‘Laat De Kock en Derby-Lewis vry’

Clive Derby-Lewis (L) Foto: Radio Pretoria; Eugene de Kock (R) Foto: OFM

Clive Derby-Lewis (L) Foto: Radio Pretoria; Eugene de Kock (R) Foto: OFM

Alex Boraine, voormalige ondervoorsitter van die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK), het ‘n beroep gedoen vir Eugene de Kock en Clive Derby-Lewis se vrylating op parool, het die Sunday Times berig.

“Dit is tyd. Die paroolraad het hom [De Kock] in die steek gelaat,” het Boraine in ‘n onderhoud met die koerant gesê. “Ek dink [Chris] Hani se moordenaars moet ook vrygelaat word.”

Boraine sê een van die redes hoekom De Kock op parool vrygelaat moet word, is omdat hy die val gevat het vir hooggeplaaste apartheidsbeamptes.

“Hy was sleg en vrot maar hy het bevele gehoorsaam en ‘n groot aantal mense het skotvry daarvan afgekom. Hy het sy tyd uitgedien.”

Boraine sê hy glo De Kock se vrylating sal bydra tot “versoening”. Michael Masutha, minister van justisie, het vroeër die maand aangekondig dat De Kock nog ‘n jaar moet wag voor sy aansoek om parool oorweeg sal word sodat die familie van sy slagoffers geraadpleeg kan word.

Derby-Lewis en Janusz Wallus dien tronkstraf uit vir die moord op Chris Hani, voormalige sekretaris-generaal van die SAKP.

Die departement van korrektiewe dienste het verlede maand gesê hy sal dringend aandag gee aan Derby-Lewis se aansoek om op mediese parool vrygelaat te word aangesien hy terminaal siek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trippie ·

Natuurlik moes AL DRIE al vrygelaat gewees het.

Eugene HET inderdaad bevele uitgevoer, maar ek het ‘n baie sterk vermoede dat hy nie vrygelaat sal word nie, juis ook omdat hy in Rapport Genl. vd Merwe gekritiseer het, en andere. Hy weet te veel !

Dieselfde geld Oom Clive.

Mense, laat ons aanhou bid vir hul vrylating.

Trippie ·

“U deel nie die publiek mee dat genl. *********** ten tyde van die Maponya-voorval reeds ’n senior vol kolonel was en later die nasionale hoof van die veiligheidspolisie se inspektoraat geword het nie.

“Ek, daarteen, was ’n junior kaptein wat in daardie stadium onder kol. ********* se
bevel gedien het,” skryf De Kock.

“Niemand moet die indruk kry of dink dat ek aanspreeklikheid ontken of enige
optredes en die gevolge daarvan probeer ontduik nie.”

De Kock skryf hoekom daar volgens hom geen getuienis is van hoëvlak-aandadigheid nie:

“Tydens die verskeie kommissies, en veral die Harms-kommissie, het generaal
(toe nog brigadier) *********** alle verklarings opgestel. Ons moes net teken.

“Die polisie kon dit nie waag dat ons self verklarings opstel nie. Eiseregisters, reis- en verblyfregisters, dokumente soos veiligheidsverslae en elke moontlike bewys is opgespoor en verwyder of vernietig.

“Só wis ons alle rekords en bewysstukke uit om ons self te vrywaar.

“En dan later, met ironie wat dodelike gevolge het vir jouself, het jy self geen bewysstukke om jou eie saak te staaf nie.”

De Kock skryf: “Om te dink dat ek, omdat ek die minste geag is voor die verandering van regering, en daarna so prominent die sondebok moes word van die
ou bestel, soveel geweet het.

“Hoeveel te meer weet u en die ander dan nie, generaal!

“Ek is gebruik om jou en al die ander soos jy se tuimel van ’n baie hoë hoogte te breek.”

De Kock gee dan ’n paar gevalle om Van der Merwe se “geheue te verfris”:

1. ‘LSD-eksperimente’

* “In 1979-’80 besoek
u Koevoet se paar lede in Oshakati in die destydse Suidwes-Afrika. ***** sit aan die hoof van die tafel, die senior persoon in beheer van die gesprek.

“Sy Afrikaans is pragtig, suiwer en duidelik. Hy vertel ons hoe hy self met die verbode LSD op van die gevangenes in veiligheidspolisie-aanhouding
eksperimenteer.

“Om hulle te laat praat en inligting te laat gee.

