‘Laat onnies oorsee gaan, daar’s volop hier’

Die departement van basiese onderwys sê onderwysers kan maar landuit gaan; daar word genoeg opgelei. Foto: Morné van Rooyen

Die departement van basiese onderwys sê niemand hoef bekommerd te wees oor die aantal onderwysers wat die land verlaat nie.

EWN berig dit kom ná ʼn berig in die Sunday Times dat opvoeders landuit verhuis op soek na beter vergoeding en werkomstandighede.

Van die faktore wat onderwysers laat emigreer, is godsdienstige onverdraagsaamheid, klasgroottes en ʼn ondoeltreffende leerplan, het die Sondagkoerant berig. Oorsee kan onderwysers luidens berigte selfs tot tussen R50 000 en R70 000 per maand verdien.

Maar die departement se Elijah Mhlanga het aan EWN gesê hulle het vertroue in die plaaslike onderwysstelsel. “Ons is glad nie bang dat ons met ʼn krisis sal sit nie, want as jy gaan kyk, sal jy sien al ons universiteite bied onderwyskwalifikasies aan. Hulle is amper vol, wat beteken ons werwingsveldtog werk.”

Die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders het vroeër sy kommer oor die neiging van onderwysers om die land te verlaat veral om in die Verenigde Arabiese Emirate te gaan skoolhou, teenoor die departement uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Piet Snot ·

Jy’s reg, Alida. Dié wat oorgaan, is meestal uiters bekwame mense. Ek ken heelpaar, en hulle is uitstekend.

Willem ·

As Julius maar sy span oorsee agter die geld aan kan stuur!

Willem ·

Wag so effe, toenterjare het hulle van die noorde af die land ingekom en hulle het nie eens ‘n kaart gehad nie, nou kan die onnies te minste op die internet lees waar die plek is en wat daar aangaan. Goolge maps.

Jordaan ·

Jou onnosel, onderwys in sommige skole is totaal in chaos, nou wil jy nog die paar onderwysers wat iets werd is verjaag!

AW ·

Dysfunctional Families and Household’s is a reality within SA. One of many root causes is, or at least a contributing element is, our Liberal Constitution, with it’s Own unique “interpretation and understanding” by most if not All South Africans.

There are so many Rights….. Yet NO Responsibilities and or Consequences !!

The inconvenient Truth and Reality is that “Mothers and Fathers” in General, just Dont Have or Lack, the Conviction / Skill to raise their child / children on the Foundation of Ethical and Moral Values.

Teaching and Raising them, the Difference what constitudes Right from Wrong.

That: “Wrong is Wrong even if people IS for it…. and Right is Right even if people IS against it.”

That: “We shall agree to disagree on verious matters / issues; Yet Respect each other, even should we find no common ground.”

That: “Respect for your follow Human Beings in respect of – Yes Please / No Thank You / Your Welcome / May I Help / Assist….. is a testimony of (or the lack there of) a persons character and upbringing.”

That there are consequences for undisciplined choices / conduct.

Delinquency is rive within South African Families / Households.

And so we can continue….

The Holly Truth and Reality is that in General its the “Mother / Father” That are failing their child / children and then the Schools and or teachers are Generously Blamed for the “Mothers / Fathers” Gross Failures in raising and desciplining their child / children!!!

Groen Ertjie ·

Hou die massas swak geskool en regeerbaar – dis die plan

Nes jy se!! ·

Dit is presies wat dit is!
Daar is individue wat die “tools” gegee word om te betoog en veral opvoedkundige instansies te ontsenu en dan af te breek. Hulle sweep ook die ander op, en soms gaan dit gepaard met intimidasie… Hoe minder jy weet, hoe makliker om jou om die bos te ly!

