Laat aansoeke vir 2018-skooljaar sluit dán

skool

Argieffoto

Die Gautengse departement van onderwys het Donderdag gesê laat aansoeke vir die 2018-skooljaar kan nog net tot Vrydagaand om middernag (10 November) ingehandig word.

Die aanlyn aansoekvorm is op 1 November vir laat aansoeke oopgestel.

“Aansoeke is weer heropen om ouers wat die 12 Junie-sperdatum misgeloop het, nog ʼn geleentheid te gee om aansoek te doen. Laat en nuwe aansoeke sal egter nié in Januarie 2018 verwerk word nie aangesien Gauteng-skole dan vol is,” lui ʼn verklaring van die departement.

Steve Mabona, ʼn woordvoerder vir die departement van onderwys, het gesê die departement moedig alle laat aansoekers aan om dringend hul aansoek aanlyn in te dien.

Ouers wat aansoek gedoen het tydens die toelatingsperiode in Mei vanjaar, maar nog nie geplaas is nie, word aangemoedig om die distrikskantoor te besoek of ʼn e-pos na [email protected] te stuur vir dringende hulp.

“In dié gevalle hoef ouers nie weer aansoek te doen nie aangesien hul besonderhede reeds op die stelsel is,” lui die verklaring.

Mabona het gesê daar is meer as 2 000 openbare skole in Suid-Afrika waarvan 402 skole meer aansoeke ontvang het as waarvoor hulle plek het. Dié skole sal nie laat aansoeke aanvaar nie.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het gesê die departement sal verseker dat alle aansoeke wat betyds ontvang word, plasing by ʼn skool kry.

Vir meer inligting, skakel die inbelsentrum by 0800 000 789.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.