Laaste dag om skoolplasings te aanvaar, verwerp

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die departement van onderwys in Gauteng het ouers vandeesweek gewaarsku om die departement se aanbod van plasings wat hulle 3 Augustus ontvang het, teen 17 Augustus te aanvaar of verwerp.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het in ʼn verklaring gesê dat die departement die sewe werksdae-spertyd met een dag verleng het as gevolg van Vrouedag 9 Augustus.

Mabona het gesê daar is tans 83 699 aanbiedinge wat nog nie aanvaar of verwerp is nie.

“As ouers nog nie die voorstelle teen Vrydag 17 Augustus aanvaar het nie, mag die departement dit namens hulle doen ingevolge die toelatingsbeleid en kriteria.”

Mabona het gesê ouers wie se aansoeke nie suksesvol was nie, sal deur die distrikskantore geplaas word. Hy het ook beloof dat die departement met die ouers sal kommunikeer.

Applikante wat hul gebruikersname of wagwoorde verloor het kan die inbelsentrum op 0800 000 789 kontak of www.gdeadmissions.gov.za besoek. Die distrikskantore kan ook besoek word.

Mabona het voorts laat hoor dat die datum vir laat aansoeke ook binne ʼn tydperk aangekondig sal word.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, het die ouers bedank wat hul aansoeke aanvaar het en hulle aangemoedig om die skole te besoek en die finale reëlings vir 2019 te tref. “Die departement bly toegewy daaraan dat alle leerders teen 31 Oktober 2018 geplaas sal wees.”

Maroela Media het vroeër berig die departement het verduidelik versuim om op die aanbod van plasing te reageer, sal beteken dat die aanbod verbeur word en dit sal aan die volgende aansoeker op die waglys aangebied word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

1+1 ·

As die departement nou die plasing van leerlinge mag afdwing het hulle plan baie mooi uitgewerk. 83 799 ouers se kinders mag nou geplaas word by skole van die ANC se keuse. Dit voorspel moeilikheid !! Dit gaan nie oor die mislukking van ‘n stelsel nie, maar oor ‘n fyn politieke strategie. Hulle gebruik weereens arm mense (individue). Hierdie keer is dit die wat nie noodwendig rekenaargeletterd is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.