Laat dié SA ingenieurs eerder waterkrisis takel

Solidariteit het ʼn lys met name van bekwame plaaslike ingenieurs aan Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, gestuur. (Foto: Chantall Presence/ANA)

Die vakbond Solidariteit het Vrydag ʼn lys met name van meer as 120 bekwame plaaslike ingenieurs aan Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, gestuur.

Maroela Media het Maandag berig dat 24 Kubaanse ingenieurs na Suid-Afrika ontbied is om die waterkrisis binne Suid-Afrika aan te pak. Die regering het oor die afgelope paar jaar verskeie kere Kubaanse werkers ingevoer om werk in Suid-Afrika te verrig.

Solidariteit meen dat die plaaslike ingenieurs op dié lys meer kundigheid teen ʼn laer koste bied.

“Ons het uitgereik na die minister met ʼn lys van sommige van die land se mees ervare en kundige spesialiste in ingenieurswese, onder wie sommiges meesters- en doktorsgrade het en ander tot 42 jaar ervaring bied. Hulle is almal oorgehaal en bereidwillig om dadelik aan die werk te spring,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

“Ons lys bevat verder spesialiste in verskeie velde van ingenieurswese en projekbestuur, maar indien die minister ander kundigheid benodig, sal ons met die hulp van ons Ingenieursgilde daardie vaardighede ook opspoor. Daar is net gewoon geen verskoning om nie ons eie intellektuele en praktiese hulpbronne te benut nie.”

Hermann het voorts gesê dit is onregverdig dat buitelandse werkers te midde van ʼn werkloosheidskoers van by die 33% ingespan word terwyl daar selfs beter opsies in Suid-Afrika beskikbaar is. Hy het versoek dat die regering aan reeds keelvol belastingbetalers moet verduidelik waarom plaaslike kundigheid nie goed genoeg is nie.

Die VF Plus het ook die invoer van die Kubaanse ingenieurs veroordeel.

“Die ANC se peperduur beheptheid met Kubaanse kundigheid is onbekostigbaar en onaanvaarbaar,” het Wouter Wessels, woordvoerder vir die VF Plus, gesê.

“Dit plaas onnodige druk op ʼn reeds dolleë fiskus en is ʼn klap in die gesig van werklose Suid-Afrikaanse vakkundiges wat oor meer as genoeg kundigheid beskik om alles en meer te doen as dit waarvoor Kubane ten duurste die land ingebring word.”

Sover bekend is die Kubaanse ingenieurs nie by die Ingenieursraad van Suid-Afrika geregistreer (ECSA) nie en het ook nie die nodige akkreditasie wat ECSA erken en hulle toelaat om planne af te teken nie.

“Die ANC se historiese bande en ideologiese verknogtheid aan ʼn kommunistiese diktatuur het oor baie jare ʼn swaar en vrugtelose las vir Suid-Afrika geword,” het Wessels gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Janee ·

En steeds sal hierdie raad nie aanvaar word nie…..en almal weet hoekom.

Elize ·

Nee julle moet onthou julle ingenieurs is wit. Hulle wil die wittes laat krepeer of die hele land daaronder ly of nie .

Dup ·

Die geagte minister stel net belang in “kommunistiese ingenieurs”.Die SA ingenieurs is ook heeltemal te wit na haar smaak.

Manie ·

Dit is ‘n sosialistiese en kommunistiese praktyk wat die Regering ideologies nastrewe! Verder is daar dan ook die rasgedrewe aanstelling wat hulle nastrewe.
So daar is geen manier dat hulle sal oorweeg om die Suid-Afrikaanse ingenieurs oorweeg sal word nie!
Drukgroepe sal moet uithaal en wys!

quartus ·

die plaaslike kundiges is waarskynlik van die verkeerde velkleur. dit is hoekom hulle onaanvaarbaar vir die minister is

KB ·

Kubane is Hispanies. Dus gaan dit nie oor kleur nie. Dit gaan oor kommunisme, kort en kragtig.

anko ·

En so het van die Oosblok land verander na kommunisme en sosialisme nie meer gewerk het nie of is ek nou agter die klip…….

Suzette ·

Sy gaan haar afvee aan die lys van name van plaaslike bekwame ingenieurs, want die Kubane is reeds hier en met groot fanfare verwelkom – so definitief is daar lekker beloftes ook gemaak wat nagekom sal moet word.

Lourens CFG ·

Herman, die plaaslike kundigheid is nie goed genoeg nie omdat hulle wit is natuurlik.

