KZN-vloede: Noodtoestande versoek; dag van rou aangekondig

Willies Mchunu, premier van KwaZulu-Natal (29 April 2019) (Foto: Bongani Mbatha/Africa News Agency/ANA)

Willies Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, het aangekondig Donderdag sal ʼn provinsiale dag van rou en gebed wees en gesê die dodetal het tot 69 gestyg ná vloede verlede week in Durban en omgewing.

Huise, paaie en ander groot infrastruktuur is tydens die oorstromings verwoes en talle persone is dood in Durban, Ilembe, Ugu en King Cetshwayo-munisipaliteite.

Mchunu het Maandag tydens ʼn perskonferensie gesê die provinsiale uitvoerende raad het Vrydag vergader om die jongste inligting te bekom van die impak van die ramp. Assesserings duur voort om die omvang van die skade te bepaal.

Mchunu het gesê die regering doen alles in sy vermoë om dringende bystand te lewer aan slagoffers en families en die provinsiale uitvoerende raad het ook hul bereidwilligheid bekend gemaak om families te help met hulpbronne om hul geliefdes te begrawe.

“Die KwaZulu-Natalse kabinet sal aansoek doen om die tragedie ʼn provinsiale ramp te verklaar. Ons het die nasionale regering versoek om artikel 41 van die Wet op Rampbestuur toe te pas omdat die provinsie nie self alle voorvalle kan hanteer nie.”

Donderdag sal ook ʼn provinsiale dag van rou wees vir die persone wat in die ramp omgekom het. ʼn Provinsiale dag van gebed sal om 09:00 by Curries Fountein-sportgronde begin.

Die dodetal het tot 69 gesterf toe die liggaam van ʼn jong man naby eThelimnyama naby Marianhill gevind is. “Altesaam 64 oorledenes is van Durban en vyf van die Ugu-distrik. Altesaam 1 469 persone is haweloos gelaat. Meer as 50 persone is beseer en moes behandeling in ʼn hospitaal ontvang. Ons is steeds op soek na twee vermiste persone.”

Die skade word tans op meer as R1 miljard bereken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elna ·

Die skade is so groot hier in KZN dat ons nou al vir 6 dae sonder water sit hierso en daar word net valse beloftes gemaak dat die water sal aan kom dis elke dag 48 uur en langer more sal dit 7 dae wees. Ons sit meer sonder water meeste van die tyd as wat ons water het en elke keer is dit nuwe flou verskonings. Niks word aan die probleem gedoen nie.

Piet ·

Goed vir diegene wat versekering betaal het. Sal die moaners leer om te betaal. Help nie om te breek en brand nie My Way is net telefoon oproep ver.

Jozi ·

Ag kom nou Piet. Jy mis die punt heeltemal.
Hierdie gaan nie oor ‘n gratis bemarkingveldtog vir MW nie.
Meeste van die mense wat deur hierdie vloede geraak is sukkel van dag tot dag net om ‘n bordie pap op die tafel te kan neersit.
Twee wêrelde uitmekaar – geniet jy jou versekering en alles waarvoor jy werk, maar besef ook asseblief dat daar ‘n magdom mense is wat net nie oor al daardie bronne beskik nie.

Skerpioen ·

Stem saam met Jozi, mense moet asb wakker word en uit hulle bubbles kom. Daar is ‘n magdom mense (wit en bruin en swart) wat erg baie sukkel. Dinge soos medies, versekering en selfs ‘n kar met ‘n vol petrol tank is vir hulle luukshede waarvan hulle droom. En dan is daar mense soos Piet vir wie dinge soos medies, versekering en n kar met petrol iets alledaags is. Maar wat sad is, is dat daar baie mense is wat net Piet dink…. om hulle dit kan bekostig moet almal dit kan bekostig.

GM ·

Jozi en Skerpioen, ek stem saam met wat jul sê – mense sukkel en versekering ens. raak luukses wat almal nie kan bekostig nie. Maar dan is daar ook vir my ‘n ander kant van die muntstuk – Dié wat dit die minste kan bekostig, het die meeste kinders. Werkskeppers is ‘n handjievol in vergelyking met almal wat werk soek. Dan is daar ook die ‘entitlement’ gevoel onder die jeug, en daardie apartheidskaartjie wat so gespeel word. ‘n Handjievol kan nie aanhou om vir die massas te sorg nie. Dinge sal slegs kan regkom as elkeen verantwoordelikheid vat vir hul eie lewens en ophou ‘demand’ en ander blameer vir hul omstandighede. Die massas hou aan om die ANC se beloftes te glo, hul glo die politici se leuens, so waar trek mens die lyn tussen help, en van die wal-af-in-die-sloot-in help?

Net soos daar baie is wat goed soos versekering nie kan bekostig nie, is daar ook baie wat dit wel kan bekostig, maar eerder daardie geld op luukses spandeer, en as daar die dag iets verkeerd gaan, is hul gou om hulp van die publiek te vra. So ek verstaan Piet se punt ook. Mens sukkel om te oorleef, maar word deur banke verplig om versekering op ‘n motor uit te neem. En ja, gelukkig kon mens ‘n motor koop, maar dit het bloedsweet gekos, jare se opofferings om jouself te verbeter, beter werke te kry ens. Niks is verniet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.