Laaste pleidooie aan minister: ‘Skole nié gereed’

Argieffoto (Foto: ArtTower/Pixabay)

Onderwysvakbonde en beheerliggaamorganisasies hoop dat die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, vanaand (Sondag) sal aankondig dat die heropening van skole uitgestel word.

Dít nadat vyf onderwysvakbonde en drie beheerliggaamorganisasies Saterdagaand gedurende ’n vergadering met die minister dit eens was – skole is nié gereed om oop te maak nie.

Dr. Jaco Deacon, adjunk- uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het Sondagmiddag aan Maroela Media gesê die organisasies het gedurende die vergadering veral hul kommer uitgespreek oor veiligheidstoerusting vir onderwysers.

Om sake te vererger het sowat 3 500 skole vroeër vandeesweek nog steeds geen lopende water gehad nie. In die meeste gevalle waar watertenks by dié skole afgelewer is, is die watertenks nog nie gekoppel of met water gevul nie, verduidelik Deacon.

Volgens Deacon was die skoolkalender teen Vrydag nog nie aangekondig nie en het sommige skole nog nie die gewysigde kurrikulum ontvang nie. Dít terwyl ander in dié stadium nog geen maskers vir leerders ontvang het nie. Sommige skole het selfs nog nie skoonmaakpersoneel aangestel nie, verduidelik hy.

Hy wys daarop dat die datums vir die res van die leerders se terugkeer skool toe eers Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer is. Die datums vir gr. 1 en gr. 2 is ook nog nie bekend gemaak nie. Dit is omdat die departement oorhaastig is, meen Deacon.

dr-jaco-deacon-fedsas

Dr. Jaco Deacon van Fedsas. Foto: Facebook.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het op sy beurt Sondag gesê daar heers nou onduidelikheid of die skole Maandag sal heropen aangesien sewe van die nege provinsies hoegenaamd nie gereed is om leerders môre te ontvang nie. Die Noord-Kaap het reeds aangedui dat leerders in dié provinsie eers ʼn week later gaan aanmeld.

Volgens Deacon versoek Fedsas nou dat die heropening van skole uitgestel word totdat skole gereed is om leerders terug te verwelkom. “Selfs al word die skole net met ’n week uitgestel soos in die Noord-Kaap. ’n Week gaan nie al die planne van die skolestelsel omvergooi nie.

“Kom ons maak eers seker die onderwysers is gemaklik, hulle het voldoende leermateriaal en die skole se watertoevoer is gekoppel voordat ons oopmaak,” het Deacon gesê.

Volgens Deacon het Motshekga gedurende die vergadering erken dat sy in ’n vorige vergadering ook aangesê is om die heropening van skole uit te stel.

Die minister sal na verwagting 18:00 haar besluit rakende skole gedurende ’n mediakonferensie bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johanncb ·

Hier kom ‘n ding! Op watter ander beloftes gaan hulle terugdraai?

JohanR ·

Nee wat mense. Hou julle kinders by die huis vir nog ‘n week of twee, en bekyk eers hierdie terug keer skool toe vanaf ‘n distansie en sien of dit werk, en sien wat gebeur. Dit kan geen skade doen, of nog meer skade doen. Selfs die Engelse wie se kwarantyn min of meer SA volg, of miskien volg SA die Engelse, is bang vir teruggaan skool toe. Wat gaan gebeur as by 50 skole volgende week ‘n kind of onderwyser, of in die geval van Gauteng, een van die Hitler Jeug Brigade, Covid-19 vang? Dan moet die hele skool weer gesluit word, en besmet word van vooraf, Net EEN kind of ONDERWYSER!

Lorette ·

Seker hopelik ONTSMET word van vooraf, maar verder stem ek 100% met jou saam.

Francois ·

Wat van die ouers wat begin werk more en gehoop het hulle kind kan skool gaan. Hou op suinig wees en laat elke ouer self besluit oor hulle kinders en die skool

Jessey ·

Rig die skrywe aan die minister van COGTA. Sy keer graag besluite om

Willem ·

Skole sal nooit gereed wees in sadtu gebiede nie. Gee tog nou geleentheid vir skole wat se onderwyser hard gewerk het die laaste 5 weke om oop te maak. Ons kan nie wag vir daai klomp wag nie hulle wil nie werk nie

Peetjie ·

Alles word mos tot op 99 gelos en dan flop alles en val ineen… Geen wonder want beplanning is daar nie, kan baie praat, min gedoen…

Lorette ·

Ekskuus almal, maar het enige iemand gedink dat skole gereed sal wees teen Maandag? Ons ken seker almal teen hierdie tyd ons regering? NK het klaar gesê hulle maak nie môre oop nie – ek het 2 kleinkinders in gr 7 in dieselfde skool en ek glo die betrokke skool sal gereed wees, MAAR daar is talle ander skole in ons dorp wat beslis NIE gereed sal wees nie. Baie dankie ANC dat mens NIE op julle kan staatmaak nie!

