Laaste KFC-beskuldigde uit op borgtog; NVG moet besluit oor aansoek om ontslag

Stephan Nel, Dicky Junior Van Rooyen, Marius Harding, Ockert Muller en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof tydens hulle verskyning op 18 Augustus 2017.

Die laaste beskuldigde in die sogenaamde KFC-verhoor is Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof op borgtog van R5 000 vrygelaat. Marius Harding, een van die vyf beskuldigdes in die saak, is sedert Augustus 2017 in aanhouding. Die staat het nie die borgtogaansoek teengestaan nie.

Harding, Stefan Nel, Dicky Junior van Rooyen, Ockert Muller en Joshua Schultz het aanvanklik tereg gestaan op aanklagte van poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die staat het dié aanklagte nou verander na aanranding met die doel om ernstig te beseer, het Nols Nolte, die mans se regsverteenwoordiger, gesê.

Die aanklag van rig van ʼn vuurwapen teen Nel is intussen ook verander na die rig van ʼn lugpistool.

Die vyf word daarvan beskuldig dat hulle in 2017 ʼn egpaar by ʼn KFC-kitskoswinkel in Montana aangerand het. ʼn Selfoonvideo van die voorval is destyds wyd op sosiale media versprei en wys glo hoe die vyf Jacob en Dudu Sono verbaal en fisiek aanrand. In sy saak gaan die staat egter glo op ʼn ánder video van die voorval steun.

Nolte het gesê hy en adv. Francois Kriel het ook ʼn vertoë gerig waarin hulle vra dat die saak, in die lig van die nuwe feite, teen die mans laat vaar word.

Die saak is uitgestel tot 6 Mei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Judge Dredd ·

Die belangrikste punt hier is dat die man al van Augustus 2017 in aanhouding is. Net om nou eers te hoor dat van die aanklagte verander is.

Kan SA howe nie meer geregtigheid laat geskied?

Abe ·

Judge Dredd,
Soos ek verstaan, was hy in aanhouding op grond van ander aanklagte.

Jacques ·

Nog n belaglike saak . Met die nuwe feite en n heel anders klagstaat as oorspronklik wys dit my net hoe die reg dinge baie erger maak as wit mense betrokke is . Dit laat mens wonder of die reg telsel in ons land regtig so geloofwaardig is soos wat hulle wil voorgee en dit moet wees????

HPV ·

Maw dit het die staat amper 2 jaar geneem om hul klagstaat en feite reg te formuleer. Toppunt van onbevoegtheid, grens aan belaglikheid, weet nie of mens moet lag of naar word nie.

tom ·

Hier kom lekker groot eise soos dit vir my lyk gaan hulle los kom kyk maar.
N lekker politieke speelbal

Abe ·

tom,
Hier is 5 mans wat aangekla word van misdade. Watse “eise” sien jy kom? Wie gaan wat eis, en van wie?

Cherokee ·

Soos Judge Dredd sê, vanaf Augustus 2017. As hulle onskuldig bevind word of die saak laat vaar word, sal hulle vergoed word? Wat is ‘n lugpistool… windbuks?

Judge Dredd ·

Waarskynlik die BB-gun tipe wat soos ‘n pistool lyk.

Abe ·

Cherokee,
Die 5 mans wat aangekla was in die KFC-oprit saak het bogtog gekry en hulle was los op borgtog al die tyd, behalwe dat Harding reeds in aanhouding was vir n ander kriminele saak. Hy het in aanhouding gebly tot nou toe. Die ander saak is nou opgelos en hy is nou vrygelaat. Hy is nou saam met die ander 4 op borgtog vrygelaat in die KFC-saak.

Cherokee ·

Jy mag reg wees, Judge Dredd
en dankie vir die uitwysing Abe. Nou onthou ek wat jy sê, dat sy borgtog geweier is as gevolg van ‘n ander kriminele saak. Daardie deel het my ontgaan.

pieter ·

Plaas moordenaars kry R1000 borg na hul eerste verskyning.Nou hoe nou?

