Laaste week vir beswaar teen Brandfort-naamsverandering

Winnie Madikizela-Mandela se huis in Brandfort (Foto: Heritage Portal)

Inwoners van Brandfort kan vir die volgende week nog beswaar aanteken teen die dorp se voorgestelde naamsverandering na Winnie Mandela.

Die VF Plus het ʼn griefskrif opgestel om inwoners van dié Vrystaatse dorp in staat te stel om elektronies beswaar teen die naamsverandering aan te teken.

Beswaar kan tot en met 4 September aangeteken word.

Die opposisieparty meen die ANC is onverantwoordelik om Brandfort se naam te wil verander terwyl daar veel belangriker diensleweringsprioriteite is.

Armand Cloete, VF Plus-LP in die Vrystaat, sê in ’n verklaring die naamsverandering is niks anders nie as ʼn verkiesingsfoefie om die aandag van swak dienslewering af te trek.

“Die voorgestelde naamsveranderinge sal onaanvaarbare finansiële gevolge vir alle sfere van die regering inhou. Die verandering sal geensins bydra tot armoedeverligting, infrastruktuurontwikkeling of plaaslike ekonomiese groei nie.”

Cloete sê voorts die ANC misken intussen die geskiedenis en ontwikkeling van die dorp met die voorgestelde naamsverandering van Brandfort na Winnie Mandela.

“Dié naamsverandering sal ʼn verbreking wees van die ooreenkoms in 1994 dat munisipaliteite nuwe name gegee word terwyl dorpe en stede se name behoue bly. Daarom word die munisipaliteit Masilonyana genoem en bly die naam van die dorp Brandfort behoue as erkenning aan en ʼn gelyke uitbeelding van die geskiedenis en ons diversiteit.”

Nathi Mthethwa, minister van sport en kultuur, het vroeër vandeesmaand aangekondig dat Brandfort voortaan Winnie Mandela sal heet ter ere van wyle Winnie Madikizela-Mandela, oudpres. Nelson Mandela se eksvrou.

Die beplande onthulling van die naam is intussen uitgestel omdat die departement van sport, kultuur en rekreasie glo nie gewag het vir die 30 dae “afkoeltydperk” om te verstryk voordat hulle die naam amptelik bekendstel nie.

Volgens wet moet daar ʼn tydperk van 30 dae gegun word om besware teen ʼn naamsverandering in te dien.

Klik hier om die VF Plus se griefskrif te teken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

JM ·

34% werkloosheid in die land, maar die ANC het geld om name te verander!

Blomme ·

Vele mense in die land krepeer van die honger en vele smag vir ń werk… Maar daar is geld vd vermorsing op ń onbenullige naamsverandering. Waar lê die mense prioriteite?

mattk ·

Nathi Mtethwa het geen idee wat geskiedenis of sport aanbetref nie en is onbevoeg (net soos ‘n hele klomp van sy mede kaders) vir die pos wat hy beklee. As kommiearis van Poolisie het hy eennaand ttydens ‘n prysuitdeling net so simpel uitlating gemaak om te sê die spesifieke sport behoort ‘n olimpiese item te wees. Pert Elizabeth se nnaamsverandering is ook ‘n aanduiding van sy totale onbevoegdheid. Gaan ry gerus deur Brandfort en aanskou die agteruitgang van die dorp. Hoekom vernoem hulle dit nie na oud President Blackie Swart wat jare langer as Winnie in Brandfort omgewing gewoon het nie?

SomeOne ·

mense, julle kan maar skop en krap, anc het klaar besluit en dit sal so wees, net soos die ander naamsveranderings wat onlangs gedoen is, hulle voel o (zero) vir hul maatjies wat honger ly

Mallie ·

As hulle die name wil verander moet hulle selfcdie k9stes dra. Hoekom moet ons ons geld spandeer en dan nog vir fie agtergeblewendis ook nog dorg.

Ian ·

Hierdie naams verandering is maar net om aandag af te lei dit is al waarin die minister Nati goed is en dis dit. Jy kan nie geskiedenis uitroei so nie en winnie het mense vermoor met haar necklace petaljes. Die wreedste moorde waaraan jy kan dink. Hulle moet net seker maak dit is ook op die naam plaatjie.

Jaco ·

In 1961 is die SAUK se FM toring in Brixton voltooi. Dadelik het dit die naam Albert Herzog Toring gekry; vernoem na daardie jare se Nasionale Party minister van pos- en telekommunikasie. In 1969 het Albert Hertzog gróót stry met die Nasionale Party gekry, die party verlaat en die verregse Herstigte Nasionale Party gestig. Feitlik onmiddellik daarna is die Albert Hertzog Toring se naam na Brixton Toring verander. So, naamsveranderings na gelang van hoe die politieke wind waai het toe sowaar in die ou SA ook voorgekom. Hoekom was dit dan toe nie ‘n probleem nie?

Hennie J ·

Laat hulle die naam verander. Die nuwe naam is sinoniem met die vlak van dienslewering aan die mense van Brandfort en hulle kan dus maklik die nuwe naam met die dieslewering vereenselwig.

Hoekom ·

Name kan weer verander word.
Oorwinnings arrogansie kan lei tot ‘n nederlaag, soos gesien in Afghanistan. Niks is konstant of “set in stone” nie.

Al wat hulle hierdeer bereik is die polarisering van ‘n gedeelte van die populasie en dit sal altyd lei tot teenstand, verset of op die uiterste burger oorlog …

Winnie ·

Ek stem vir naamsveranderinge want die algehele verval pas by die name. Ons voorouers sou hulle doodgeskaam het vir plekke soos dit nou lyk. Daar is ‘n paar name wat ek sou voorgestel het vir party plekke maar hierdie is ‘n familie forum

Lood ·

Hoekom wil hulle die dorp vernoem na ‘n krimineel? Noem dit eerder Kuga – dis immers die Ford wat die meeste brand.

Harley Davidson ·

Ek verstaan nie hoekom die VF+ hulle energie spandeer op dinge wat onvermydelik is in ‘n piesang Republiek nie begin onderhandelinge vir ‘n onafhanklike tuisstaat.

Swerwer ·

Gaan voort, mors geld om name te verander, as mens onnosel is bly jy onnosel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.