Gertryda ·

Net nou die dag het hul gesê KZN het so n tekort aan onderwysers
In die Oos Kaap is n skool al sonder n wiskunde onderwysers sedert Jan
In oos kaap het graad 8 nog nie onderwysers nie
Dankie tog my kind is nou oorsee verdien R48000 daar word sy nie met pennesakke gegooi of deure in haar gesig toe geklap en word ook nie deur onderwysers n rassis genoem net omdat sy haar werk doe
Eerste keer in jare wat ek rustig slaap

zoom zoom ·

Al wat nou gaan gebeur is dat die slaagsyfer verlaag word sodat ALMAL dan slaag en dan sal daar gesê word daar is nie probleme met onderwys in SS is nie.

Callie ·

Ek smeek, laat daar IK toetse gedoen word ol die wat sulke snert kwytraak. Sal geld olsit dis baie laer as die gemiddeld

Joshua ·

Ja Mhlanga, jou ANC onderwysers studeer vir net 33% onderwys grade.

Dumber, Dumberer and Dumbererer ·

“Universiteite bied almal onderwyskwalifikasies aan en hulle is almal vol”…Hai Wêna Elijah!! Dis vol van daai 30% is ‘n slaag ‘learners’, wat “protest” teen die moeilike vraestelle! Een van die dae Elijah, gaan die kindertjies kan kies tussen ‘Dumb and Dumber” , baie soos die mense wat die waarde van opgeleide onderwysers onderskat!

What a joke... ·

Ja jong nog een van Jerry/Max se helde die dommie…eischh.

1+1 ·

Waaraan moet onderwysers vandag voldoen om gekeur te word om as onderwyser opgelei te word? Mhlanga praat van massa-opleiding van mense wat wil gaan skoolhou. Hy praat beslis nie oor die kwaliteit nie maar van kwantiteit. Dit is ‘n mentaliteit wat die onderwys nie kan bekostig nie en wat die moederberoep in ‘n groter krisis gaan dompel.

Hennie ·

Ai tog!! Wanneer gaan die politici tog wakker word? Die feit dat hulle nie hoef te kan lees, skryf of somme maak om hul beroep te beoefen nie, beteken tog sekerlik nie dat die belastingbetalers (wat eintlik vir almal en alles sorg) ook ongeletterd moet wees nie.

jaco ·

ek wil graag weet watse godsdienstige onverdraagsaamheid jaag onderwysers weg uit skole in SA. Hier is darem nog n mate van godsdiens in skole. daars nog genoeg skuiwergate in onderwyswetgewing om met n mate van godsdiens in skole (natuurlik heeltemal vrywillig) weg te kom.
Waag dit net in Amerika en jy is jou werk kwyt PLUS daar volg hofsake en ‘n hele mediaveldtog oor hoe die leerders se “menseregte” geskend is.

Koos de Meyer. ·

Hoe dom kan jy wees. Die standaard is in elk geval in sy verstand in, so ek stem dom en dommer op die einde van die dag.

Smirre ·

Bedoel Mr. Elijah nou die onnies wat nie st 3 wiskunde kan doen nie, wat tot ‘n helfte van ‘n semester onnodige siek verlof vat, ook gunsies van skooldogters aanvaar in ruil van ‘n slaagpunt ? Ja jy is reg. Daar is baie van hulle. Maar die wat oorsee gaan werk is leerkragte, mense met integriteit en ‘n werketiek wat die ANC nog nooit gehad of sal he nie. Dis beter dat hulle oorsee werk want in die hole wat veral sekere staatskole is word die onderwysers se talente vermors.

Jack Daniels ·

Goed n wel!!! Net jammer die “opgeleides” wat die opvoeding Moet doen het niks hoër IQ as 70% nie waar van die students se IQ Bo 100% is. In die geval the blind lead the blind!!

Freud ·

Die ou laat my lag. As ek nie lag nie gaan ek begin huil. Sy redenasie vermoë laat my dink hy het deur die huidige onderwys stelsel gekom.

