KZN-vrou sterf toe trein haar trap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou is by Mariannhill in KwaZulu-Natal dood nadat ʼn trein haar getref het, het paramedici Woensdag gesê.

Die ongeluk het Maandagaand by die Klaarwater-treinstasie gebeur. ʼn Man is Saterdagaand by dieselfde treinstasie dood.

“Omstanders het die vrou van die spoor af tot by die pad toe gedra,” het Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, gesê. “Sy is op die toneel dood verklaar.”

Maroela Media het vroeër berig nog ʼn man is Saterdagaand dood nadat ʼn trein hom naby Petrusburg in Bloemfontein in die Vrystaat getref het. ʼn Man is ook Vrydag in die Wes-Kaap dood nadat ʼn trein hom getref het. Dit is dus vier mense binne vier dae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.