Zacahara ·

Wat sal mens nou sê van so ‘n onwyse & ondeurdagte idee? Eerder niks – net nog ‘n bewus van ‘n dwaas se denkwyse & totale onvermoë om oordeelkundig te bestuur.

pompies ·

Hierdie minister Sisulu is in die kubane se gatte ingekruip. Dit is nie die eerste keer wat sy dit doen nie en sy is ook skuldig aan korupsie, so dit verbaas my glad nie dat sy dit doen nie.

Chris dupreez ·

Hier is n gekonkel met Kuba aan die gang, want enige SA seviele ing word nie geken in die saak, ongeag die velkleur

Stofdonkie ·

Ek moes vanoggend weer hoor ek is te senior vir ‘n posisie, dis mos die engels vir te wit. In hierdie dae sit mense werkloos omdat besighede net swart aanstel en lyk my as daar nie swart beskikbaar is nie dan voer hulle maar kubane in. Nêrens word daar genoem van ‘n antwoord van sisulu nie, het sy net stilgebly terwyl almal die saak bespreek? Hoe lank het sy nou weer om daarop te antwoord, of wag sy nou net sommer dat dit weer oorwaai? Dieselfde met die kubaanse dokters wat ten duurste aangery is SA toe terwyl ons eie dokters moet kripeer van ellende, die vrae word gevra maar niemand hoef te antwoord nie en hulle voer net hulle planne deur. As jy weer sien is dit net foto’s orals van die wonderlike kubane wat so oulik is om te kom help en toekennings vir die kubane vir hulle mooi werk, en dit wyl ons fiscus uitgeskud word om hulle te moet betaal plus hulle verblyf en etes.

anko ·

Solank BEEE hoeveel E’s ookal gaan die ekonomie nie herstel nie. Op die manier verloor RSA goeie en bekwame breins

Deon ·

Gin sprook… My vraag is nou of dit nog n vervalle orgaan geword het?

Adam Adriaan ·

Kommunisme. Hierdie tante weet nie wat om haar aangaan nie. Sy kan nie eers ‘n hok met 10 kuikens grootmaak nie, wat nog om ‘n minister te wees

Marietjie ·

As hul ons ingeneurs gebruik kry sy en haar kaders nie ‘n enkele sent nie.

ES ·

Daar is in elke geval sanksies teen Kuba – hoe kry ons regering dit reg om met hul handel te dryf??

JM ·

Dit is tyd dat wittes met belastingweerhouding moet begin; daar móét ‘n manier wees!

LANA is ELANè ·

Die heel laaste paragraaf in hierdie artikel slaan die spyker op die kop, onthou soort soek soort en dit is wat hier aan die gang is, dit, en ‘n ongesonde obsessie met die Kubane.

KB ·

Die ANC raak nou soos ‘n klomp balhorige skoolkinders. Ons skuld Kuba niks, ons skuld ons eie mense baie.
Dis tyd vir party-politiek om te wyk.

Lian ·

Wat van ‘n afspraak met die minister ? O wee , sy is by die haarsalon

Chris ·

Dit is baie interessant dat ons geliefde president Rammy, elke keer wanneer hy SA toespreek, hy praat van “our people”. As die cANCer regering so kwansuis Demokraties is, sluit “our people” mos almal in, bruin, pienk, pers, orange, wit, noem maar op. Waar pas die Kubane in, onder sy “Our People”? ANC kry jul “Demokratiese” priotiteite in orde en maak gebruik van die SAner volk om die land te bevoordeel. As jul dit nie kan doen nie, staan terug dat die mense wat die land wil ophou dit doen. Julle bring nie net hartseer vir jul eie mense nie, maar vir die meerderheid van die SA bevolking. I rest my case!

Anoniem ·

Laat Minister Sisulu self betaal vir die Kubane………………………Ons land word nou deur die ANC vir die aasvoëls gegooi……………………………….Maar stem maar vir hulle………………………..hulle weet hoe om ons land verder op te voeter!!!!!!!!!!!

Boon ·

Dankie Afriforum . Hou vol met die druk op regering wat ongrondwetlik besluite en aksies neem. Die wiel drank, standing maar seker.

Karina ·

ANC wil nie erken hulle kan situasies nie hanteer nie, voel seker vernederd om die uitgeskopte witman terug te roep om uit te help met water, krag en elke ander krisis wat ANC ten gronde laat gaan het. Om ‘n wit persoon nou aan te stel, is vir hulle onaanvaarbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.