RHG ·

Vandag was my 100ste dag van sielsalige vrede, nadat ek een en ‘n halwe jaar voor 65 afgetree het. Ek kon dit nie meer uithou in die onderwys nie. 45 graad eens van verskeie lande oor Afrika. Veral Franssprekende ouers bring tolke om met onderwysers te praat. Hulle kan kinders nie met huiswerk ondersteun nie.
Nasienwerk was daagliks drie tot vier stelle van 45 boeke. Hou verslae by. Gaan slaap meestal na mindernag. Jou liggaam en gees hou dit nie. Ek was nog altyd lief vir die kinders en my werk, maar het so min goeie resultate gekry, dat ek doodeenvoudig nie nog kon vasbyt nie. Die aanhoudende veranderings klits naderhand jou verstand so deurmekaar dat jy nie meer weet wat is reg en wat is nou weer nie reg nie. Die hoeveelheid leerstof wat moet gedoen word in veral wiskunde is yslik. Daar is geen tyd om stil te staan waar kinders nie verstaan nie. Fasiliteerders van distrik praat nie uit dieselfde mond nie. Party prys onderwysers en ander kritiseer en vind fout met net mooi alles. Dit breek goeie onderwysers se moed. Hulle gee op. Sit oogklappe aan en probeer kinders leer na die beste van hul vermoeëns.
Ek is bly dat ek kon gaan. Die verligting is enorm.

Sanna ·

Tog is die buitelandse kinders meer leerbaar en dankbaar. Dis hartseer en kommerwekkend dat ander Afrikalande dink die SA standaard is iets om na te streef. Wens van harte ek kon beter studeer/leer, maar dis so moeilik. Kelner al my lewe lank.

Juffrou ·

Kortsigtig is niks. Onnosel is n ander dier om te bestuur!

Johann H ·

Ordentlike onderrig kan net verskaf word deur WARE ONDERWYSERS vir wie dit ‘n roeping is om onderwys te gee. Die res is net daar om’ n werk te kan hê!

Ella ·

Ek is jammer, maar ek moet jou hier reghelp: nie ‘om ‘n werk te hê nie’, maar wel om ‘n salaris te ontvang. Van ‘werk’ is daar bitter min sprake.

Netso ·

Ja, net soos die Wêreld in Afrika inpas en “listen carefully”! Hierdie is ñ die laaste spyker in ons land se kis! SA is altyd anders want net vandag lees ek watse tekort is daar wêreldwyd aan onderwysers. Dis seker die moeilikste werk op aarde! Dankie juff RHG dis mense soos u wat ek respek voor het.

Johann du Toit ·

Sterkte aan die jong voornemende onderwysers. Wysheid, insig en ondervinding maak ongelukkig nie deel uit van ‘n onderwyskwalifikasie nie.

Yster ·

Haai nou is dit al die 2 de oom wat in n staat van ontkenning is. Eers ons Pres. oor plaasmoorde en nou Eli oor onderwys. Wie en waaroor is die volgende. Kom ons Raai. Dalk ons mediese Mense want soos die onderwys bly net 60 % oor in die land.

PATERNOSTRR ·

Nie alleen geniet ons kinders die lewe oorsee nie maar is hulle veilig en al vee ons ouers elke dag trane van verlange af, weet ons ons kinders is veilig en gelukkig en dankie dat hulle ons kinders met wasrdigheid behandel… Mis julle mams se enigste 2 seuns daar in verre China!!!

Ansie ·

Ek is een van daardie onderwysers wat die land verlaat het en gee tans skool in China. Met my salaris in China kan ek vir myself en my man sorg en ons spaar tans meer as die helfte van my salaris. Met my salaris in SA kon ek nie eers vir myself sorg nie.

Student ·

Ek het nog 2 jaar oor dan gaan ek by julle kom aansluit. Ken twee onderwyseresse wat hierdie jaar opgehou het omdat die 45 in ‘n klas hulle heeltemal geknak het.