“En reg oorkant my kyk ek na ’n kantoor met kaste en kaste vol blikkiesvleis
wat met dubbel-dosisse tallium behandel is; net reg vir aanwending indien nodig.”

2. ’n Plofstof-krisis

* De Kock skryf die
Oos-Rand-veiligheidstak “neem die ondervraging van ’n Inkatha-lid te ver” en hy
sterf.

“Ek word genader vir hulp. Ek gee raad én verskaf Oosblok-vervaardigde
springstof en ontstekers.

“Maar die poging om die toneel na sabotasie of poging tot terreur te laat lyk, loop heeltemal skeef weens die lede se gebrek aan ondervinding met springstof.

“Dit lei tot ’n krisis wat die veiligheidstak-lede gaan ontbloot. Ek nader genl. **********. Hy reël dat genl. ********** die springstof-toneel besoek, ondersoek en hanteer. Die saak word so ‘reggetrek’. Alles is reg. Probleem opgelos.”

3. Die
‘tube’-probleem

* “Laat een aand kry ek ’n oproep van kapt. **********, bevelvoerder van die
veiligheidstak op **********. ‘Heeelp!!!’ gil hy oor die foon. ‘Ons het ’n man vermoor.’ Ek stuur twee ­lede van seksie C.1 om hulp te verleen. Ons is goed vir die vuilwerk! Die **********- veiligheidstak-vermoorde, Sweet Sambo, verdwyn.

“Hy is met die ‘tube’-metode vermoor. Die binneband word oor die mond en neus
getrek.

“Suurstof-ontneming lewer, met enkele uitsonderings, al die gewenste inligting op.

“Genl. ********** is nie beskikbaar nie, en ek lig kol. ********** in wat op sy beurt genl. ********** inlig.

“Hulle vlieg summier met die veiligheidstak-helikopter na die Skwamaans-polisiebasis naby Komatipoort op die pad na die dorpie Naas.

“Daar moet opgeruim word en ‘skoongemaak’ word.

“Kol. ******* lig my die volgende oggend in dat hulle nog die binneband met speeksel, slym en bloed aan op die toneel gekry het, sowel as ander bewysstukke.

“Geen vervolgings vind plaas nie. En die laaste keer wat ek met oud-kapt. ****** gepraat het, was hy baie tevrede met homself.”

4. ‘Toe trap hy op sy kop’

* De Kock vertel van ’n voorval in die destydse Wes-Transvaal waarin “drie of vier” mense doodgeskiet is.

“Lt. ********** loop na (die) gewonde, bejaarde man. Hy trap sy kop onder in ’n poel water vas en bly op sy kop staan totdat hy verdrink. Hierdie persone het geen wapens gehad nie, nog geen misdaad gepleeg nie.

“Maar die drie afgedeelde blanke lede van die seksie se vaders was almal baie
senior lede van die S.A. Polisie se veiligheidstakke. Generaal, brigadier.

“Die ondersoek-beampte van die Pretoria moord-en-roof vind ernstige ongerymdhede en stel dit só in sy verslag. Maar genl. ********* ‘trek’ die saak reg. Alles is in die haak. Geen probleme nie. Hierdie groep manne van u
word ook nie vervolg nie.”

De Kock sluit af:

“Ek wou nooit daar gaan en daardie kissie van Pandora oopmaak nie. Maar laat ek daardie kruis dan ook vir myself baie, baie ligter maak. U verplig my nou, na aanleiding van u aanhoudende druk, om daaroor te skryf. Ek gaan so maak, volledig en duidelik.”

Groete,
Eugene A. de Kock
(Gevangene 94616105)

EMK ·

Hulle kon ‘n bylmoordernaar op parool vrylaat – ‘n WESENLIKE gevaar vir die samelewing en toe gaan moor hy weer. Hierdie mense is beslis geen gevaar vir die samelewing – hoekom kan hulle dan nie vrygelaat word nie. Daar is nie ‘n manier wat 2 ou mans wat ook siek is nou enigsins ‘n gevaar vir die publiek kan wees nie. Hul het hul straf uitgedien. Daar is meer agter die paroolweiering as wat mens dink…

Erich Goosen ·

Ek het nog altyd gevoel dat die Waarheids- en Versoeningskommissie wie se bevindinge destyds gelei het tot die uitdien van langtermyngevangenisstraf, die bevoegdheid (en nie ‘n paroolraad of Minister nie) moet hê om later weer te besin oor die vrylating van hierdie gevangenes.

Peter Says ·

Net die tyd sal leer, hierdie manne het mos wragtig hulle prys betaal…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.