KZN-vloede: Sterftes aangemeld, nog reën verwag

(Foto: Rusa)

Swaar reën die afgelope paar dae oor dele van KwaZulu-Natal het tot sterftes gelei en nog reën word Dinsdag verwag.

Volgens die departement van menslike nedersettings, samewerkende regering en tradisionele sake is ʼn persoon in KwaMashy dood en nog een in Umlazi. In eThekwini is ʼn persoon dood nadat ʼn muur omgeval het, terwyl twee slagoffers vermis word nadat hul motor deur vloedwater in Molweni meegesleur is.

Modderstortings is in KwaDukuza en die omgewing van Umdloti aangemeld, terwyl oorstromings in Ladysmith en Pinetown voorgekom het en talle paaie aan die Suidkus beskadig is.

Die Coniston- informele nedersetting het oorstroom (Foto: Rusa)

Inwoners van ʼn woonstelblok in Umdloti is na veiligheid gebring nadat modderwater deur die gebou gestroom het. Honderde mense is ook uit die Coniston- informele nedersetting verwyder nadat die Umdlotirivier oorstroom het. Volgens Reaction Unit SA (Rusa) was verskeie mense in hul huise vasgekeer en het hul beamptes gehelp om die gebied te ontruim.

Rampbestuurspanne reageer steeds op ʼn aantal voorvalle onderwyl swaar reën voortduur. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal die reën Dinsdag voortduur en kan wydverspreide oorstromings voorkom.

Sipho Hlomuka, LUR vir menslike nedersettings, samewerkende regering en tradisionele sake in die provinsie, het ʼn beroep op inwoners gedoen om uiters versigtig te wees en waar moontlik bedrywighede en reisplanne uit te stel.

(Foto: Cogta/KZN)

“Inwoners wat in laagliggende gebiede woon, word versoek om skuiling op hoër grondgebiede te soek, aangesien die swaar reën na verwagting oorstromings sal veroorsaak.

“Die aanhoudende swaar reën verhoog die risiko van oorstromings in informele nedersettings, laagliggende gebiede en brûe, aangesien die grond reeds versadig is van die naweek se reën.”

Plaaslike rampbestuurspanne gaan voort om hoërisikogebiede oor die hele provinsie te monitor.

North Coast Lashed By Torrential Downpours

NORTH COAST LASHED BY TORRENTIAL DOWNPOURSFloods and mudslides caused by the torrential downpour we've been experiencing has led to massive damage to areas across Durban, Umdloti one of the suburbs particularly hard hit today.What's happening around you?

Posted by Marshall Security on Monday, April 11, 2022

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Maritza ·

Mense is dood en dis al waaraan jy kan dink. Sies vir jou

Julianta ·

My hart gaan uit vir die mense. Alle sterkte en voorspoed vir almal wat deur die vloed geraak word.

Natalie ·

Ek woon in Uvongo. Dis vreeslik die vloede, meestal van die bruê is onder water. Kan nog minder by die werk uitkom. Gelukkig is die skole gesluit want ek kan nie sien hoe enige leerder by die skool kan uitkom. Ek bid vir die mense wat hier deur geraak word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.