Laaste spyker in Musica-doodskis

(Argieffoto ter illustrasie: Unsplash/Shunya Koide)

Die musiekwinkelgroep Musica se oorblywende 59 takke landwyd sal op 31 Mei vanjaar hul deure sluit. Dié groep het reeds sedert September verlede jaar 19 takke gesluit.

Die res van sy winkels sal oor die volgende vier maande sluit namate die meederheid se huurkontrakte tot ʼn einde kom.

Vikesh Ramsunder, uitvoerende hoof van Clicks, het Donderdagoggend die nuus in ʼn verklaring bekend gemaak.

Musica is in 1992 deur die Clicks-groep aangekoop en het sedertdien een van die land se mees toonaangewende musiek- en vermaakhandelsmerke geword.

Luidens die verklaring dryf Musica die afgelope paar jaar handel in ʼn dalende mark. Die groep skryf dit toe aan die wêreldwye verskuiwing in gebruikersvoorkeur van tradisionele vermaakformaatsoorte na digitale musiek, flieks en speletjies.

Die Covid-19-pandemie was egter die laaste spyker in die musiekwinkelgroep se doodskis, met winkelsentrums, waar Musica-takke kenmerkend geleë is, wat aansienlik minder besoeke gekry het weens die inperkingsmaatreëls om die verspreiding van die virus te help bekamp.

Werknemers van Musica-takke wat sedert September verlede jaar gesluit is, is in ander Clicks-winkels aangestel.

“Die bestuur is daartoe verbind om die personeel, waar moontlik, elders in die Clicks-groep in te sluit,” lui die verklaring.

Die maatskappy sal in April vanjaar meer syfers bekend kan maak wanneer sy halfjaarresultate uitgereik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Wielspore ·

Na my mening is die sluiting van die winkels die gevolg is van swak diens, die werkers ken nie hulle kliente se musiek, werkers staan in groepies en gesels en ignoreer die klient, die betaal punte is nie beman en as jy vir ‘n produk vra dan is dit nie beskikbaar terwyl ander winkels dit alreeds op die rakke het. As jy vra wanneer kom die produk in dan word die skouers opgetrek. In ons 10 laaste besoeke aan Musica iLanga Mall Nelspruit het ek niks gekoop want die CD of DVD wat ons soek is nie beskikbaar terwyl dit in die media adverteer word.

Wondermaarnet ·

Ek het altyd uitstekende diens gekry by die 2 takke waar ek aangekoop het.

Gawie ·

Oor die algemeen altyd goeie diens by Musica gekry, maar koop deesdae self ook aanlyn msiek.

Genis ·

Centurion tak ook, maak nie saak wie jy gevra het nie, hulle het altyd gehelp…

Vonkprop ·

Ek stem in ‘n mate saam. En min dinge irriteer my soos mense wat in ‘n winkel werk wat geen kennis dra van wat hulle in die winkel verkoop nie. Ek sal nie sê swak diens is 100% die rede nie, maar dit speel ‘n baie groot rol verseker. En deesdae kry jy alles aanlyn en dit is meer gerieflik. Nou hoef ek nie meer vir 10 min te verduidelik hoe lyk die kabel wat ek soek nie ek kry dit sommer self aanlyn baie dankie. O ja, dit herinner my aan een spesifieke CD-winkel wat al jare terug toegemaak het. Hulle was weer te oorywerig om te help. As jy daar ingestap het was dit soos ‘n bokkie wat in ‘n leeuhok instap. Almal bestorm jou om te help. Ek het altyd lekker met hulle gespeel deur van een ry na ‘n volgende ry te hardloop net om te sien hoe volg hulle my totdat ek weer uitstap. Die goeie ou dae…

Frank ·

Ja nee, ek stem. Veral as jy die oorspronklike LP’s spotgoedkoop in die hande kan kry!!!

JohanR ·

Hennie….ten minste as jy ietsie in die musiek rugting wou he, het jy ‘n plek gehad om dadelik na toe te gaan. Waar nou?

Sylvia ·

Mense met goeie smaak, en hulle het nie net CD’s verkoop nie!

Sandra ·

Dis nou sad. Dit was my gunsteling plek om DVD’s te koop, die 2 vir ‘n R100 verkoping. Jammer om te hoor dat julle nie meer gaan oop wees nie. Ek het gesien die een in ons winkelsentrum is klaar toe. Kan julle nie miskien aanlyn iets doen nie?

Phillip ·

Ek koop nog cd het nie inter net soos die mense wat dit kan bekostig nie is maar old ckool ekke

Alet ·

Al het ek internet koop ek nogsteeds my cd’s. Love dit en het een hengske versameling.

thejudge ·

@Phillip, deesdae is ‘n maand se internettoegang of wifi goedkoper as ‘n CD.

mynie ·

Swak diens. En Clicks is ook maar die treurigheid vanself. So daai werkers behoort mooi in te pas. Jy moet amper n middag afvat net om iets by die Clicks apteek te gaan koop. Res van die personeel loiter rond, jy kan jou maar doodsoek vir iets, niemand sien dit raak nie. En as jy durf waag vra, laat hulle uitdrukking jou goed verstaan jy pla hulle nou vreeslik. Net die kassiere wat altyd vriendelik is.

Sylvia ·

Dis is regtig slegte nuus, my gunsteling winkel om deur te gesnuffel het. Al die musiek en rolprente wat nêrens meer beskikbaar is nie, het jy by hulle gekry. Dit is ‘n winkel wat gespaar kon gebly het, deur bietjie kreatief te wees en behoeftebepaling te gedoen het hoe om die digitale-wêreld te betrek tot in hulle winkel.

MAGRIETHA ·

Hul het nooit wat jy soek nie,maak altyd verskonings en veral goeie afrikaanse cds nie meer beskikbaar nie so dis geen verlies nie glo ni hul sal gemis word nmie

Dana ·

Ai ek geniet dit om by Musica te koop. Ons plaaslike tak se personeel is baie vriendelik en behulpsaam. Hul het altyd uit hul pad gegaan om ons te help, selfs DVDs of CDs bestel wat nie by hul tak was nie.

Stof ·

Musica is soos ‘n dagwandeling deur Melville. Die uiteenlopende verrassings wat jou skielik bespring vanuit rak-hoekies, die aangename medereisigers op hierdie ontdekkeingsreis en ‘n strelende atmosfeer verfris en restoureer ‘n moë siel tot hernude motivering en kreatiwiteit.
En wanneer die poorte van hierdie geestes-oase verlaat word, kan die dag weer met nuwe krag aangepak word
Hiermee my ode, my pluim aan Musica. Mag daar ‘n uitkoms voorsien word vir hulle oorlewing. As julle gaan, sal daardie leegte wat gelaat word, derduisende treurende eensames agterlaat.

Sylvia ·

Nou verloor mens nog die paar punte ook wat jy op jou Clicks-kaart verdien het. Dit is regtig ‘n groot jammerte. My ondervinding was dat die meeste mense waarmee ek te doen gehad het by Musica het goeie diens gegee en hulle was op hoogte en het hul winkel geken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.