? leser ·

die vyf was getart gewees en het net hulle saak aan die vrou en man probeer verduidelik waarop sy begin het om moeilikheid te veroorsaak
selfoon video wys nie die onderons van die begin af nie
jy blaas nie toeter vir iemand voor jou as jou bestelling nog nie afgehandel is nie
hulle is ook nie deur kfc personeel gevra om op die bestelling-nog-nie-afgehandel parkering te gaan staan en wag nie
sa howe is meer as pateties

Koos B ·

Die staat het doelbewus genoeg tyd gevat om die arme mans se lewens vir altyd te verwoes.Sou dit anderskleuriges gewees het was hul lankal los sonder enige gevolge.

ne ·

As hulle velkleur reg was, was hulle op borg van R500 uit en die saak doodgeloop. Sorry julle is te wit.

Kolle ·

Omdat sekeres nou in magsposisies sit, is dit in hul oë payback vir apartheid.

willem Botha ·

Daar was van dag een nie n konkrete saak gewees nie ,as die beskuldigdes n Gerrie Nel of n lewellen Carluwis gehad het sou hulle nie een dag in aanhouding deurgebring het nie .Ek hoop die minister van polisie word gedagvaar vir die polisie se onbevoegdheid.

marous ·

Die aanklagte word opsetlik opgeblaas om dit in ‘n skedule misdryf te omskep om wittes te straf voor verhoor . Dit is kwaadwillig en hulle behoort die sap en nvg te roer . Is daar ‘n aanklag van rig van ‘n lug pistool ??? Dit kan hoogstens gewone aanranding wees .

Essa ·

Die verloop van hierdie saak was na my mening van die begin absurd; die klagstaat uit verband geruk en waarom borgtog geweier? Sê nie hulle het nie verkeerd en onverantwoordelik opgetree nie, maar hier was min sprake van billike hantering van die saak.

Abe ·

Essa,
Bogtog is nie vir die 5 aangeklaagdes op hierdie saak geweier nie. Harding was in aanhouding op grond van n ander saak.

Willie ·

En almal eet nog KFC… KFC wat nie vir klante kan opkom nie…
Hoop hierdie gaan n vet eis wees… Hulle het geen maniere nie, en skree soos mal goed..
Beskawing mense, beskawing

Brutus ·

Twee jaar in aanhouding sonder borg vir so n tipe oortreding is absurd, die man was beslis te na gekom deur die Hof, dit is so goed die man het klaar n vonnis uitgedien, patetiese spul met n veskuilde agenda.
spul

Abe ·

Brutus,
Harding was in aanhouding op grond van n ander aanklag. Niemand was borg geweier op hierdie (KFC oprit) saak nie.

Peter ·

Snaaks hoe die afrikaner ” moeg” word as die ras kaart of apartheidskaart gespeel word, tog sien ek op MM 90% van die kere afrikaners wat nie kan wag om ras in te bring nie.

Jan Brand ·

Wanneer gaan ons ou volkie agterkom dat dit net nie die moeite werd is om ander mense te slaan, van bakkies af te gooi of aan te rand nie. Beheer jouself en jy sal beter lewe.

Gert ·

Soos ek die storie lees, was dit erge uittarting. Ek dink min mense kan hulleself onbepaald beteuel wanneer hulle so uitgelok word.

corne ·

Hoe lank wil die staat nog he.Gooi die saak uit die hof want dir duidelik staat het nie bewyse nie en sleep net hulle voete die mense is a deur genoeg trama en het hulle straf gekry

PJC ·

Ek dink mense moet begin besef dat die hele regstelsel ń groot gevaar vir blankes is en hulle gedrag dienooreenkomstig aanpas anders gaan sommige nog baie swaar kry. Geen mens kan net doen en sê wat hy wil nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.