Laagste werkloosheidskoers in Kaapstad aangemeld

Argieffoto (Foto: Tanja Mason/Pixabay)

Volgens die kwartaallikse arbeidsmagopname vir die vierde kwartaal van 2020, wat deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is, het Kaapstad die laagste werkloosheidskoers op die uitgebreide definisie van alle metro’s, naamlik 29%.

Onder die grootste bydraende faktore om dié uitslag te behaal is die stad se strategiese en geteikende benadering om die regte toestande vir groei te skep, sê James Vos, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede en batebestuur.

“Ons betroubare infrastruktuur, insluitend ons vermoë om ʼn een vlak van verligting te verskaf wanneer Eskom beurtkrag toepas, tesame met goeie regering en ondernemingsaansporings, tesame met ʼn toegewyde beleggingsfasiliteringseenheid, dra daartoe by dat ondernemings graag in Kaapstad wil vestig.”

Vos sê Stad Kaapstad verskaf finansiering aan strategiese sakevennote (SBP’s) om die stad te help in sy strewe na sosio-ekonomiese groei. “Ek is opgewonde om aan te kondig dat ons SBP’s in die laaste kwartaal van 2020 meer as R230 miljoen se beleggings verseker het, meer as 1 200 poste geskep het en 630 persone vir werksgeleenthede opgelei het.”

Hy het ook vroeg in die Covid-19-pandemie ʼn ekonomiese taakspan aangestel om sleutel-ingrypings te ontwerp wat die onderneming-eko-stelsel sou help om die storm te oorleef. “Ons ekonomiese aksieplan het ʼn hersiening ingesluit van hoe SBP’s die finansiering, wat verskaf is, spandeer om seker te maak dat hulle ondernemings in die bedryf help.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kokerboom

Dis baie goeie nuus MAAR ek dink dis onverantwoordelik om sulke statistieke los te laat. Binnekort sit die res van die Ooskaap in die Weskaap!! Die inwoners van die wanfunksionele provinsie, soos ook paar ander, hou Weskaap met valkoë dop vir emigrasiegeleenthede!

Sangoma

Veels geluk Kaapstad.
En die munisipaliteit met die laagste werkloosheid?
Orania

Yvonne

Ek het paar weke gelede hieheen verhuis en die die enorme verskil raaksien tussen die verskillende provinsies en die gevolge van goeie bestuur…doen so voort …..my gebede vir die waar die ANC in beheer is

lodewyk

Nog n bewys dat waar cANCer nie in beheer is nie is daar sukses

Roedolf Johannes

Glo nie die syfers nie