Laat boewe harde arbeid doen – Ramaphosa

Precious Ramabulana (Foto: Facebook)

Pres. Cyril Ramaphosa sê diegene wat hulle skuldig maak aan geweld teen vroue en kinders moet harde arbeid verrig in gevangenisskap.

“Dit moenie lekker wees vir misdadigers in die tronk nie. Hulle moet harde arbeid verrig. Verkragters, moordenaars en aanranders moet besef hulle doen verskriklike dinge aan die samelewing,” het die president gesê ná afloop van ʼn besoek aan die familie van die student Precious Ramabulana (21), wat in Mokomene in Limpopo vermoor is.

Die VF Plus het dié uitsprake verwelkom, terwyl die DA gesê het dit druis in teen die Grondwet.

“Die VF Plus steun nog altyd die idee van dwangarbeid vir gevangenes, veral dié wat aan ernstiger misdade skuldig bevind is,” sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Groenewald sê die VF Plus sal wil sien dat nie net mense wat geweld teen vroue en kinders pleeg nie, maar alle geharde misdadigers wat ernstige oortredings begaan, soos moord, verkragting en gewapende roof, nie in die tronk is om die lewe daar te geniet nie. “Hulle moet harde arbeid verrig soos om onder meer hul eie kos te produseer sodat die belastingbetaler nie boonop hoef te betaal vir duisende gewetenlose misdadigers se sorgelose verblyf in ʼn gevangenis nie.”

Hy sê ander voorsorgmaatreëls soos ʼn volledige register vir seksoortreders is wel belangrik, maar nog belangriker is dat ʼn gevangenis weer ʼn plek word wat vrees inboesem en waar ware rehabilitasie kan plaasvind.

“Dit gebeur te veel dat mense wat ernstige misdade pleeg, dieselfde misdaad net weer pleeg kort nadat hulle vrygelaat is. Dit wek ten regte die indruk dat ʼn gevangenisstraf geen doel dien as afskrikmiddel nie.”

Volgens Groenewald is die misdaadsyfer in Suid-Afrika onaanvaarbaar hoog en veral die hoë voorkoms van ernstige geweldsmisdade wek die indruk dat misdadigers nie ontsag het vir die land se strafregstelsel nie. “Dit moet verander.”

Glynis Breytenbach, DA-skaduminister vir justisie, het egter gesê die DA stem nie saam met dié uitlatings nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Johann Burmeister ·

DA julle sal soveel stemme verloor agv dit. Wat van die Grondwetlike regte van slagoffers, nee dit bestaan nie. Harde hande arbied sal werk. Dankie Ramaphosa ek hoop jy hou by jou woord

Jan ·

As jy n veroordeelde misdadiger is, het jy jou grondwetlike regte prysgeggee net soos toe jy die misdaad geplweg het en jy n wetsgehoorsame burger se grondwetlike regte geskend het. Harde hande arbeid is wat nodig is geen freebees nie

Cherokee ·

Nou wag ons vir die lokale DA-lede se commintaar. Kom ek wed dit gaan redelik stil wees van hulle kant af.

Chris ·

Daar verloor die DA die enigste hoop om ooit weer aansien te wen as die amptelike oposisie te wees met hul kortsigtigheid om die misdadigers se regte bo die van gewone landsburgers op te stel. Harde hande arbeid en doodstraf is al wat sal help.
Intussen lewe die goed verniet met alle voorregte en werk nie vir hul hotelverblyf nie. Geen wonder die wêreld is in sy kanon nie want almal het kwansuis regte al kan hulle nie tussen reg en verkeerd onderskei nie. Haal hulle uit die samelewing.

De Villiers ·

@Chris, hoe haal jy die woorde uit my mond. As die DA nog nie geleer het dat jy stemme gaan verloor indien jy nie rasioneel en objektief dink, optree of uitlatings maak nie, dan sal hulle seker nooit uit hul foute leer nie. Dis maar net nog ń bewys dat die DA misdadigers se regte bo dié van slagoffers stel, net soos die ANC en EFF, en nie die gewone landsburgers voorop stel nie. Dankie DA, julle is die beste bemarkers vir die VF+.

