KZN-storms saai verwoesting

Argieffoto

Argieffoto

Erge storms in dele van KwaZulu-Natal het Maandag verwoesting in die provinsie gesaai.

Een persoon is deur weerlig getref, 18 mense het verskeie beserings opgedoen en talle mense is haweloos gelaat.

Lennox Mabaso, ʼn woordvoerder van die provinsiale departement van samewerkende regering, het gesê swaar reën het omstreeks 17:00 oor sommige gedeeltes van die provinsie uitgesak. “Voorlopige ondersoek dui daarop dat die Midlands-omgewing, en Bergville en uPhongolo in die noordelike dele van die provinsie, die ergste deur die storms geraak is,” het Mabaso gesê. Volgens Mabaso is die Emmaus-hospitaal in Ukhahlamba naby Bergville verwoes en pasiënte moes na ander nabygeleë mediese sentra oorgeplaas word.

LUR Nomusa Dube-Ncube het ʼn rampbeheerspan na die gebiede gestuur om die beseerdes en haweloses by te staan. Die persoon wat deur weerlig getref is, sterk aan in die uPhongola-omgewing. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.