Laaste dag vir SA’ners oorsee om te registreer om te stem

IEC logoSuid-Afrikaners wat oorsee woon het nog tot Woensdag om middernag (Suid-Afrikaanse tyd) kans om vir vanjaar se algemene verkiesing te registreer.

Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) moet buitelandse Suid-Afrikaners voor dié spertyd ʼn VEC10-vorm elektronies indien en die OVK in kennis stel van die kieser se voorneme om in die buiteland te stem. Die persoon moet ook aandui by watter buitelandse sending die kieser gaan stem. Die algemene verkiesing vind op 7 Mei 2014 plaas.

Klik hier vir meer inligting en om die VEC10-vorm te bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tom ·

Dis ‘n foefie. 39000 sa’ners in Perth, maar enigste stemlokaal is Canberra, wat nie veel nader as Pretoria is nie. Slim regering het alweer almal rat voor oë gedraai.

Hendrik ·

As die regering maar net die helfte van die moeite wat hulle doen om tronkvoëls te laat stem, gedoen het om Suid-Afrikaners in die buiteland te kan laat stem, sou dinge baie anders gelyk het.

Eers het hulle gesê jy kan slegs by die konsulaat gaan registreer, nou blyk dit jy kan dit oor die internet doen! Die kommunikasie hieroor is pateties. Ons woon meer as 500 km vanaf die naaste konsulaat in Chicago, dus is dit totaal onmoontlik vir ons om te stem. Ek is seker dat dit ook die geval is vir die meerderheid Suid-Afrikaners in die buiteland.

Waarom kan ons nie soos ander lande ook elektronies stem nie? Omdat die regering weet byna al hierdie stemme uit die buiteland sal teen die ANC wees. Dis ironies dat die ANC wat “geveg het vir stemreg vir almal”, nou sy beste probeer om sekeres van ons se stemreg vir alle praktiese doeleindes weg te neem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.