Laaste episode van Top Billing uitgesaai

Basetsana Kumalo het 27 jaar gelede Top Billing begin (Foto: Bhekikhaya Mabaso/African News Agency/ANA)

Aanhangers het hul ontevredenheid uitgespreek ná die SAUK aangekondig het die leefstylprogram Top Billing word ná 27 jaar beëindig.

Die televisieprogram, vervaardig deur Tswelopele Production, is op die been gebring deur Basetsana Kumalo en Patience Stevens. Die laaste episode word Saterdag uitgesaai.

“Ons is dankbaar vir SAUK vir die geleenthede wat die program ons gebied het om nuwe talente te ontdek en nuwe sterre te maak wat uitnemendheid en prestasies vier, en ʼn bydrae gemaak het tot ʼn positiewe visie vir Suid-Afrika en sy mense,” het Kumalo gesê.

Sy is trots op die rol wat die program gespeel het en die impak wat dit op die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf gemaak het. Sy het Suid-Afrikaners bedank wat die program in hul huise toegelaat het.

Sosialemediagebruikers was egter nie opgewonde oor die aankondiging nie. Mvelo @Mvelo_Nhlapo het geskryf: “Eerlikwaar, Top Billing was nie SAUK-materiaal nie. M-Net moet die regte ding doen.”

Nog ʼn gebruiker het gesê die inhoud was nooit onwelvoeglik nie. “Top Billing het nooit enige pornografie op SAUK uitgesaai nie. Die uitsaaier moet alle programme met pornografie kanselleer, omdat dit nie enige waarde toevoeg nie,” het @_MrMohlala geskryf.

“Top Billing het my laat droom van my eie droomhuis – ek wou ʼn Top Billing-huis hê. Dit sal nooit verander nie. Dit was ʼn goeie lopie,” het @Lonwabo_Mbuqe laat weet.

David Makubyane, waarnemende uitvoerende groepshoof vir SABC 3, het gesê die kanaal bedank sy kykers en aandeelhouers vir die ondersteuning tydens die 27 jaar se “goeie lewe” en die kanaal beplan nou ʼn nuwe strategiese rigting. “Ons nooi kykers uit om ingeskakel te bly vir nog opwindende en nuwe inhoud op die kanaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Markus ·

Die sabc is die organisasie wat ten gronde gegaan het tydens die anc se regime,die sauk was n winsgewende organisasie tydens die np se patetiese regime so sluit die deure daar sal wel onafhanklike entrepreneurs te vore kom wat vir ons sal gee wat ons wil sien en hoor.

Oompie ·

Batsesane Khumalo. Is sy nie die een wat grootgeword het as Peggy Sue Erasmus nie. In Newcastle.

Hendrik van George ·

Heeltemal korrek. Sy was ‘n Erasmus oorspronklik. Ongelukkig sou diè van haar nie pas in die nuwe SA nie…

Melanie ·

Daar is nogal baie SAfrikaners wat al jare gelede gesien hoe waai die wind en van hulle televisie stelle ontslae geraak. Ons kan nie juis sê dat ons Top Billing gaan mis nie.

Dr Phil ·

Dankie tog! Nou kan ons uitsien na goeie kwaliteit gedekoloniseerde leefstylprogramme…

Roos ·

Kan nie sê ek sal die blink Stefaanse en pronkpoue mis nie.
Dit was egter lekker om die mooi huise en boustyle te sien.

Gert van Wierdapark ·

Ten minste gaan daar nou n paar Rand gespaar word!!!!

Fanie du Preez ·

Ek het ophou tv kyk en dstv laas in 2001 gehad…met daai geld vir my n plot langs die rivier gekoop…besit nie n tv nie,sal ook nooit weer nie….beter dinge om Geld op te spandeer.

Scalla ·

As ek weer die program se naam sien sal dit die tweede keer wees, sluit sommer ook die bankrot besigheid.

Johanna Botha ·

Sluit die sabc terselfdetyd …dis net n donker gat van verkwisting en onmin !

Heksie ·

Ag dis nou nie juis skade nie … vervelige program om mens te probeer vermaak met ander se rykdom en swier. Staan my noy nie aan nie. My 1-slaapkamer woonstel, is my paleis, my hawe en ek skuld nie die bank geld nie!
buitendien as jy jou huisie daarop wou laat pryk moes jy motiveer hoekom …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.