Laaste kans vir Kapenaars om kragstelsels te registreer

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Inwoners van Kaapstad het tot Vrydag geleentheid om hulle kragopwekkingstoestelle by die metroraad te laat registreer.

Indien hulle versuim om dit te doen, sal hulle van die metro se netwerk afgeskop word en R6 426,90 vir die losskakeling gevra word, het Phindile Maxiti, burgemeesterskomiteelid vir energie en klimaatsverandering gesê.

Die sperdatum is reeds van 28 Februarie tot 31 Mei vanjaar verleng om inwoners genoeg tyd te gee om te registreer. Registrasie by die metroraad is verpligtend vir alle kleinskaalse kragprojekte soos sonpanele en hidro-opwekkingstelsels (“small-scale embedded generators”).

Die vereiste geld slegs vir kragopwekkingstoestelle wat aan die metro se kragnetwerk gekoppel is.

Maxiti het gesê die hoofredes vir die registrasieproses is om die veiligheid van kontrakteurs wat aan die netwerk werk te verseker, asook vir die stad om behoorlike beplanning van elektrisiteitsverspreiding te doen.

Dit is belangrik vir kontrakteurs om te weet wanneer ʼn elektrisiteitsverbinding lewendig is. Wanneer ʼn gedeelte van ʼn netwerk afgeskakel word, maar ʼn ongeregistreerde opwekker voer steeds krag daarin, kan dit ʼn werker ernstig beseer of selfs doodskok, omdat die kontrakteurs werk met die aanname dat die stelsel nié lewendig is nie, het Maxiti gesê.

Dit is dus belangrik om te weet wáár presies opwekkingstoestelle aan die netwerk gekoppel is.

“Gemeet aan die getal oproepe wat ons kry, probeer mense regtig hard om betyds te registreer,” het Maxiti gesê.

Hy het gesê diegene wat reeds met die proses begin het, maar probleme ondervind en die registrasieproses dus nie voor die sperdatum heeltemal afhandel nie, se omstandighede sal in ag geneem word.

Die stad is nie by magte om toerusting te verwyder nie, maar diegene wat teen die sperdatum glad nie met die proses begin het nie, sal van die stelsel losgemaak word.

Die metroraad begroot ook nie vir die losskakeling van die opwekkers nie en hef daarom ʼn diensfooi om die betrokke stelsel van die netwerk af te haal, het Maxiti gesê.

Hy het gesê dit is ook belangrik vir die stad om te weet wáár inwoners krag opwek, sodat dit in sy uitbreidingsplanne in ag geneem kan word.

Klik hier om te registreer. Die proses is gratis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Dubblestandaarde ·

GMFFFF!
so op 1Junie tree daar n nuwe belasting in werking – Carbon TAX op brandstof, hierdie is daarop gemik om almal se koolstoef “foot print” te probeer beperk –
terselfde tyd probeer Suid Afrikaners om minder krag te verbruik – dmv Solar produkte op hulle huise te inkorporeer – dit sal n groot impak he op SA se “foot print” om koolstof besoedeling te beperk
SA wil graag soos n eerste wereld land wees maar doen ook niks om dit aan te moedig
net weer n foefie om geld te steel
in Spreuke 29:4 staan daar:
n Regverdige koning bring bestendigheid in sy land.
Een wat buitengewone belasting wil he ruineer sy land

Netso ·

Dis nou ñ mooi manier, registreer om jou later te belas. Daai blikkie sal weer geskud word tot dit wat jy spaar uitval en opgevreet word!

Johan ·

Hulle kleur die storie mooi in ja. Dis net n kwessie van tyd, dan is dit die wet van transvaal. So werk hulle…

Vraagteken ·

Wel, as jy jou kragstelsel in parallel met Eskom, City power, ens. koppel, dan beteken dit dat sodra jou stelsel krag opwek, jy belasting vanaf hulle vat. Natuurlik sal hulle jou belas.

Maar as jy onafhanklik is van die huidige sisteem, dan het hulle geen reg op belasting nie.

Nefie ·

Ek het ook eers gedink wat se bog is dit, maar toe lees ek van die beplande onderhoud. As die hoof toevoer afgesit word en jou sonpaneelstelsel stoot steeds 220V in die stelsel, dan bly daai deel lewendig en kan werkers beseer. So hulle moet weet waar die goete is.

Rob ·

Nefie, nee kyk die stelsel kan nie terugvoer as die hooftoevoer af is nie, daarvoor sorg die sonstelsel of kragopwekker stelsel… hierdie is ‘n streek om later belasting te hef.

Vraagteken ·

Ek vermoed Eskom het daardie einste kaart gespeel met Mall of Africa se sonstelsel. Maar eintlik wou hulle net nie die winste verloor het nie.

sweis ·

Net soos met die tol stelsel gee ek julle n lang ………….wat gaan julle doen my unreliable krag afsny.

Vraagteken ·

Sweis, ek is nie bekend met jou stelsel nie, maar meeste van hierdie sonstelsels is afhanklik op die sogenaamde ‘unreliable krag’. As hulle jou krag afsit, dan sal jy 1) nie krag hê nie, of 2) jy sal moet investeer in ‘n battery stelsel.

willem heitlager ·

here in holland the government emcourages solarpanels and feeding back to the syst bit closing of crazy use the power locally

marous ·

Stuur vir die raad ‘n rekening vir die krag wat hulle verniet ontvang .

Vraagteken ·

Hulle ontvang nie krag verniet nie. As jy jou wette ken, dan sal jy weet jy mag NIE terugvoer nie.

Sonkrag ·

N mens stel self jou Inverter waar die krag moet heen gaan. Ons Inverter het ons gestel dat ons sonkrag nie terug voer Eskom toe nie. Whalla problem solved!!

KrokodilBotha ·

Strooi, dis reg wat Rob hierbo se, in albei gevalle. Swaai jou middel vinger

Koos ·

Sit net ‘n crossover skakelaar op soos met ‘n petrol kragopwekker, maar nee dit word gedoen om mense later te belas. As hulle nou weet daar is krag wat ingevoer word, wat dan? Afsit kan hulle nie almal nie, so hulle moet aanvaar dat alle netwetke lewendig is. ESKOM het mos al hoekal gesê alle punte moet as lewendig beskou word tydens beurtkrag. Hierdie is weer bewys dat politikuste dink die publiek is onnosel!

Dieter ·

Dis omdat politici self ook onnosel is.
Onthou die meeste het maar net ‘n skamele BA graatjie.
So hier en daar is dalk iemand met ‘n LLB’tjie.
In my dae op Stellenbosch het ons chemiese ingenieurs studente nou nie juis die Regte studente as akademiese reuse beskou nie.

Vraagteken ·

Koos, teensy jy ‘n duur stelsel het, dan beteken ‘n crossover niks vir jou nie. Al daardie inverters is grid-tied. Met ander woorde, hulle is afhanklik op ‘n bestaande toevoer.

Vonk Prop ·

Baie flou verskoning, enige persoon wat met krag werk en sy sout werd is sal die lyn lewendig beskou tot die teendeel bewys is.

schaun ·

Hulle het dit met die belasting op eiendom gedoen nou weer son panele pleks subsidieer hulle die solarstelsels

Johanna Botha ·

Ek sou dit gladie dien nie …ek ruik n groot rot !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.