Laaste kans om te registreer vir kiesstryd

Foto ter illustrasie: OVK

Kiesers kry Saterdag en Sondag vir oulaas kans om vir die naderende algemene verkiesing te registreer wanneer die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sy tweede en laaste registrasienaweek hou.

Die land se 22 932 stemlokale sal Saterdag en Sondag van 08:00 tot 17:00 oop wees sodat nuwelinge kan registreer en bestaande kiesers hul besonderhede kan bywerk en seker maak hulle kan stem in die provinsie waar hulle woon.

Volgens die OVK kom 26,1 miljoen kiesers se name op die nasionale kieserslys voor, maar die kommissie hoop hy kan minstens nog een miljoen kiesers byvoeg voor Suid-Afrikaners na verwagting in Mei na die stembus gaan.

Die OVK hoop ook mense wat voorheen geregistreer het, sal die laaste kans benut om veral seker te maak hul adresbesonderhede is korrek. Kiesers mag by enige stemlokaal stem, ongeag waar hulle geregistreer het.

Hulle moet egter daarop let as hulle verhuis het na ʼn ander provinsie, maar nie opnuut geregistreer het nie, of op stemdag op besoek aan ʼn ander provinsie is, hulle net in die nasionale verkiesing sal kan stem; nie ook in die provinsiale verkiesing nie.

Kiesers in die buiteland moet in die ambassade, hoë kommisariaat of konsulaat stem waar hulle hul VEC10-kennisgewing van hul voorneme om te stem ingedien het.

Geregistreerde kiesers kan die OVK se webwerf besoek om te kyk waar hulle geregistreer is. So nie kan hulle ʼn SMS met hul ID-nommer na 32810 stuur. Elke SMS kos R1.

Kiesers wat nog moet registreer, kan hul adres by die “Voting Station Finder”-app op die webwerf invoer om te sien waar hul stemlokaal is. Kiesers wat reeds geregistreer het, kan hul adresbesonderhede by www.elections.org.za/MyIEC bywerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

leser ·

nog n miljoen vlugtelinge sonder verblyf status of wettig hier om ons getroue landsburgers se siele te versondig

Mariska ·

Die sms nr op die berig is verkeerd. Die korrekte nr is 32810

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.