KZN-strande gesluit, haainette verwyder oor loondispuut

Argieffoto

Die Stad uMhlathuze het sy inwoners in KwaZulu-Natal gewaarsku dat hulle van strande in Richardsbaai en Mtunzini moet wegbly, nadat haainette verwyder is.

“Die Stad het korrespondensie van die haaieraad in KwaZulu-Natal ontvang dat ʼn arbeidsdispuut voortduur en haainette is aan ons kus verwyder,” het die munisipaliteit in ʼn verklaring gesê. “Ons maan strandgangers, swemmers en branderplankryers om nie die strande te betree totdat ons weer kan bevestig dat dit veilig is nie.”

Die Zululand Observer berig die dispuut hou verband met ʼn loonooreenkoms en rooi vlae wapper op die strande in KwaZulu-Natal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cherokee ·

Haainette moet verwyder word om dierelewe te spaar want as haainette nie patrolleer word kan haaie, skilpaaie, en selfs dolfyne daaronder ly. ‘n Haai moet swem om asem te haal en as dit vashaak aan ‘n haainet kan dit nie swem nie. Moet nie net oor mense komkommer nie maar oor diere ook. Dit is húlle wêreld daardie.
Haainette voorkom ook nie werklik haaie om deur te swem nie maar maak die risiko slegs kleiner. Dit is egter ‘n risiko vir die diere ook.

Cherokee ·

Ek woon in Durban en met sardiens-tyd word die haainette verwyder.

Lana ·

Ek dink dis belaglik. Alkandstrand is die enigste strand waar jy kan swem in Richardsbaai. Ons kinders is elke naweek en vakansie met hulle borde in die see. Met die warm weer waar swem jy? Sleg vir toerisme en wonder of ons nog hier moet bly?

CZ ·

Nee wat Lana …. trek binneland toe !! Swembaddens vir mense en see vir visse en haaaaaie..’.

Koos ·

Mtunzini het vir dekades nie haainette of lewensredders gehad nie, so waaroor die bohaai? Dis baie gevaarliker op ons paaie as om by strande sonder nette te swem.

Sê net ·

Ek wonder of ons in dieselfde Richards Baai bly?
Durban het ñ strand gehad of laas toe ek daar was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.