KZN-skoolhoof vermoor ná dreigement

Argieffoto Foto: enca.com

Argieffoto Foto: enca.com

ʼn Skoolhoof van Pietermaritzburg is Woensdagmiddag vermoor in wat volgens bespiegelinge moontlik ʼn huurmoord was.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Nokuthula Magwanyana (47), die skoolhoof van Villa Maria Primary School, is omstreeks 14:00 in haar motor met ʼn skerp voorwerp, moontlik ʼn panga, doodgekap. Magwanyana is vermoedelik in ʼn lokval gelei wat haar langs die pad laat stilhou het.

“Sy is erg gesteek en is dadelik dood. Die motief vir die moord is nie bekend nie, maar dit blyk nie roof te wees nie aangesien niks van haar gesteel is nie,” het Zwane gesê. Hy het gesê die polisie is op soek na twee verdagtes.

Zwane het bevestig dat Magwanyana vroeër ’n saak van intimidasie by die polisie geopen het nadat iemand glo ʼn doodsdreigement op haar huis geverf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.