Laaste hoop vir ontvoerde SA’ner in Mali

Die Suid-Afrikaner Stephen McGown wat al sedert 2011 in Mali gyselaar gehou word deur Al-Kaïda (Skermgreep uit ‘n video wat vroeër vrygestel is as bewys dat hy nog leef)

Gift of the Givers, Suid-Afrika se rampverligtingsorganisasie, het Woensdag gesê hy het ʼn doodloopstraat bereik in sy pogings om Stephen McGown, wat al langer as vyf jaar deur Al-Kaïda-militante in Timboektoe, Mali, gevange gehou word, se vrylating te verseker.

McGown en ʼn man van Swede, Johan Gustafsson, is op 25 November 2011 in Timboektoe gevange geneem. Klik hier om meer te lees.

Woensdag was amptelik die 2 000ste dag wat hulle gevangene gehou is. “Hoe kan ʼn mens die angs en benoudheid wat die twee families moet deurgaan, verstaan? ʼn Sterwende moeder wat hoop om haar seun te sien voordat sy haar laaste asem uitblaas, ʼn jong vrou wat wag op haar man met hoop in haar hart, ʼn suster wat smag na broederlike liefde – geen mens kan dit verstaan behalwe slagoffers wat deur dieselfde foltering moet gaan nie,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê.

Gift of the Givers is in Junie 2015 deur die families aangestel om die twee mans se vrylating te probeer bewerkstellig. Hulle het sedertdien ʼn onderhandelaar van Mali, Mohamed Yehia Dicko, na verskeie streke gestuur om met mense te praat wat hulle kan bystaan in hul pogings. Volgens Gift of the Givers het Dicko agt keer die streke binnegegaan en meer as 100 dae en duisende kilometers gereis op soek na ʼn deurbraak.

Stephen McGown en sy vrou Foto: Skermgreep uit ‘n eNCA-video

Die organisasie het twee mense gevind wat ʼn geskiedenis het met onderhandelinge met Al-Kaïda wat ingestem het om die families se versoek aan hulle voor te lê. Terselfdertyd het die organisasie humanitêre dienste verrig om stam- en godsdienstige leiers in die streek se guns te wen. Dit het daartoe gelei dat die losprys van 20 miljoen euro na 8,5 miljoen euro verlaag is – ʼn bedrag wat nie een van die families kan bekostig nie.

Sowel die Suid-Afrikaanse as die Sweedse regering onderhandel nie met terroriste nie en betaal nie lospryse nie.

“Ons het ʼn doodloopstraat bereik. Die twee families doen nou ʼn opregte beroep op die koning van Qatar om in te gryp. Die koning was vantevore al verskeie kere suksesvol in sy poging om te onderhandel vir die vrylating van gyselaars op versoek van verskillende regerings. Die McGown- en Gustafsson-families hoop op ʼn soortgelyke ingryping namens hulle,” het die organisasie gesê.

“Indien ons nie in hierdie poging suksesvol is nie en die ontvoerders weier steeds ʼn onvoorwaardelike vrylating, is die harde en ongelukkige werklikheid dat hierdie twee onskuldige mans nooit weer huis toe kom nie.”

Gift of the Givers het ook ʼn beroep gedoen op enige regering, organisasie of individu wat hulle kan bystaan om die twee mans se vrylating te verseker om na vore te kom.

Lees alle vorige berigte oor Stephen McGown op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Waar is die authorities? ·

Hoekom word onskuldige mense in hegtenis geneem en vir jare aangehou .. soms gedood .. soms net gemartel en die wereld se niks? Meeste lande is half stil daaroor, net so af en toe help Gift of the Givers, die ander lande se authorities is doodstil. Vreemd hoe baie wreder goed soos die AFKAP van mense se koppe minder aandag trek by die wereld as die ou ‘apartheid’ waarin SA heeltemal afgesny is van die res van die wereld. Mugabe se apartheidsbeleid en naakte rassisme jeens die blankes skeel niemand nie, hy travel die wereld vol, kry die beste mediese behandeling in ander lande, sy kinders studeer in ander lande, ander lande gee steeds voedselhulp en druk geld en hulp in hulle agterente op .. net apartheid onder die NP was hierdie vreeslike ding wat niemand na 22 jaar kan vergeet nie. So selektief .. daarom sal julle verskoon as ek regtig nie vreeslik aandag aan ander lande se moeilikheid skenk nie. Hoop hierdie manne word weer vrygelaat, ek weet nie onder watter omstandighede hulle gevange geneem is nie, maar sterkte vir die gesinne!!Gemaklik vir die SA regering om nie lospryse te betaal nie .. veral nie as die man wit is nie .. hy het dalk nog ‘n kans gehad as hy ‘n ANC ondersteuner was!

snoefie ·

jy is so reg. wat my cerbyster as die koning van Qatar soveel sukses het in sy onderhandelings met die ontvoerders, hoekom kan hy hulle ook nie uitlewer om gestraf te word vir hulle OORTREDINGS nie?

Helene ·

Hulle is almal lede van die Free Masons
Kyk die pinkiering. Hulle lede beskerm mekaar

Skiete ·

Glo nie n persoon wat sterk muslim waardes en geloof sal die free masons join nie aangesien dit n christelike gebaseerde beweging is….dalk te veel Discovery kanaal gekyk……plaas kry die familie huursoldate om die mense te loop haal…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.