KZN-wetgewer debatteer oor doodstraf-referendum

Argieffoto

Argieffoto

Willies Mchunu, LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en samewerking in KwaZulu-Natal het ʼn versoek, dat die doodstraf weer ingestel moet word, van die hand gewys.

Mchunu het reageer op eise deur die Nasionale Vryheidsparty (NFP) dat ʼn referendum oor die doodstraf nodig is.

“Ons kan nie terugkeer na ʼn primitiewe era waar die staat mense doodmaak nie,” het Mchunu gesê. “Daar is geen bewyse om die bewering te staaf dat die doodstraf tot ʼn afname in misdaad lei nie. Die versoek skep vals hoop.”

Die debat het in die wetgewer voortgeduur, ondanks die DA-koukusleier wat daarop gewys is dat só debat in die Nasionale Vergadering moet plaasvind, en nie in die provinsiale wetgewer nie.

Die NFP het gesê dit is hoog tyd dat die saak in die lig van die provinsie se hoë misdaadstatistiek hersien moet word. “Dit is nou al 21 jaar sedert die ANC aan bewind is. Kom ons gaan na die mense toe en kry hulle reaksie,” het Erickson Zungu, provinsiale adjunkvoorsitter van die party, gesê. Hy het gesê statistiek dui daarop dat gewelddadige misdaad toeneem en die reeks aanvalle op die polisie is ʼn bewys dat daar sterk opgetree moet word teen misdaad.

Die DA-koukusleier, Sizwe Mchunu, het gesê die onbeheerste vlakke van misdaad is ʼn bewys van ʼn onsuksesvolle leierskap, en hy het spesifiek na LUR Mchunu en die provinsiale polisikommissaris lt.genl. Mmamonnye Ngobeni verwys. “Wat kan mens verwag van ʼn LUR wat nie komiteevergaderings bywoon waar misdaadkwessies bespreek word nie? Die feit van die saak is dat mens nie baie kan verwag indien leierskap ontbreek nie.”

Vusi Khoza van die Ekonomiese Vryheidsvegters het gesê aanvalle op die polisie is as gevolg van woede van die gemeenskapslede. “Wanneer mense kla oor dienslewering, word hulle soos Andries Tatane geskiet. Wanneer hulle beter salarisse wil hê, word hulle geskiet soos in Marikana, en wanneer studente eis dat studentegeldverhogings opgeskort moet word, skiet die polisie op hulle. Watter houding verwag jy van die publiek?” wou Khoza weet.

Nhlanhla Msimang van die Inkatha Vryheidsparty en Shameen Thakur-Rajbansi van die Minority Front het gesê hulle ondersteun die versoek om ʼn referendum vir die doodstraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

GES ·

Maar dit is maar reg en aanvaarbaar dat boosdoeners wat die reg van lewe nie verdien nie, om ander mense te dood, vermink en permanente letsels toe te dien. Wat maak die hierdie skuim so belangrik dat die belastingbetalers, hulle ‘n kommervrye lewe in ‘n tronk, met stemreg en allerhande voordele moet bied? Dit is nie nodig om te Google nie om te sien dat iets baie radikaal verkeerd is.

Shirley ·

Ek persoonlik dink hul moet die doodstraf terugbring. Die misdaadsyfer sal defnitief daal.

Please ·

N oog vir n oog en tand vir n tand , die bybel se jy mag nie moor nie .

Gert ·

Die publiek word vermoor so laat die publiek stem vir wat hulle wil he .

Pieter dp ·

Al daar aan ge dink dat die heersende party soos ANC dit kan gebreuk om op n slingse manier van hul teenstanders onslae te raak.

Hang Ten ·

Na die aftakeling van die regbank tot wat dit vandag is kan die doodstraf nóóit weer teruggebring word nie.

Cornelius ·

Dit sal n veskil maak laat ons besluit nie julle wat niks weet nie

Leon ·

Dink julle rerig dat die doodstraf tydens ANC bewind n goeie ding is?

Elke 2de politieke teenstander gaan van hoogverraad aangekla word en die doodstraf gevonnis word.

Onvolwasse leierskap=doodstraf=gevaarlik

GES ·

Hoogverraad is debatteerbaar. Dit kan slegs van toepassing wees as krygswet afgekondig word. Moord (1ste graad) moet met die doodgestraf word. Een plaasmoordenaar sal gehang word en die plaasmoorde sal drasties afneem. Huidiglik is daar geen afskrikmiddel.

Fanie ·

Iets sal gedoen moet word! As dit nie Doodstraf is vir moordenaars wat dan? Die tronke is oorvol! Dit is die belastingbetaler se geld wat hulle onderhou. En dan nou nog juis die slagoffers se families se belasting geld. Op die ou einde van die dag bly net die skuim oor. Dit is waarop dit afstuur, ‘n hele land met net misdadigers wat hom bewoon.

