KZN-vrou tydens kaping doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 51-jarige vrou is Woensdagaand in die oprit van ʼn meenthuiskompleks in Bellevue, Pietermaritzburg, tydens ʼn kaping doodgeskiet.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Donderdag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 20:30 in Alexandraweg plaasgevind. “Thokozani Madlala het in die oprit stilgehou toe sy deur twee gewapende mans genader is,” het Zwane gesê. “Die aanvallers het haar in haar maag geskiet, haar voertuig gesteel en van die toneel weggejaag.”

Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die vrou in die oprit aangetref. “Een van die omstanders was besig om kardio­­-pulminêre resussitasie op haar toe te pas,” het Majija gesê. Paramedici het by die omstander oorgeneem en gevorderde behandeling toegepas, maar sy het 45 minute later aan haar besering beswyk.

Die Alexandra-polisie ondersoek ʼn saak van kaping en moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die voertuig is later in Hammarsdale opgespoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daleen ·

Net so en alles is oor. Dis hoe dit gaan in hierdie wettelose land.

Istvan ·

Ek en my gesin bly in Australia. Ons mis die huis en ons mense en oorweeg baie keer om terug te kom huis toe maar dan sien ons die goed en wonder weer daaroor. Ai, so onnodig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.