevee wat ek getik het, want opgevoede mense met ‘n hart en verstand, mag nie in dié land hardop sê wat hul dink nie. Ander wil nie die waarheid hoor nie.

Chris ·

HULLE bly se ons moet saamstaan in S A maar hoe kan n mens met sulke lae tipes saamstaan. En sulke optredes word ondersteun deur kamptige leiers van SA.

Sandra ·

Hierdie is niks anders as rampokkery nie. Diegene wat agter die dade sit moet vasgetrek word. Geen ordentlike mens kan of wil meer in hierdie chaotiese land leef nie. Dis tyd dat ander lande Suid- Afrikaners moet help om te emigreer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.