KZN-vloede: ‘Selfverryking sal nie geduld word nie’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Presidensie/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn sterk waarskuwing uitgestuur aan staatsdepartemente en ondernemings wat goedere en dienste lewer, dat Suid-Afrika nie selfverryking sal duld ten koste van diegene wat hulp benodig ná katastrofiese oorstromings in sommige dele van die land nie.

Die president het Dinsdag ʼn gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies toegespreek.

Dit volg ná bewerings dat staatsfondse vir hulpbronne om inwoners in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die Noord-Kaap te help vermors of verkeerd aangewend sal word.

“Ons moet seker maak dat al die fondse wat gebruik word om op die ramp te reageer, doeltreffend aangewend sal word,” het die president gesê. “Dit is ʼn skande dat die brandpunt in die openbare debat gefokus het op vrese dat die hulpbronne vermors of verkeerd aangewend sal word. Dit wys ons hoe keelvol die mense van Suid-Afrika is vir korrupsie.”

Ramaphosa sê dit is ʼn sterk waarskuwing die regering en ondernemings wat dienste en goedere lewer dat Suid-Afrikaners nie selfverryking sal duld ten koste van diegene wat reeds so baie verloor het nie.”

Minstens 435 mense is dood tydens oorstromings in KwaZulu-Natal – insluitend 58 leerders en een onderwyser. Sowat 54 mense word nog vermis en meer as 5 700 huise is verwoes.

In die Oos-Kaap is minstens twee mense dood tydens oorstromings. Drie mense is beseer en sowat 1 000 mense is geraak deur die verwoesting van hul huise en ander verliese wat hulle gely het.

Die president sê verskeie maatreëls word toegepas om oorsig en aanspreeklikheid te versterk.

“Die ouditeur-generaal sal saam met die nasionale tesourie werk om intydse oudits te doen oor die rampverligtingsfonds. Dit sal onafhanklike versekering bied of die staatsgeld behoorlik aangewend is.”

Hy sê die oudits het ten doel om seker te maak dat daar dadelik opgetree word teen moontlike bedrog en vermorsing.

“Hulle sal rekenkundige beamptes die mag gee om vinnig te reageer op enige swakhede in beheer en om verdere verliese te voorkom. Dit sal ook onmiddellike oorsig en gevolgebestuur verseker.”

Die president sê die nasionale tesourie versterk ook verslagdoeningsvereistes wat betref rampverligtingsfondse.

“Die besonderhede van alle rampverwante aanskaffing deur staatsinstansies sal op die tesourie se webwerf gepubliseer word sodat die publiek ook die transaksie kan monitor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ettienne ·

Ag Mnr R, dit gebeur reeds op groot skaal. Jy en die enkeles wat jou steun het absoluut geen mag in Kwa-Zulu Natal nie. Jy draal net rond soos ‘n ou gekastreerde, onthoringde bul en stoot net kafbale rond. Oorhandig die regering aan die wat ‘n politieke wil het om te regeer.

Hasie ·

Dit is onmoontlik on korupsie te keer want dit is een van die kwalifikasies wat een moet hê in deel te wees van die ANC SE leierskap. Defnitief van die vrae in die aansoek is :
“Do you know how to bride or accept bribes.
Are you able to convince people not to belief their lying eyes?
Can you take money home without anyone knowing?”
Ons almal weet dit gaan gebeur ….watch this space …..

Willempie ·

En so sing die popgroep, Manfred Mann …” Ha-ha said the clown….”

Pietertjie ·

NIE geduld word nie? Die ANC het baie geduld met kriminele. Veral in hulle eie geledere. Hulle het ‘n dekades-lange rekord daarvan. Wat my nog steeds verbaas is dat dit geen invloed by die stembus het nie.

SjN ·

Wat van die een wat watertenkwa Vir sy privaat woning gebruik het? Ook mos skuldig.

annie ·

Gelukkig is ons prez ‘n goeie voorbeeld wat strek. Hy was nooit gierig nie net spaarsamig en so het hy sy miljarde bekom alleenlik met behulp van sy towerstokkie en daai enkele pot goud aan die punt van die reënboog. Navolgingswaardig.

Alida ·

Wat n ontsettende skande dat daar aan mense gesê moet word om nie hulself ten koste van rampslagoffers te verryk nie! Daar bestaan geen basiese eerlikheid of ordentlikheid nie!

Nie Verbaas ·

Ramaphosa kon nog nooit korrupsie keer nie en hy sal ook nie nou nie want hy het tot nou bewys dat hy geen wil het om dit stop te sit nie. As mens die man moet glo moet jy n totale idioot wees. Vertel ons CR, waar is Zuma, Ace, Mkhize en ander. Agter tralies? Klein vissies word binne n maand gevonnis.

Yvonne ·

Ek wonder hoeveel van ons vertrou een enkele woord wat hy spreek…..wys ons !!

Misky ·

Die koei met die goue spene word al amper 30 jaar gemelk. Hoekom sal hulle nou skielik stop? Omdat Ramamparra so sê???? Hulle lag hom uit.

Manie ·

Ja ja, sal nie geduld word nie beteken nie sal vervolg word nie.

Manie ·

CR, jy kan en sal niks doen nie, want die RET faksie en plunderaars gaan jou by die volgende ANC verkiesing uitstem. Jy het die geveg reeds verloor.

Swerwer ·

Regtig? Nou wat het die ANC/EFF die afgelope 20 jaar gedoen???????????????????????

melaney ·

For he is a jolly good fellow ….. and so say all of us! Ramaparra moet twak op ‘n ander plek gaan kwytraak.

PersHeks ·

Aaaag ou Rampies…jy het jouself al so dik gestop en nou praat jy sulke twak en dink ons gaan jou glo!!!

Waarnemer ·

Onthou daar moet vir vliegtuigkaartjies en brandstof vir die blou lig brigade en 5 ster hotel onkostes vir die BBP wie uit blote nuuskierigheid betaal word uit die rampfonds…..

Retha ·

Hy het geen beheer oor die land in elk geval nie- bla bla bla bla ………

Jack ·

Korrupsie op geen vlak kan deur die anc gestop word nie want hulle self is in bankkrotskap en soek geld. Hier kom nog n paar kommissies van ondersoek wat miljoene gaan kos en jare gaan duur met geen vervolging nie. Sela

Hein ·

Jy praat net mnr die President maar geen aksie. Niemand in die Anc is tot nou vervolg vir korupsie nie

Psyggie ·

Stem saam met die liedjie: “Ha, ha, said the clown”…
En terwyl die nar sing, ry die volgende nuwe, luukse 4×4- motor by die motorhandelaar se hek uit…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.