Laaste lid van Rivonia-verhoor sterf

Andrew Mlangeni. Foto: Presidensie/Twitter

Andrew Mlangeni, die laaste oorlewende lid van die sogenaamde Rivonia-verhoor, is Dinsdagaand oorlede.

Mlangeni is verlede Dinsdag in 1 Militêre Hospitaal in Pretoria opgeneem nadat hy gekla het van maagpyn. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend gemaak nie. Hy het verlede maand 95 jaar oud geword.

Pres. Cyril Ramaphosa het sy medelye met Mlangeni se familie en vriende betuig. Ramaphosa was verlede maand deel van Mlangeni se verjaardagviering saam met ander vername gaste soos oudpresidente Thabo Mbeki en Kgalema Motlanthe asook Mangosuthu Buthulezi.

Die ANC het in 1992 sy Isithwalandwe/Seaparankwe, die party se hoogste eerbetoon, aan Mlangeni toegeken vir sy bydrae tot die bevrydingstryd. Hy het in 1999 die presidensiële orde vir verdienstelikheid van oudpres. Nelson Mandela ontvang.

“Mlangeni se lewe was ʼn unieke voorbeeld van heldhaftigheid en nederigheid en hy het gedurende sy lang lewe ʼn baken gebly van etiese leierskap en omgee vir die mensdom in ons eie land en regoor die wêreld.

“Met sy heengaan as die laaste oorblywende lid van die Rivonia-verhoor het Mlangeni inderdaad nou die leiding aan sy landgenote oorgegee om die Suid-Afrika te bou wat hy geveg het om te bevry en tydens ons demokratiese bedeling te herbou.”

Mlangeni se dood volg nadat Denis Goldberg in April vanjaar in die ouderdom van 87 aan kanker dood is.

Goldberg en Mlangeni was saam met Mandela aangeklaagdes in die Rivonia-verhoor en is aan hoogverraad skuldig bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Termiet ·

Ek weet nie hoekom nie maar ek kan net nie ‘n traan trek nie.

MakersMark ·

Ongelukkig al kommentaar is dat die laaste van die Rivonia bomplanters nou daarmee heen in. End van die prent.

Jr ·

Nee ons sal nog vir n duisend jaar nog hoor watse helde hulle was.

Dries ·

Voorbeeld van heldhaftigheid ? Deur bomme te plant en onskuldige burgers te teiken was blykbaar hul maatstaf vir heldedade. Soos wat vandag nog gebeur met hul aanslag op gewone burgers.

Hoekom ·

‘n Held word gesien en sy naam word gehoor, sy aksies word luidkeels uitgeroep en dien as voorbeeld van eerbaarheid! ‘n Held is nie iemand wat ‘n bom plant en gaan wegkruip in die skaduwees, terwyl onskuldige mense ly nie.

Jurg ·

Wat soek hy in 1mil en nog steeds mag my vrou nie haar dr daar sien met haar terminale kanker nie. Sy word net vertel wat vir level 2. Genoeg is nou genoeg

Hennie ·

Die pieperige Apartheids regering moes al laaaankal die skelm houtjie uitgestrek het… Kyk nou hoeveel swaarkry het ons vandag!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.