KZN-storm eis ook paramedikus

Vicky Govender. Foto: ER24

ʼn Paramedikus is Vrydag dood toe hy en sy kollega Dinsdag op die N2 in Durban, KwaZulu-Natal in ʼn ernstige motorongeluk betrokke was.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê sy kollega Vicky Govender is in die vroeë oggendure in ʼn hospitaal oorlede. “Hy en Tracy Bederson was Dinsdagoggend in ʼn ernstige motorongeluk betrokke terwyl hulle hul lewens gewaag het om ander te red.”

Govender word oorleef deur sy vrou en kinders. “Ons innige meegevoel met sy familie, vriende en kollegas,” het hy gesê.

Volgens berigte is Govender die 14de slagoffer van Dinsdag se storm in dié provinsie. Die storm wat veral kitsoorstromings tot gevolg gehad het, het ʼn spoor van vernietiging agtergelaat nadat dit onder meer openbare instellings, kommersiële eiendomme, behuisingsinfrastruktuur, paaie en brûe verwoes het.

Willies Mchunu, KwaZulu-Natal se nuwe premier, het die provinsie tot ʼn rampgebied verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marianne ·

Your journey on earth has been completed, you paid the highest price, many may forget you in years too come, yet more will remember you as THE ONE.
MAY GOD SPEED YOUR FAMILY, FRIENDS, COLLEAGUES AND ER24
Rest in peace my hero Vicky Govender

Cheryl ·

Soek so na my eie woorde, maar kan dit nie beter stel as jy nie Marianne.
Vicky is a hero.. Rest in Peace…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.