KZN-tiener verdrink in plaasdam

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 16-jarige tiener het Sondag in ʼn plaasdam naby Bazley in KwaZulu-Natal verdrink.

“Die tiener het in die Mahlokoko-dam geswem,” het Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, gesê. “Hy is op die toneel dood verklaar.”

Mckenzie sê die dam was klein, maar diep. “Paramedici het net ná 14:00 by die toneel opgedaag, maar die tiener was reeds dood.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.