KZN tot rampgebied verklaar ná vloede

Vloede in KwaZulu-Natal (April 2019) Foto verskaf deur SAPD KZN

KwaZulu-Natal is tot ʼn rampgebied verklaar ná die verwoestende vloede in die provinsie oor die Paasnaweek.

Die vloede het tot die dood van 87 mense in drie provinsies gelei, naamlik KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die Vrystaat. In KwaZulu-Natal is 71 mense dood. Daar is ook grootskaalse skade aangerig aan kritiese openbare infrastruktuur soos skole, hospitale en paaie.

“Ingevolge die rampbestuurswetgewing het die premier van ʼn provinsie die magtiging om ʼn provinsiale ramptoestand te verklaar na aanleiding van so ʼn klassifikasie deur die nasionale regering,” het dr. Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër ʼn week lange tydperk van rou afgekondig van 1 tot 7 Mei. Die KwaZulu-Natalse provinsiale regering het ook vandeesweek ʼn gebedsbyeenkoms in Durban gehou.

Daar word intussen gewerk om ʼn gesamentlike operasionele sentrum op die been te bring om die nodige tegniese bystand te verleen. Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake werk ook nou saam met ander departemente om te verseker dat die nodige bystand gelewer word waar dit benodig word.

Daar word onder meer gepoog om gesinne na hul huise te laat terugkeer, rommel te verwyder en infrastruktuur te herstel.

“Talle mense het ook hul dokumente soos ID’s, paspoorte en geboortesertifikate verloor. Die departement van binnelandse sake sal die nodige ondersteuning verskaf sodat mense in staat sal wees om volgende week te kan stem,” het Mkhize gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Judge Dredd ·

Ek bly in KZN. Hier by my was geen ramp.

Hoekom die hele provinsie ramp gebied verklaar ? Wanneer dit net ‘n klein deeltjie langs die kus was wat geraak is.

Melk die ANC nou rampe?

Ekke ·

Het ook daar oor gewonder, hoe groter gebied hoe meer geld vir die ramp fonds (GAT SAKKE)

Eben P ·

Dis alles verkiesings praatjies Hoeveel onwettige mense gaan nou vir ID dokumente in ry staan om vir anc te stem? Jammer maar ons lag vir die kamstige Dept van binnelandse sake wat ‘bystand’ sal verleen Weet hulle wat beteken dit vir ongeskoolde werkers … en as hulle staak? ?

Trojaanse Donkie ·

Veral die hele KZN is ‘n rampgebied met of sonder die vloede!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.