Laaste dag om vir verkiesing te registreer

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

Maandag, 23 Mei 2016, is die laaste dag vir kiesers om vir die plaaslike verkiesing te registreer, of hul registrasiebesonderhede by te werk.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Sondag gesê Maandag is die laaste dag wat kiesers in ʼn nuwe stemdistrik kan herregistreer of hul registrasiebesonderhede, insluitend adresbesonderhede, kan bywerk by hul plaaslike OVK-kantoor voor die plaaslike verkiesing op 3 Augustus.

David van Rooyen, minister vir samewerkende regering en tradisionele sake, het bekend gemaak dat hy van voorneme is om Maandag die afkondiging te doen oor die 2016 munisipale verkiesing. “Sodra dié afkondiging gedoen is, word die kiesersrol gesluit en sal geen veranderinge aan die kiesersrol aangebring kan word nie.”

Kiesers kan hul plaaslike OVK-kantoor besoek met ʼn amptelike Suid-Afrikaanse ID-dokument. Hulle moet ook adresbesonderhede op ʼn registrasievorm voltooi.

Die OVK het meer as 230 kantore landswyd, waaronder minstens een in elke munisipaliteit.

ʼn Lys van die kantore is op die OVK se webwerf beskikbaar.
Kiesers kan ook 0800 11 8000 weeksdae tussen 07:00 en 21:00 bel om hul naaste kantoor te vind.

Die OVK se kantoor is Maandag van 08:00 – 17:00 oop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.