Laaste verontregte DKD-lid nou aangestel

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Die vakbond Solidariteit het Vrydag gesê die laaste lid van die departement van korrektiewe dienste (DKD), wat weens onbillike diskriminasie oor die hoof gesien is vir bevordering, is terugwerkend vanaf 1 Desember 2010 aangestel en vergoed.

Die departement het versuim om gehoor te gee aan die uitspraak van die konstitusionele hof in 2016, wat beslis het sewe werknemers van die DKD moet bevorder en terugwerkend vergoed word.

Deric Wehr, een van die sewe DKD-lede, is oor die hoof gesien vir bevordering en/of vergoeding. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het Solidariteit ʼn minagtingsbevel teen die DKD bekom dat indien Wehr nie aangestel en/of vergoed word ooreenkomstig die posisie wat hom toekom nie, sou Solidariteit geen ander keuse hê as om voort te gaan met die minagtingsaak, wat op 21 April 2017 aangehoor sou word nie.

“Solidariteit is bly dat hierdie aangeleentheid ná baie jare se regstappe suksesvol afgehandel is en die applikante uiteindelik hul regmatige plek in die DKD kan vol staan,” het Van der Bijl gesê. “Dit is egter jammer dat die publiek in hierdie tydperk ontsê is van die effektiewe diens wat hierdie amptenare kon lewer en dít slegs op grond van hul velkleur.”

Hy het gesê hy glo die DKD het hierdeur “ʼn duur les geleer” en besef die uitsluitlike najaging van rassekwotas is ongrondwetlik. “Solidariteit hoop die departement sal voortaan ʼn meer genuanseerde benadering tot regstellende aksie volg, waar meriete die hoogste maatstaf is by aanstellings en bevorderings.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

humor ·

n Lang handeklap vir ons solidariteit. Baie dankie ons het waardering

Johannes van Rooyen ·

As dit nie vir julle tipe organisasies was nie was SA lankal ten gronde ZUMA EN ANC SE BELANG IS NIE TOT VOORDEEL VAN ALLE MENSE IN SA NIE hulle doen net die selfverreiking ding en te hel met die res

DPJ ·

Dit lyk nie of DKD hul soos die ander hulle regtig aan enige hof uitspraak steur nie.
Knap gedaan.

sioux ·

die rassekwotas rïuneer soveel “Nie swart” lewens in SA. wat regtig baie hartseer is, us how blankes toekyk wat aan ander blankes gedoen word en nie n word sal rep nie. dit het algemene praktyk geword waar n blanke in die werkplek 60 Nader om enige misstap teen hom/haar in te span en aan te kla. dan word hulle wie nod n lonende bydrae kan lewer afbetaal. watter kans het hulle om weer werk te kry?

Dirk ·

Ja nee is swaar as n lersoon oor gesien word as gevolg van jou vel kleur. Kyk al die sosial.media univorm daende persoon wat n belaglike vernedering vir ons staats dien is. Moet mense regtig rasse kwotas jaag en jou lede wat wat DKD se naam hoog kan dra agter laat? Nee wat WELDONE solidariteit jul sou gou van my ook hoor.

Lw ·

Wat van die Polisie? Hul jaag net so rassekwotas na, en kyk net vas in velkleur.
Dis waarom die SAPD so korrup is en deurtrek met skandale – hulle jaag kwantiteit na en nie kwaliteit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.