Laaste dag om vir verkiesing te registreer

Foto: Maroela Media

Vandag is die laaste dag om vir vanjaar se algemene verkiesing te registreer, want 8 Mei word more amptelik deur pres. Cyril Ramaphosa as stemdatum geproklameer.

Hoewel alle stempunte nie tans oop is vir registrasie nie, het elke munisipaliteit minstens een kantoor van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) wat tot vyfuur vanmiddag registrasies sal ontvang. Sommige munisipaliteite het meer as een – Kaapstad het byvoorbeeld vyf.

Om die een naaste aan jou op te spoor, gaan na die OVK-webblad, www.elections.org.za. Om eerstens na te gaan presies waar jy tans geregistreer is, volg die instruksies wat dadelik verskyn onder “Am I registered?”.

As jy ’n herregistrasie benodig (byvoorbeeld as jy verhuis het) of as jy die eerste keer wil registreer, kliek op “Back to main website”.

Gaan dan na “Contact us” en kyk dan onder “IEC provincial and local offices” vir die kontakbesonderhede.

Neem jou ID-boekie of ID-slimkaart saam om te registreer, en sorg dat jy ’n plakker as bewys van die OVK af kry. Gaan oor ’n week na of jy wel geregistreer is. Van Dinsdag af sal kiesers nie meer kan registreer nie.

Intussen het die ANC ’n wyk in die uithoek van Noordwes verlede week gemaklik behou, hoewel die party teruggesak het.

Die tussenverkiesing was in wyk 4 van die Naledi-munisipaliteit, wat setel in Vryburg. Die wyk omvat ’n deel van die township Huhudi net buite Vryburg.

Lopez Moeng het die wyk vir die ANC behou met 939 stemme teen 272 vir die EFF, 58 stemme vir ’n onafhanklike kandidaat en agt stemme vir Cope. Daar was nie kandidate van ander partye nie.

Dit verteenwoordig ’n swaai van 2 persentasiepunte teen die ANC sedert 2016.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

GM ·

Dis wat mens ‘suckers for punishment’ noem. Hul sien dat hul lewens nie onder die ANC-bewind verbeter nie, maar ai, die voorvaders gaan hul mos verlaat as hul ‘educated’ besluite neem.

John ·

En so het ry die Kuifie-kaders ook die afgelope 25 jaar die bang wit perd al treurende met sakke vol geld na hul Afrokanerbanke… aai die lekker rustig in die parlement sit en slaap… want die Boere is bang en ons ‘verteenwoordig’ hulle. Bog! Nou suig hulle weer aan die voorspeen van AfriForum en Solidariteit… “Ons sè… slaan terug met ‘n verekussing”… eina! Darem nou ‘n agterryer gekry wat gou die ruiter gaan word. Hierdie skrywe sal seker ook ‘n delete kry… van ‘n pietertjie-vingertjie… Waarvoor is die Boere-oorloè geveg? Om ons kultuur af te teken vir ‘n kuifie-Mulder se ego as leier van die Khoi? Flip, sit ‘n Mulder al in jou stoel?

Judge Dredd ·

As die mense nie eers die moeite wil doen om ‘n kruisie te trek nie – dan twyfel ek of hulle bereid is om te veg vir daardie onafhanklikheid – so wat verwag jy moet die VF+ leiers dan doen?

Logika ·

@John

Ek is ‘n trotse nie-stemmer en Afriforum / Solidariteit onsersteuner.

@Judge Dredd
Drogargument. Daar is baie moontlike redes waarom mense nie gaan stem nie, waaronder verskeie beginselbesware. Hierdie ou storie van dat mense net “te lui” is bog en is opsig self ‘n gevolgtrekking van mense wat te lui is om sinvol te debateer.

Hendrik UAE ·

Buitelanders moet van more af binne 15 dae die vorm VEC 10 voltooi om kennis te gee dat jy gaan stem.Maak net seker jy is gerigstreer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.