Herman ·

Dieselfde regeering het harde arbeid gestaak in 1994. Volgens hulle en die Sa raad van kerke en HRC tans dit hulle mense regte aan en het hulle die reg om te besluit of hulle wil werk of nie. Dus kan hulle ongelukkig nie gedwing word om harde arbeid te doen nie.
Ek stem vir bring terug die “chain gangs” laat hulle werk en terug betaal aan gemeenskap

Lollie ·

Dankie mnr die president! Lyk my jy begin lig te sien! Hoop net hy bly by daardie besluit

Willem Grobler ·

Dit druis in teen die misdadiger se grondwetlike regte?? Enige misdadiger se grondwetlike regte behoort summier opgeskort te word. Hoekom moet daar kommer wees oor ‘n mislike m$&r wat ‘n meisie verkrag en vermoor se grondwetlike regte??

Frikkels ·

Ek stem met jou saam Chris. En die DA het nog nie eers herstel van hulle vorige sotlike uitsprake nie en daar gly hulle sowaar weer op ñ piesangskil. Misdadigers verbeur hulle regte wanneer hulle ñ misdaad pleeg!

Vonnie ·

Hierdie keer moet ek saam met Cyril stem en vir die DA wil ek sê julle het jare terug al my stem verloor.

Johanna Botha ·

Tronk is n hotel al gehoor mense wat uitkom pleeg weer n misdaad om te kan terug !

Frikkie ·

Ja ek stem , in die ou dae het hulle gewerk , paaie gebou , Dan is daar koste bespaaring , Nou sorg ons v hulle , Ja Da val van die brug, Die ouens wat nog da stem , moet hulle koppe laat lees

magda ·

Ek stem 100% saam – HARDE ARBEID VANAF 6UUR DIE OGGEND TOT 6 UUR DIE AAND. en dit meot vir ALLE moorde geld.

June ·

Die DA met hulle menseregte vir misdadigers dit is pateties, wat van die arme slagoffer se regte? Die grondwet is in elk geval net daar vir n eyeblind.

EO ·

Die “dit moenie lekker wees nie” moet vir ALLE oortredings geldig wees. Dan sal daar DALK minder moorde ook wees??

Realis ·

“Let the punishment fit the crime” Laat moordenaars in lykshuise en begraafplase werk. Spoedvrate kan in hospitale se trauma eenhede gaan werk. Witboordjie skelms kan gebruik word om die regering se boekhoustelsels te probeer uitsorteer. Vroueslaners kan by gimnasiums as oefenmaats “sparring partners” gaan diens doen. Taxi bestuurders wat oortree moet hulle passasiers met riksjas vervoer. Ons kan die land se ekonomie miljarde spaar op die manier. Ons moet net so ‘n bietjie buite die boks dink.

Anoniem ·

Ek hou van jou manier van dink. BEHALWE ek sal sal nie wil he^ ‘n spoedvraat moet my help in die hospitaal nie – weet nie of hulle versigtig sal werk met my nie! Hulle kan ook maar in die lykshuise gaan werk. Laat hulle lykskouings bywoon van mense wat gesterf het in motorongelukke.

Hexadane ·

Toe ek jonger was was daar n tv program met die naam 7th heaven. In daai reeks was daar n toneel waar die kind vir sy pa gese het dat dit sy reg was om iets te doen, op sy beurt het die pa ge-antwoord “A right is a privilege and a privilege can be taken away”. So as n krimeneel moord pleeg of diefstal of enige kriminele aktiviteit doen verloor hy net daar sy mense regte in my oe. Die grondwet behoort aangepas te word om dit ook so uit te druk. Dink net hoeveel geld ons belasting betaalers kan spaar as gevangne ons paie moet reg maak en gras sny en ons land weer opbou, Shaks daar skrik ek wakker dit sal nie sommer gebeur nie.

Bach ·

Jy is reg dis net praatjies. Het CR al opdrag gegee dat wat hy gese het, uitgevoer MOET word?

Sarel ·

DA, beywer julle eerder vir die verandering van die grondwet om die misdadiger se lewe hel te maak, maar nee, julle wil liewer voort gaan om die wetgehoorsame burgers hul menseregte te ontse.

Lynette ·

Ag Glynnis Breytenbach, skrik wakker asb!!!! Ons voel almal dieselfde oor die geweld en dat misdadigers glad nie regte behoort te he nie!!!! Waar val jy uit die bus??? Of is dit nou net n geval dat julle met niemand sal saamstem as die voorgestelde nie van julle afkom nie??? Word groot man, en hou op twak praat.

Judge Dredd ·

Die DA sal wag totdat die idee populer genoeg is, dan sal hulle dit kaap en afmaak as hulle idee.

