KZN-student sê jammer oor ‘foto’s terwyl sy ry’

Die skermskoot van Redelinghuys se Facebook-inskrywing is wyd op sosiale media gedeel.

Die skermskoot van Redelinghuys se Facebook-inskrywing is wyd op sosiale media gedeel.

Nicci Redelinghuys, die KwaZulu-Natalse student wat glo ’n foto van haarself geneem het terwyl sy motor bestuur en dit daarna op sosiale media gelaai het, het gesê sy het haar les geleer.

Nicci het ontken dat sy die foto’s geneem het terwyl sy bestuur het en het gesê dit was ’n onskuldige grap wat skeefgeloop het. Sy het ’n foto wat glo geneem is terwyl sy bestuur op haar Facebook-blad geplaas en geskryf: “So, ek het gister [Dinsdag] op die N3 gery en ʼn selfie probeer neem. Lol. Ek het vir die kamera bly kyk en vergeet om die pad dop te hou. Maar ek raai ek het dit toe eindelik soort van reggekry. Ek lyk steeds k*kbang.” Nicci se foto het vinnig op sosiale media versprei en erge kritiek ontlok.

Haar pa het Donderdag aan News24 gesê sy dogter is gehok nadat hy haar selfone en motor teruggevat het en haar sosialemedia-profiele verwyder het. Nicci het egter ’n verklaring op haar Facebook-blad uitgereik. “Ek het besluit om amptelik te reageer op die mediaherrie oor wat ek op Facebook geplaas het. Ek glo dat ek baie skade aangerig het en ek moes op die harde manier ’n les leer,” het sy gesê.

“Ek het nie fisiek bestuur toe ek die foto van myself geneem het nie. Die foto’s is geneem terwyl die motor stilgestaan het en ek was ook nie op die N3 nie. Ek weet my optrede was verkeerd en as 20-jarige het ek nie geweet hoe anders om op die sosialemedia-herrie te reageer as om myself te verdedig nie. My bedoeling was nie om as ’n onverantwoordelike meisie oor te kom nie, dit was net ’n private grappie met my vriende.”

Nicci het ook haar pa om verskoning gevra. “Weereens wil ek jammer sê aan Suid-Afrika en my familie.”

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Griet ·

Ek is SO trots op haar pa!!

“Haar pa het Donderdag aan News24 gesê sy dogter is gehok nadat hy haar selfone en motor teruggevat het en haar sosialemedia-profiele verwyder het. ”

Hopelik leer die dametjie iets uit die ervaring….

Danie ·

Stem saam met Griet – wens daar was meer sulke pa’s! Wonder net waaroor is sy regtig jammer – oor wat sy gedoen het of oor die herrie wat dit ontlok het en die straf?

Elfie ·

Hoe is die storie dan? Haar pa het haar fb profiel weggevat, maar dan reageer sy in elk geval op fb?? Wie lieg hier? Die pa om dinge toe te smeer? Sy het of gelieg toe sy die eerste keer geskryf het sy het die foto geneem terwyl sy bestuur het of sy lieg nou na sy in die moeilikheid gekom het om te skryf dat sy NIE toe die foto geneem het nie – “either way” lieg sy!

nig ·

Hierdie mesie moet net bietjie ‘n paar dae lank berigte or motorongelukke op Maroela lees en die verskriklike gevolge wat dit dra dan sal sy 1) haar sitplekgordel dra(ek sien nie dat sy een dra nie) en 2) dalk besef wat KAN gebeur as mens in ‘n ongeluk kom/veroorsaak. Wat sou sy doen as sy iemand se dood veroorsaak het deur selfies te neem en nie op die verkeer te let nie? Selfie? En ja, klink of sy nou lieg om vure dood te slaan. Of sy het eerstens gelieg – stem saam met ander gebruikers! Lieg, die lieg sy!

Narike ·

En wie van julle wat so kommentaar lewer, werk nie op julle selfone as julle bestuur nie? Of gryp die foon as julle iets sien om af te neem? En die Owerheid, hou tog net op om facebook profiele te bestudeer en mors eerder julle tyd op honger mense.

Johan ·

Stem saam Narika .So ‘n helse lawaai oor ‘n onskuldige grap wat sy gemaak het.Wie van ons het nog nie eenkeer in ons lewe ‘n grap gemaak sonder om oor die nagevolge te dink nie . Niemand het seer gekry nie . En soos altyd is sy maar weer deur haar” vriende ” verraai.

Jo ·

Johan, hoe het haar vriende haar verraai? Soos ek verstaan het sy self die fotos op die sosiale netwerk geplaas.

Johan ·

Stem saam Narika .So ‘n helse lawaai oor ‘n onskuldige grap wat sy gemaak het.Wie van ons het nog nie eenkeer in ons lewe ‘n grap gemaak sonder om oor die nagevolge te dink nie . Niemand het seer gekry nie . En soos altyd is sy maar weer deur haar” vriende ” verraai.

nig ·

Onskuldige GRAP? Dis hoekom ongelukke gebeur, mense dink dis GRAPPE om op selfone te wees en selfies te neem as hulle bestuur. Vir julle twee – Johan en Narike (seker vriende van die girly in die berig die dat jul sulke onnosel aanmerkings skryf) moenie sommer aannames maak nie – ek het ‘n handsvryestoestel en selfs dan antwoord ek slegs my foon as ek dink dis noodsaaklik. Die vroumens lieg onbeskaamd en julle dink dis ‘n grap!

Griet ·

@Nig, ek werk nie op my selfoon as ek bestuur nie, ek antwoord dit nie eens nie. jammer as dit vir iemand dringend was, as die handvry toestel nie aangeskakel was toe die oproep ingekom het nie, word nie oproep nie beantwoord. Period.

Ek mis liewer ‘n belangrike oproep as wat ek my kinders/iemand ander verongeluk. ‘n Mens se aandag is nou maar eenmaal nie ten volle op die pad as jy met ‘n selfoon vroetel nie.

nig ·

Griet – 100% reg. Maar hier is ander wat dink die is alle s’n GRAP! Mens het mos in elk geval die “voicemail” funksie en kan mense ‘n boodskap los. NIKS is so belangrik dat jy ander onskuldige mense se lewens in gevaar stel met jou onnoselhede nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.