“Laat my man vry,” smeek Yolandé Korkie weer

Pierre Korkie

Pierre Korkie

ʼn Video volg onderaan die berig.

Yolandé Korkie, die vrou van die Bloemfonteinse onderwyser wat deur Al Kaïda-militante in Jemen gyselaar gehou word, het weer ʼn beroep op haar man, Pierre, se ontvoerders gedoen om hom vry te laat.

Michael Venter, die Korkie-egpaar en hul twee kinders se woordvoerder, het Sondag in ʼn verklaring gesê hulle is bekommerd oor Pierre se welstand.

“Sy gesondheid is in gevaar en met geen kommunikasie van sy ontvoerder nie, weet ons niks van sy veiligheid af nie,” het Venter gesê.

“Yolandé pleit by die ontvoerders om Pierre vry te laat, of om ten minste met Gift of the Givers of met die familie kontak te maak sodat ooreenkomste gemaak kan word om hom vry te laat.”

Yolandé het alle Suid-Afrikaners bedank vir hul betrokkenheid in verskeie pogings wat aangewend is om sy vrylating te bewerkstellig.

Yolandé het verlede maand ʼn pleidooi gemaak in ‘n video wat deur die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers beskikbaar gestel is. Yolandé sit saam met haar seun en dogter en smeek die ontvoerders om haar man vry te laat.

Hier volg die video wat Yolande in Februarie gemaak het.

Lees alles oor Pierre Korkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Ons kan net bid en vertrou dat hy van daardie vefoeilike, strydlustige drek bevry gaan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.