Flippie ·

Ek weet nie hoekom die sg. polisieslagting gebruik word as motivering van om ‘n referendum te hou om doe doodstraf in te stel nie. Die feit dat der duisende mense jaarliks in SA vir geen vir bykans geen redes vermoor word behoort genoegsame redes te wees om die doodstraf in te stel.

Suid Afrika is ‘n barbaarse land en voordat die gemeenskap nie na ‘n meer beskaafde lewenspeil ontwikkel nie, behoort die doodstrag nie net as afskrikmiddel te dien nie, maar ook as mornings instrument om na hoër vlakke van normatiewe moraliteit te ontwikkel. As ons eers daar is kan die doodstraf weer afgestel word.

Vir nou moet die doodstraf terug kom om die burgery van hierdie tirannie te beskerm. Dit is goedkoop en doel treffend.

Vir wat die polisie aangaan – die meeste van hulle tree skurkagtig teen die burgers op. Die moord op hulle is gewoonlik in reaksie op polisie optrede.

Flippie ·

Aggenee Maroela. Wat het ek nou weer gesê wat die regering gaan keaad maak.

Johann Marx ·

Die doodstraf was nooit ingestel as “afskrik middel” nie…..Dit was slegs ‘n manier om ‘n persoon, wie se dade teenoor die gemeenskap so onaanvaarbaar was dat ons nie geweet het wat om met hom of haar te doen nie….permanent uit die samelewing te verwyder. As mens mooi lees waaroor die doodstraf gaan, kan dit ook gesien word asof die mens NIE die vermoë het om sekere dade na behore te straf nie……en dat die oortreder se “siel” aangestuur word na ‘n “god” toe, wat die laaste oordeel fel. In 1990 was daar in SA 700 gevangenis op “death row” wat gewag het vir teregstelling…..20 jaar later is daar meer as 7000 “lewenslange” gevangenis in ons tronke, wat onder die ou bestel die “doodstraf” sou ontvang het. Ek sê maar net…

Theresa B ·

Hulle sal NOOIT die doodstraf terugbring nie want dan gaan hulle getalle drasties daal.

Eish! ·

Theresa B, wees versigtig. Kyk agter jou want jy praat nou te waar. Die wat die waarheid praat se lewens is in gevaar. Maar ek stem saam jou.

Swanna ·

Mchunu moet oppas waarvoor hy vra. Ons almal sal graag dit wil terug he, maar hy is dalk die eerste een wat gehang word om van hom ontslae te raak.

Eddie ·

In die ou dae voor die ANC kon dit gewerk het dat doodstraf toegepas word vir sekere goed soos moord ens ens. Maar kom ons wees eerlik dit sal nie nou werk nie. Dit sal n ander oplosing vir hulle wees om die blankes te moor. Want wat gaan gebeur as jy jouself verdedig en jy skiet iemand dood. Jy gaan skuldig bevind word van moord want die criminals het meer regte as ons.

Suzette ·

Stem saam Eddie “be carefull what you wish for” dis nag vir ons as dit sou gebeur. Wat gaan met my as vrou gebeur indien ek in noodweer optree? “Gehang word tot jy dood is” En MM ek hoop nie julle verwyder weer my kommentaar nie. Dis nag met ons regstelsel en whatever in die land……………. sal nie verder uitbrei nie want my kommentaar word heeltyd verwyder. Kan ek dalk ingelig word hoekom……? Sien ander post hierbo die meerderheid weet en besef dit mag nooit gebeur nie. Dis om te stem vir n “Death Wish” check die nuwe wapen wet.

Gawie de Beer ·

kom ons veronderstel dat die dood sraf wel ingebring gaan word (wat baie onwaarskynlik is) sal kriminele twee per dag gehang moet word vir die eerste vyf jaar daar na sal dit af plat na i per dag vir die volgende vyf jaar. Dit sal dan ook die gevolg hê dat die kriminele meer wreedardig gaan optree omdat hy weet dat as hy gevang gaan word is die hang paal sy voorland. Dit gebeur tans met met die SAPS lede as hulle ‘n arrestasie moet uitvoer. Doodstaf vir alle eerste bylae oortredings moet weer ingestel word soos voorheen met SAPS wat eerste moet kan skiet as daar gevaar is en nie wag om homself te verdedig nie dan is dit te laat?

Ben ·

‘n Minister se werk is nie om na Mercedes en BMW katalogiste te sit en kyk nie. Hulle moet kommunikeer met ander lande wat skoon misdaad rekords het en hulle vra vir advies en hoe hulle ons situasie sal/sou hanteer as dit hulle was. Diefstal, verkragting en moord van wit en swart is nie net in SA nie. Vra die kenners van langer as 21-jaar hoe hulle dit hanteer. Lig julle uit jul stoele en DOEN dit net!

Johannes Meintjes ·

Nee, hierdie versoek vir die her-intsel van die doodstraf is sekerlik bedoel vir staatsamptenare wat sedert 1994 steeds nie hulle werk doen nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.