KZN-verkeersbeampte by werk doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Pietermaritzburg se hoofverkeersbeampte is Donderdagmiddag glo deur ʼn junior beampte doodgeskiet.

Nqobile Madonda, waarnemende woordvoerder van die Msunduzi-munisipaliteit, het gesê die voorval het omstreeks 15:00 by die kantore van die munisipaliteit se verkeersdepartement in Washingtonweg plaasgevind.

“Senior supt. Pumla Dlamini is verskeie kere geskiet en is later in ʼn hospitaal dood. Die verdagte is ʼn kollega wat daarna op die vlug geslaan het,” het Madonda gesê. Sy het gesê arbeidskwessies is glo die rede vir die skietery, maar wou nie verder hierop uitbrei nie.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê ʼn saak van moord is by die Alexandra-polisiestasie aanhangig gemaak. “ʼn 49-jarige man geskiet is na bewering geskiet nadat hy en die verdagte in ʼn rusie betrokke was. Die motief vir die moord is nie bekend nie en die verdagte word steeds gesoek,” het Zwane gesê.

Dlamini se familie was by die hospitaal toe hy omstreeks 16:00 dood is.

Die stad se verkeersdepartement het oor die afgelope twee jaar onder talle probleme gebuk gegaan, met vrae wat gevra is oor die kwalifikasies van sommige beamptes. Dit het tot stakings en uitgerekte skorsings van sommige beamptes gelei.

Hierdie voorval het gebeur minder as ʼn week nadat ʼn ANC-wykslid van die stad in ʼn struweling betrokke was met Pietermaritzburg se adjunk-burgemeester, Thobani Zuma.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Theresa B ·

En so sal al die onbevoegdes met vuurwapens uitgereik word………………………………..

Andre ·

Ons het dieselfde gehad destyds op die grens in suidwes nadat hul ook lede ingeneem het van kleur.
Die verskil is dat hulle toe automatiese gewere gehad het en mekaar sommer oor slaapplek of kos geskiet het.
Hulle sorteer probleme uit met geweld. Selfs teenoor hul eie mense. Dit is in hul kultuur en sal nooit verander nie want hul het geen respek vir ander nie.

Piet Pompies ·

Wraak aanval, die aanvaller is waarskynlik volgens sy eie opinie te nagekom en dit regverdig sy optrede. (Siek)

Lynette ·

Stop the Madness please stop the madness to reply when you have nothing to say!

Trots Afrikaans ·

@StopTheMadness, wat van iets nuuts soos: StopDieKranksinnigheid?

François ·

Ek stem saam, Lynette. As jy niks te sê het nie, bly dan stil! Maar lees gerus die berig oor die Sasol – werknemer wat geskors is na aanleiding van sy rassistiese inskrywing op ‘Facebook’.

Melanie ·

Soveel kere is mense onskuldig dood geskiet of vermoor en meeste gevalle is dit geld kwessies,loon geskil,hoe vermoor jy ‘n persoon vir dit,geld is die wortel van alle kwaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.