KZN-vloede: Dodetal staan op 253

ʼn Petroltenkwa rol in die branders by Blue Lagoon-strand ná swaar reën en wind in Durban op 12 April 2022 (Foto: Rajesh Jantilal/AFP)

Verwoestende vloede het reeds die lewens van minstens 253 mense geëis in Durban, het die provinsiale gesondheidshoof Woensdag gesê. Huise het ineengestort, walle is weggespoel en talle mense word nog vermis.

Die swaarste reënval in 60 jaar het in die omgewing uitgesak en volgens ʼn opname deur AFP is dit die dodelikste storms tot dusver in Suid-Afrika.

Nomagugu Simelane-Zulu, LUR van gesondheid in KwaZulu-Natal, het aan eNCA gesê 253 mense het in Durban omgekom.

“Die ergste kommernis is die getal liggame waarop ons afkom,” het sy gesê. “Ons lykshuise is onder druk, maar ons hanteer dit.”

Die United Methodist Church in die informele nedersetting Clermont is nou net ʼn hoop rommel. Vier kinders van ʼn plaaslike gesin is dood toe ʼn muur op hulle omgeval het.

Durban-hawe moes ook sy bedrywighede opskort omdat ʼn hoof-toegangsroete erge skade opgedoen het. Vraghouers is in die storm omgespoel.

Dele van ander paaie het ook weggespoel en het skeure in die grond gelaat groter as vragmotors.

“Ons sien hoe sulke tragedies ander lande soos Mosambiek en Zimbabwe tref, en nou beleef ons dit self,” het pres. Cyril Ramaphosa gesê toe hy families van die slagoffers naby die ruïne van die kerk ontmoet het.

Die reën word deur ʼn afknyplaag veroorsaak wat reën en koue weer na ʼn groot deel van die land gebring het. Toe storms die warmer en meer vogtige klimaat in Durban tref, het dit selfs nog meer reën veroorsaak.

“Sommige dele van KwaZulu-Natal het meer as 450 mm die afgelope 48 uur beleef,” het Tawana Dipuo, voorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, gesê. Dit is byna die helfte van Durban se jaarlikse reënval van 1 009 mm.

Dit het Woensdagmiddag steeds in dele van die stad bly reën en ʼn vloedwaarskuwing is uitgereik vir die Oos-Kaap.

Skole wat nie deur die vloede geraak is nie, het Woensdag weer oopgemaak, maar min skoliere het opgedaag. ʼn Onderwyser by ʼn laerskool in Inanda sê slegs twee van 48 leerlinge het vir die klas opgedaag.

Die provinsiale regering sê die ramp het “ongekende verwoesting gesaai met enorme skade aan lewens en infrastruktuur”.

Die nasionale polisie het 300 bykomende beamptes na die gebied ontplooi terwyl die lugmag vliegtuie gestuur het om te help met die reddingsoperasies.

Treindienste is ook weens modderstortings opgeskort. Die reën het hoofweë só oorstroom dat slegs die bopunte van verkeersligte uitgesteek het – byna soos duikboot-periskope. Verskeie brûe is meegesleur, motors is onder water gedompel en huise het inmekaargestort. ʼn Groot petroltenkwa het in die see gedryf ná die van die pad meegesleur is in die water. Meer as 6 000 huise is beskadig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

casper ·

Simpatie ne leed wese met almal.
Dit moet genoem word dat meeste van die sterftes kan DIREK voor die deure van die munisipaliteite gele word.
Hull laat mense toe om squatter kampe op te rig op die walle van riviere en heelwat onder die 100jaar vloedlyne. Daar word niks aan gedoen nie en reken hulle moet krimineel vervolg word vir blatante nalatigheid !!

Frank ·

Miskien maar die regering maak dit vrek moeilik om squatters te verwyder en op die ou end is dit maar daardie mense se eie keuse om te bly waar hulle bly

Racheltjie Debeer ·

Ek stem saam, die nasionale regering behoort ook aangekla te word. As hulle, hulle beloftes van 1994 gestand gedoen het en nie al die geld verduister het nie, sou daar baie minder plakkerhutte gewees het en beter infrastruktuur. Maar die massas moet in sink huise bly terwyl die regering soos konings leef. Waar is al die H.O.P huise wat hulle sou oprig en uitdeel?

Miskruier ·

Hier in limpopo is daar voor die voet HOP house gebou, met ons baie reen die laaste maande, sien mens daar is geen stadsbeplanning gedoen. Sommige strate het ssulke diep erosieslote wat veeoorsaak dat inwoners nie by hul erwe kan inry nie. Hoe lank voordat die grond onder die fondasie uitwas en die huis inmekaar val.

Realis Thailand ·

Die storm water stelsels is verstop met plastiek en ander gemors
Die paaie word nie onderhou en die kante van die paaie is verwaarloos
Die mense bou huise net waar hulle wil en daar is geen beheer want die munisipale werkers is besig om hulle sakke te vul met geld van korrupsie

Koen ·

Maak nie saak hoe skoon die storm water stelsel is nie. Niks is bestand teen 400mm reën nie.

Darts girl ·

Dis so hartseer om dit te hoor of te lees, dis waar wat die Pres. gese het dat ons altyd sien of hoor dit gebeur met ander lande en dan dink jy so iets sal nooit gebeur hier nie.

Aan al die inwoners van kzn veral durban my innige simpatie met wat jul nou moet deurgaan, die verlies van jul wonings en besighede en veral die afsterwe van jul geliefdes en vriende. My en my hele familie se gebede gaan uit na julle.

Lillian ·

Verbysterend dat die regering nog in 27 jaar niks gedoen het aan diê wat hul shanties op onveilige grond bou nie …

annie ·

Waarom het ons weerdiensstasies? Vir 2 minute blootstelling van die vertoontannie se nuwe gebare en vertoon van hoe reën gevorm word? Pateties. Die droogmakers moet gefire word. Mense moet eerder maar weer wilde diere se aksies dophou… Of hul haastig opskarrel na hoogtes en met die spieël flits na alle bure om hul diere na veiligheid te bring en brandhout hoog te stoor, die matte op te rol en mammie gou ekstra brood bak.

Koen ·

Verbreed jou kennis en hou die internatsionale weerdienste dop.

Jack ·

Die anc moet die totale aanspreeklikheid hiervoor aanvaar. Dit is hoe die gevolge van korrupsie en diefstal lyk en baie van die skuldiges loop rond en simpaitiseer. Hoe moreel siek is hulle nie.

Laeik ·

Die ANC jaag baie dinge aan maar hulle veroorsaak nie reën nie.

Koen ·

Wens die ongevoelige lafhart wat hier te vertel het dat dit nie ‘n ramp is nie sal kennis neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.