Snowball ·

“The only thing more dangerous than ignorance is arrogance.” – Einstein.
Dit is beter vir ‘n dwaas om stil te bly, want as hy sy mond oopmaak twyfel niemand oor sy sotlikheid nie.

mixi ·

Daar is baie en nog baie meer….. totdat daar niks meer oor is nie.

Akademi Buktu ·

Vorige buurman van my se seun was dosent aan ‘n universiteit in Pretoria. Wou nie buig voor sy hoofde se opdrag om studente se punte kunsmatig te verhoog sodat hulle sy vak kon slaag nie. Hy het verkies om Nieu Seeland toe te verhuis. ‘n Geraamde papier teen die muur beteken niks in terme van gehalte werklewering nie.

RHG ·

Die punte wat aangepas word het ek bo nie eens genoem nie! Dit is sonder my medewete of toestemming gedoen! Mense, daar gaan dinge aan wat jou frustrasie onhoudbasr maak! Mense kry bevorderingsposte vir die salaris en kan glad nie die verantwoordelikheid hanteer nie. Ander moet die werk doen, want “ek is nuut, leer nog!” Leer nooit! Sit by tafel met hoë polvye opgedollie en klas sit doodstil van die bord en afskryf terwyl hulle in rye by die tafel roteer vir nasien. Al die boeke is op datum geteken. Geen of min sprake van onderrig. Lees nooit. Gaan met handsakkie huis toe en ontspan heerlik.
Dit is die wasrheid. Ek weet ook dit gaan nie oral so by alle skole nie.

George Pelser ·

Moenie worry nie man. Hulle sal ‘n klomp kubane inbring. Dis mos beter as die klomp wittes wat landuit gaan.Dis vir die ANC eintlik twee vliee met een klap.

Cecilia ·

Sò jammer dat mense veralgemeen en die meeste wat niè in die bedryf is nie se afbrekende kritiek is die meeste. Onderwysers in Suid Afrika het uiterste uitdagings in die klaskamer. Oorvol klasse, onopgevoede leerlinge, oorvol kirrukilum en ‘n departement wat ons jammerlik faal is maar net ‘n paar daarvan. ‘n Goeie onderwyser word gebore en niè gemaak nie. Ek is een van hulle en my werk is my trots maar kry geen erkenning of dankbaarheid daarvoor nie. By ons skool werk ons bitter hard en is definitief nie daar net vir ‘n salaris nie. Jammer mense veralgemeen so en dit breek ‘n onderwyser se moed tesame met ‘n onderwysstelsel waar kinders onregeerbaar geword het!

Annette Groenewald ·

Onderwysers wat nie met onderskeidings slaag nie, kan nie ordentlike onderwys toepas nie. As jy met 50% slaag, beteken dit dat jy net die helfte van die onderwyskwalifikasie het om te kan opvoed! Dit help nie jy ryg hulle soos worsmasjiene by universiteite in nie, hulle moet belangstel om te leer en om met kinders te kan werk!

RHG ·

Universiteitsgrade is net akademies en hulle leer nie die metodiek van onderrig nie. Ons het destyds op kollege ook geleer om apparaat te maak. Jongetjies wil alles gekoop hê en met lepel gevoer word.
Ek weet dit is nie oral so nie. Dis my ondervinding.

Maro ·

Die groot probleem wat my noggals ontstel is die feit dat hulle werklik nie eers vir hulle eie mense omgee nie. Hulle verarm hul eie mense skaamteloos. Wysheid is daar net geen sprake van nie. Soos dwase dwaal hulle al in die rondte…

Onnie ·

n Laerskool in my omgewing het 4 onderwysers bedank….net 1 blanke onder hulle……rede……hulle word deur die hoof geviktimiseer, deur ouers aangerand in skooltyd…..hoof doen niks!!!
Juis daarom haal ouers ook hul kinders uit die skool en plaas hul in tuisonderrig.
Die nie meer sonnige Suid Afrika nie, maar die Land van Anargie.
Let bietjie op dat alle instellings wat enige vorm van ordelikheid, rëels, en vorm voorstaan en daarvolgens bedryf word met die doel om sukses na te streef word aangeval en vernietig. Dit sluit in plase, plaaslike owerhede, mediese instellings, skole, universiteite, noem maar op. Kyk wat gebeur in Eldorado Park. Regverdiges kan hulself nie verdedig nie!!!!!!

