Laaste eerbetoon ná virus staatmaker-polisieman eis

AO Jan Roos was jare lank verbonde aan die Brakpan-polisie in Gauteng.

Drie dekades lank het ao. Jan Roos die gemeenskap van Brakpan gedien. Woensdagaand het dieselfde gemeenskap ʼn laaste en besonderse huldeblyk aan Roos gebring nadat hy weens Covid-19 dood is.

Tientalle mense het in motors deur die strate van Brakpan gery om eer te betoon aan Roos wat gisteroggend aan die virus beswyk het. Die stoet is daarna na die N17-hospitaal in Springs, waar hulle vir Roos se vrou, Sonja, gaan bid het.

Sonja word ook vir Covid-19 in die hospitaal behandel.

Omdat hulle haar nie daar kon gaan vertroos nie, het inwoners besluit om op ʼn ander manier te wys dat hulle saam met haar en die familie rou en hulde bring.

Kol. Peet van der Schyff, ʼn jarelange kollega van Roos, sê Roos was 30 jaar lank verbonde aan die Brakpan-polisie waar hy die bevelvoerder van die teenkapingstaakspan was.

“Hy was een uit ʼn duisend. As ons maar net meer van sy kaliber gehad het…”, het van der Schyff Donderdag gesê.

“Hy was ʼn voortreflike ondersoekbeampte en het ʼn aanvoeling vir die werk gehad. Hy was ʼn gebore polisiebeampte en het die gemeenskap dag en nag gehelp – dit het nie saak gemaak of hy aan diens was of nie.

“Dit is geweldig hartseer.”

#RIPJanRoos#HeroesInUniformThis evening in Brakpan…..W/O Jan Roos, you fought a brave battle. You have reached the…

Posted by Wendy Pascoe on Wednesday, July 21, 2021

Van der Schyff sê danksy Roos se knap netwerk informante het hy veral huisrowers en kapers laat les opsê.

Zander Fritz, ʼn reservis van Brakpan wat langer as 20 jaar saam met Roos gewerk het en hom as ʼn broer bestempel, sê die hele gemeenskap het Roos geken.

“Hy was altyd daar om te help. Hy was die beste. Daar is ʼn stuk uit ʼn mens se hart uit. Ek het met al my dinge na hom gegaan. Hy weet alles van my. Waar gaan ʼn mens nou?” sê Fritz.

Ook op sosialemediaplatforms het boodskap ná boodskap met huldeblyke aan Roos en medelye met sy gesin ingestroom.

FINAL CALL BP W/O JAN ROOS STANDBY Your attention please . Dispatch to all crews, standby .Dispatch to all crews,…

Posted by Tobie Johannes Bosman on Wednesday, July 21, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Elize ·

Ware woorde. Ons het meer sulkes nodig. Sterkte aan die familie

Samuel ·

Dit is baie hartseer om van so ‘n goeie polisiebeampte se heengaan te lees. Dat die Brakpan gemeenskap só saamstaan om eer aan hom te betoon, sê baie van hom as mens. Beterskapwense aan sy vrou en innige simpatie met sy naasbestaandes. RIV.

Kokerboom ·

Dankie MM vir mooi eerbetoon aan goeie Polisie beamptes. Ons land eer hom en sal hom mis

Casper ·

Sonja,mag die Goddelike genesende hande oor jou waak en ons bid dat jy spoedig sal genees.Jou hartseer ken geen perke nie en te verstane want jy het die liefde in jou lewe aan die dood afgestaan.Tyd genees alle wonde.

Anoniem ·

Sterkte aan die familie, kollegas en vriende. Dit is hartseer en ‘n groot verlies om iemand so kosbaar te verloor.

Hendrik Marthinus ·

Dus vir my so hartseer as ek amper daagliks lees hoe maroela media lesers dinge uiter soos:
Cele se slegte manne, vet en rond en hoe kan n men’s Hulle vertrou, en voetsek Hulle eet my be lasting geld.
Dan lees n men’s net 24 uur later hoe dieselfde lesers dinge se soos, wow wat n goeie man en PA, en dankie vir jou harde werk.
My wens is dat ons sal ophou die hele Saps Onder dieselfde Kam skeer.
Elke beroep op aarde het vrot appeals, maar ons se nooit elke dominee, of elke regter is sleg nie.
Yes kritiseer die skuldige maar nie die hele beroep nie.
Rus in vrede en dankie vir jou 30 Jr Diens, die artikel bewys jy was n wonderlike lid van Saps en ja iemand Wie ons Kan vertrou.

Androclus ·

Baie dankie Hendrik hulle sien net sleg in ander en nooit iets kom uit hul monde nie,Soos Jesus self gesê het met dieselfde mond aanbid julle My en met dieselfde mond vervloek julle My.

Hendrik Marthinus ·

Androclus
So waar wat jy se, die tong is Klein maar kragtig.
Kom ons Hoop vir vrede en Liefde vir ons land.

Andre ·

RIV Jan dankie vir jou onbaatsigtige diens wat jy in ons dorp gelewer het.
Van n mede Roos

Elinette ·

Massa-byeenkomste is dan verbode onder Vlak 4 regulasies? LUISTER die mense dan nie?

Prit ·

Totsiens, Janneman. Dankie vir jou diens, ons dorp is n slegter plek sonder jou.

#Isabel ·

Jan was ‘n ware vriend. Hy laat ‘n groot leemte in ons harte.

Nico ·

So sterf al die goeie en geharde polisie manne, my innige meëgevoel aan die familie.

Karina ·

Sterkte aan familie en vriende met die afstaan aan die dood van ‘n geliefde. Brakpan is armer gelaat met die verlies van so ‘n fantastiese polisieman.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.