Sakkie ·

No work no pay dan moet hulle stop om die onderwysers te betaal en ons ouers stop om skoolgeld te betaal

Mathilda ·

Veiligheidstoerusting vir onderwysers??? Wat van die kinders!!!! Die vraag is gaan die kinders veilig wees? Nee ek glo nie so nie

Harry ·

Hiermee geen ontkenning of minagting vir hierdie virus nie. Ons almal gaan dit kry, net soos die SARS virusse.
As ons dit weet. Besef ons nie ons stel die onvermydelike net uit.
Ek is een van daardie ou mense in die hoee risiko groep. Dit kan aaklig wees, my gesondheid nadelig beinvloed, my selfs doodmaak.
Maar my lewe moet aangaan, net soos almal sn. Dis tyd om in geloof op die Here te vertrou.
Net soos soveel Boere wie se lewens elke dag bedreig word deur die wetteloosheid in SA. Hulle hou nie op boer nie. Hulle hou aan met n besonderse geloof dat al word hulle deel van n aaklige statistiek, ons Vader daar sal wees en hulle sal nie ophou om hulle bydrae te maak nie.

Is hierdie nie ons oomblik om ons staal te wys en die lewe te leef en ons afsonderlike bydrae te maak nie?

Anel ·

Het hulle nie 26 jaar tyd gehad om die skole van water te voorsien nie? En wat het hulle die afgelope 2 maande gedoen? Ek weet, dit was te lekker om by die huis te sit en niks doen nie. Baie skole is gereed om oop te maak en kinders kan nie wag om weer te begin werk nie. Hulle besef hul toekoms hang daarvan af. Ek glo ook dat hulle hard gewerk het in hierdie tyd. Maar nou ja. Ons weet watter skole nie gereed is nie en nooit sal wees nie. Hulle gaan in elke geval verwag om net deur gesit te word na die volgende graad.
Wat my verstom as dat niemand griep of verkoue gehad die afglope paar dekades nie, maar nou eweskielik moet mense hul werk verloor, alles moet gegrendel word en mense kan maar van honger doodgaan, solank niemand dalk simptome van ‘n virus het nie.

Willem ·

Waarmee was die vakbonde besig vir 2 maande toe die Wes Kaap gereed gemaak het vir die terugkeer. Sadtu en andere te lui om te werk. Nou het jul n exstra week om niks te doen maar te kerm. No work no pay

Jdb ·

Interessant dat dit juis daardie skole is wat regdeur grendeltyd met onderrig voortgegaan het, wat ook nou gereed is om oop te maak.
En dat dit juis die skole is waar geen onderrig plaasgevind het, wat nou ook nie gereed is om oop te maak nie!
Maar almal het regdeur salarisse ontvang ?!

AC ·

Hoe lank wag julle al dat skole moet oopmaak? Hoe lank het julle tyd gehad om skole te begin regmaak “indien” dit gebeur? Hoeveel ouers was bereid om te help voorberei ?Ek verstaan nie die mensdom nie. Almal kla net ! Jy het die reg om jou kind by jou huis te hou. Kry die skoolwerk by die juffrou en sorg dat jou kind dit doen. Dit is nie die skool of onderwysers wat die virus veroorsaak het nie. Ouers moet proaktief begin raak. Dis jou kind doen wat reg is vir hom/haar. Ons Afrikaners het so trotse geskiedenis en met die wat dit nou uit die curriculum weggelaat word moet ons nou eers wys wat in ons steek.

Chantel ·

TWAK!!! hoekom moet skole wat gereeds is hieronder lei. MY HEMEL!!!

Jacobus ·

Sal nooit ooit gerus wees as Lesufi iewers betroke. Hy moes (soos ander besorgtes) 24/7 gehelp het met gereedmaking van skole in Gauteng. Wat maak hy? – hy gaan meng in met voedselverspreiding en op sy besonderse manier het hy dít ook byna verongeluk. Wat DINK die mense. Die “knock on” effek van die ANC se onvermoeë om enigiets nié op te neuk nie gaan ons land duur te staan kom. En Cyril hierdie keer is nie v Riebeeck nie dis op jou boekie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.