Pvt ·

Afrika het nodig:
Inhoud wat werk.
Leerders wat wil vorder.
Onderwysers wat nog wil.

Alicia ·

Ek wil ook net as n onderwyser wat wel oorsee werk by voeg dat ons nie klomp geld verdien nie. Meeste van ons verdien min of meer R20,000 -R25,000 en mense tuis in SA moet ook in agneem dat ons in n ander ekonomie leef met hulle eie lewens kostes, standaarde en tax. Dus, maak die gemiddlede onderwyser wat oorsee werk nie hom of haarself skat ryk nie. Ons werk hier want ons het nie ‘n keuse vir n beter lewe tuis nie. Huidiglik omdat so baie Suid Afrikaners oorsee kom werk soek, staar ons ook maar nuwe sanksies en strenger toelaatings standaarde in die oë.

julius ·

Al die onnies wat daagliks die intemedasie, swak gedrag, ongeskik en lui kinders moet verduur. EK IS TROTS OP JULLE !!! Ek sal dit nie een dag kon uithou nie!!

Jane ·

Ja want julle weet net die WITTES sal gaan, en dan is julle ontslae van hulle. JULLE PRAAT UIT TWEE MONDE .. een dag kla julle hier is nie dokters en onderwysers nie, die volgende dag JAAG julle hulle landuit. Wat ek WEL WEET is dat ENIGE onderwyser GRAAG die land sal verlaat. Nadat ‘n 24 jarige onderwyser DOODGESTEEK is .. pragtige passievolle man en daarna TWEE dames se hele gesigte opgesny is en nog ‘n man met ‘n baksteen aangerand is deur LEERDERS, dink ek ook die ONDERWYSERS wat opgevoed is moet LIEWER die land verlaat. Julle voed die kinders in hulle kwaad om onderwysers die skuld te gee vir alles. ALMAL weet daar is nie genoeg skole of onderwysers nie . JULLE FLOUS NIEMAND NIE .. !

Jerry ·

Mhlanga se argument bevestig dat dit nog n NDR transformasie program is wat werkskepping deur verandering ten doel het en niks met kwaliteit opvoedkunde uit te waai het nie. Onderwysers wat oorsee gaan werk sal nie spyt wees oor hulle besluit nie. Onderwysers wat bly word onderwerp aan uitlokking, vernedering, intimidasie, valse beskuldigings, inteendeel enige “dirty trick” word gebruik om wit onderwysers met swart onderwysers te vervang. Die besluit om te bly raak al hoe moeiliker, veral as jy weet dat die NDR transformasie programme jou as witmens met opset van jou roeping en n plek in die son vervreem en ontse! Die ANC sal dit nooit se of ooit erken nie, maar die ANC se NDR programme is alles geskoei op omgekeerde diskriminasie met die onreg van die verlede wat reg gestel moet word wat gebruik word as totale regverdiging. Dit is dus uiters belangrik vir witmense om te besef dat soos wat apartheid swartmense uitgesluit het die NDR programme dit ten doel het om witmense uit te sluit en dat witmense wat emigreer hulself en hul nageslagte baie ellende spaar. Wat Afrikaner organisasies doen vir die Afrikaners wat nie kan of wil emigreer nie is baie rein en edel, maar sal virseker nie oor die langtermyn deug nie omrede die aanslag van NDR programme al hoe feller uitgerol word soos en waar daar weerstand gebied word. Afrikanerorganisasies mag nie langer vir die onthalwe van die Afrikaner jeug in ontkenning daarvan staan, dat die skrif aan die muur is!