Johann ·

Die DA sal nooit weer by my ‘n stem hieroor kry nie. Viva VF Plus

Maljan ·

Glynis het vergeet hoe hulle harde arbeid op haar kar toegepas het sonder dat hulle gevangenes was. Dalk wil sy hulle kos sponsor. Laat hulle werk om hulle bestaan in die tronk te regverdig. Tuin maak, kos verbou, klere maak, meubels maak, laat hulle aan die einde van die dag nie loer na n medegevangene om te verkrag nie, maar moeg is en met waardigheid kan gaan slaap in die wete hulle het hulle bestaan verdien. Laat hulle almal om die beurt natuurlik die dorp se strate en geboue skoonmaak. Hulle het hulle slagoffer geen menseregte gegun nie, hoe kan iemand soos Breytenbach menseregte aan hulle eis?

Etienne A ·

Stem volkome saam met die idee. Misdadigers het ‘n vakansie in die tronke. Hulle moet weer in die son sit en klippe kap.

Anoniem ·

Die menseregte van slagoffers behoort swaarder te weeg as die menseregte van misdadigers.

En ek voel dat niemand in die tronk stemreg moet he^ nie.

Linda J ·

Geen gevangene moet stemreg hê nie. Hulle moet damme, paaie en skole bou en die strate skoon hou. Hulle moet slawe wees soos in die Bybel se tyd, as hulle nie wil werk nie dan word hul geslaan met die sambok. Hulle moet ook geen betaling kry vir die werk wat hul verrig nie. Hulle moet ook geen vleis in die tronk kry nie. Die tronk moet ‘n plek van hel wees, en nie ‘n hotel nie.

Veerpyltjie ·

Tot nou toe het die DA nog altyd my stem gekry aangesien ek in Kaapstad woon. Na Me Breytenbach se uitlatings voel ek nie daarna om ooit weer DA te stem nie! Myns insiens gee misdadigers al hul regte prys sodra hulle ander mense ‘n reg om te lewe sonder vrees van verkragtig of die verlies van jou swaarverdiende bates ontneem. Moordenaars het alreeds die reg om te lewe wat hul slagoffers nie meer het nie. Dit is genoeg begenadiging – die res moet hulle voor werk!

Belinda ·

Laat mens wonder waarvoor staan die DA. Net hier verloor hul stemme, myne in elk geval. En so sal die boodskap uitgaan na een en elkeen van ons. Klink of DA vir misdaad, moordenaars, verkragters, diewe…ens is. Al die goed is aan die orde van die dag. Want dis te lekker in die tronk. Hulle eet lekker, hul kry n oorpak om aan te trek, hul het n bed om in te slaap, hul het kos op die tafel. Hulle kry geleerdheid gratis in die tronk. TV kry hulle. En daar is nog baie wat ek so kan opnoem. En die lekker van die alles, ek en jy betaal daarvoor. Hy/sy teer op mense deur misdade te pleeg. En dan word hy vrygelaat op goeie gedrag om maar net weer n miosdaad te pleeg om terug te gaan tronk toe, want hierbuite is te woes. Banggat did wat ek hul noem, want daai een weet wat le vir hom en wag om die hoek. Hy maak dit dalk nie eers tot die hoek nie, want dalk word hy/sy vermoor. So dis maklik kom ons doen aan ander wat ons nie aan ons gedoen word nie, want dan kry ek n lekker lewe. GRATIS!!!!

Tinkie Joubert ·

Stuur almal wat moord pleeg Botswana toe! Daar boet hulle met hulle lewens…. dis wat elke moordenaar verdien indien hy iemand se lewe neem!

A Mac ·

Dit wil ek nog sien. Net soos al die bright ideas wat die regering so elke nou en dan opper is hierdie ook maar net ‘n candle in the wind, ‘n vlammetjie wat flikker net om ‘n winderige dood te sterf. Tronkvoëls in ons land het meer voorregte as wetsgehoorsame burgers.

lk ·

Sopas is julle almal ingestem vir die nuwe DA leiers hoor. Ek stem sommer al vandag vir julle. Bravo of Mandla, ek weet nie of ek dit reg spel nie maar julle is slim julle sal weet wat ek wil sê!!!!

Judge Dredd ·

Ai tog, hy is klaar president, en nie ‘n baie goeie ene nie.

@ Judge Dredd ·

Hy is na my mening ‘n verbetering op ons vorige president en enige verbetering is beter as geen verbetering. Ek gee hom ‘n kans want ek kan dink hoe moeilik dit moet wees om die nonsens wat die vorige president aangevang het uit te sorteer. Rome is nie in ‘n dag gebou nie en oordeel het nog nooit enige situasie opgelos nie. Daar het al verbetering gekom onder sy leiding, kom ons bid liewer vir hom as om hom te veroordeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.