Laat Cele self betaal vir Nkandla-kuier – DA

Bheki Cele, minister van polisie, tydens sy besoek aan oudpres. Jacob Zuma by Nkandla. (Foto: Dudu Zuma-Sambudla/Twitter)

Die DA eis dat die minister van polisie, Bheki Cele, self opdok nadat hy oënskynlik van ʼn polisiekonvooi gebruik gemaak het om na Nkandla in KwaZulu-Natal te reis vir ʼn besoek aan oudpres. Jacob Zuma.

Cele se besoek aan Zuma volg kort op dié van die EFF-leier Julius Malema, wat ook vir ʼn koppie tee by Nkandla ʼn draai gaan maak het. Malema het in ʼn helikopter by die opstal aangekom.

Natasha Mazzone, die DA se hoofsweep, sê die minister se kantoor het vroeër bewerings ontken dat hy met die oudpresident in sy amptelike hoedanigheid as minister vergader het.

“Die ANC het nou ook gesê [Cele] is nie in sy hoedanigheid as ANC-lid na Nkandla nie,” sê Mazzone.

Maroela Media het vroeër berig Cele het nie veel uitgewei oor sy besoek Donderdag aan Zuma nie, maar wel dat hy van die oudpresident se bekommernisse aangehoor het.

Cele is na Nkandla kort ná Zuma se minagting van ʼn bevel van die Konstitusionele Hof dat hy voor die Zondo-kommissie na staatskaping moet verskyn en getuig.

Die DA het die byeenkoms verlede week as oneties en strydig met die parlement se gedragskode beskryf en gevra dat die parlementêre etiekkomitee Cele se gedrag ondersoek.

Mazzone sê nou dit is veilig om aan te neem Cele se besoek aan Zuma was ʼn “sosiale” geleentheid waarvoor die belastingbetaler betaal het.

“Cele moet die geld terugbetaal en die staat vergoed vir dié besoek wat duidelik een tussen vriende was. Selfs al het hy in sy hoedanigheid as lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee gegaan, moet van hom verwag word om die staat te vergoed.

“Daar kan nie van Suid-Afrikaanse belastingbetalers verwag word om die rekening te betaal vir die ANC se nimmereindigende interne melodramas nie,” sê Mazzone.

Sy sê die DA glo omdat openbare geld oënskynlik betrokke was by die vergadering tussen Zuma en Cele, moet die geld ten volle terugbetaal word en besonderhede oor die besprekings moet bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Zacahara ·

Stem saam: betaal ons belastingbetalers se geld terug!!!

Baardman ·

Self betaal met ons belastingbetalers se geld. Ons betaal mos anyway sy salaris

JohanR ·

As ek na die prentjie kyk dan dink ek dat daar eens op ‘n tyd intellektueles in die ANC!

Suzette ·

Ek stem saam dat hoed self moet betaal, maar dit sal nie gebeur nie – sal gesê word dit was in die “land se belang” . Het ‘n A+ gekry vir vermorsing.

Magda ·

Word terug betaal met in elk geval ons belasting betalers e geld – WAT NIE HY OF RAMAPHOSA VERDIEN NIE. – KLOMP KORRUPTE SKELMS

Alet ·

Ons betaal in elk geval vir almal om oorsee te rits en vakansie te hou. So Nkandla kuiertjie is seker maar ok?

Nie Verbaas ·

Dink net, as Zuma nou agter tralies was was dit soveel goedkoper om hom te besoek. Al die besoeke is seker om Zuma te smeek om nie ander ANC kaders se geheime uit te blaker nie. Dan sink die hele skip.

Genis ·

Hulle is die skik met hullself… Belaglikke klomp tjotsies….

Hans ·

Ja, laat hul sommer tyd aftrek van sy salaris. Ons betaal hom nie vir sosiale besoeke nie. Hy moet ook vir onregmatige gebruik van staats voertuie aangekla word.

Ansie ·

Sal Cele ook so ‘n “welwillendheidsbesoek” by private burgers aflê wat weier om voor die Kommissie te verskyn. Tyd dat Zuma eevoudig vasgevat word sonder inmenging van die ANC. Die belastingbetalers moet hoegenaamd nie ‘n verdere sent uithaal om die “vermeende” skelm blikskottel uit die tronk te hou nie.

Jakes ·

Cele doen alles behalwe sy werk. Ek kan maar net lag as ek na die ANC se onbevoegdheid kyk. Dat sulke narre ons moet regeer slaan my verstand te bowe.

Ria ·

Natuurlik moet hy betaal. Waarvoor het hy n polusiekonvooi nidig as dit nie amptelik was nie

Petrus ·

Hy en sy bodyguards lewe te lekker en mors die laast bietjie van on tax geld want hy werk mos nie self vir dit nie.

minnie muis ·

WANT HIER BROEI IETS….. HUL BEPLAN STAAT OORNAME ……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.