KZN-vrou in gesig, rug geskiet

Die toneel waar die vrou aangetref is. Die foto is digitaal gemanipuleer weens die grafiese aard daarvan. Foto: Reaction Unit SA/Facebook

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn vrou Maandag in die vroeë oggendure in ʼn straat in Verulam, noord van Durban, in die gesig en rug geskiet is nie.

Reaction Unit South Africa het in ʼn verklaring gesê veiligheidsbeamptes is omstreeks 01:15 na die toneel ontbied nadat iemand aangemeld het dat skote in die gebied afgevuur is. “Met hul aankoms op die toneel het hulle ʼn vrou langs die pad sien lê. ʼn Skietwond in haar gesig het erg gebloei.”

Luidens die verklaring is die vrou ook in haar bors en twee keer in haar rug geskiet. Sy is op die toneel deur paramedici gestabiliseer en in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas.

Volgens Reaction Unit is ʼn 9 mm-patroondoppie en ʼn R50-noot op die toneel gevind.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê die slagoffer was ʼn 32-jarige vrou. Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.

ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SNEL ·

Jy sal beslis lewe en nie sterf nie, 4 x geskiet; gesig, bors en 2 x in jou rug en jy is hospitaal toe.. . Duidelik is dit nie jou tyd gewees nie. Mag die Here sy hand oor jou hou en jy ten volle hersel.

Stella Barnard ·

Amen!! Valerie..Ons weet sy sal lewe want ons glo in n LEWENDE GOD..Dankie Jesus vir U liefde en genade

Pedro ·

Nigerians , Melama is mos so geworried oor die boere dat hy nie eers agter kom die nigerians is besig om al die stede oor te vat nie , een van die dae het hy ook n baas , n nigerian drug lord

Gerrit ·

Ek wonder hoeveel polisie beamptes was op nagskof en het fisies patrolie gedoen en was besig met misdaad voorkoming .Ek dink dit is van die tipe vrae wat ek sou vra as ek n joernalis was want die soort misdaad gebeur uurliks maar wat doen die sogenaamde wetstoepassers daaraan om dit te verhoed?

Dawid ·

Gerrit. Die ouens word gevang maar hulle kom uit op R500 bail. Tronke is net n afskrik middel vir wit mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.