Marius ·

Die ANC is slim hulle wil he die standaard moet laag wees dat die mense nie die land kan verlaat.

marous ·

Laat hulle gaan …..want hier is geen toekoms vir niemand op hierdie stinkende ashoop verskoning van ‘n land nie .

Thinus ·

Ja nee, met sulke arrogante onbevoegde persone in beheer geen wonder die onderwys stelsel is ‘n flop nie. Hierdie regering is net nie in staat om logika te verstaan nie. Daarom die chaos wat ook in die land heers.

Onnie Waaier ·

Ek en al my onnie vriende is almal op pad om te waai. Dit is onuithoubaar in die hel hool.

Krummel ·

Eish, jy en Afrikaanse knaap is manne so na my hart. Selfbeskikking is die enigste uitweg uit hierdie helhool. Dit lyk vir baie mense onmoontlik, maar daar is geen keuse as ons wil oorleef. Ek is bereid om als prys te gee en oor te begin.

Casper Labuschagne ·

@Krummel – Selfbeskikking is ons strewe, en tot dan sal dit tuisonderrig moet wees waar bevoegde onderwysers klein klasse in mikro skooltjies tuis sal bedryf. Daar is geen ander uitweg nie, die huidige onderwysstelsel beteken eenvoudig: rommel in = rommel uit. Tot nou toe kon toegewyde onderwysers die ineenstorting van hul skole voorkom, maar nou gee hulle ook pad – en ek kan hulle nie daarvoor verkwalik nie.

Frieda de Bruyn ·

Dit is BAIE duidelik te oordeel aan hoe ons as onderwysers sukkel om poste te kry in Suid-Afrika. Miskien moet die universiteite strenger raak met hulle keuringsvereistes vir onderwys, sodat ons die vraag en aanbod syfers kan stabiliseer en miskien moet skole slegs onderwysers met onderwyskwalifikasies aanstel en nie mense wat ander grade maar GEEN onderwyskwalifikasie het nie.

Juffie ·

Ek gee heerlik Engels by ‘n universiteit in die Ooste, dankie. Beter salaris, beter werksomstandighede en vrede in my hart.

SUEZ ·

GEEN WONDER ONS ONDERWYS-STELSEL IS IN SY MAAI IN NIE!!!MET SULKE UITLATINGS VAN HOè” AMPTENARE” KAN MENS NET DINK WAT JY WIL..ONDERWYSERS HET DEESDAE GEEN SEGENSKAP OOR LEERLINGE NIELEERLINGE ,GEEN RESPEK TEENOOR ONDERWYSERS NIE,MAAR HULLE WIL IN DIE TOEKOMS ONS LAND REGEER……..IS OM VAN TE HUIL…… MISKIEN UNIV “VOL” STUDENTE MAAR TIPE VAN ONDERRIG VERSKIL HEMELSBREED VAN LEERKRAGTE EN SKOLE IN TOWNSHIPS EN DORPS-SKOLE,MAAR DIE AANV VLAK VAN SO LAE STANDAARD DAT EKLE “JAN RAP” KAN AANDRING OM TE GAAN STUDEER MAAR NIE REGTIG OOR DIE AKADEMIESE VERMOè BESKIK NIE,SO LY ONS KINDERS ONDER DIT WAT REGTIG BESKIK OOR VERMOè OM MET KINDERS TE WERK EN TE HELP BOU AAN ‘N STABIELEE TOEKOMS.

Asjas ·

Ek dink hulle vlug eerder omdat hulle nie langer bereid is om bollie aan ons kinders op te dis nie. weet ook nie hoe ek geskiednis en feite so blantant moet verdraai en dan vir ‘n kind vol punte gee vir iets wat nie gaan water hou in die regte wereld en buiteland nie.
Ons kind gaan moet klaar maak met 12 jaar verpligte anc skool en dan moet ALLLES vergeet wat hulle geleer het en regte geleerdheid gaan soek.

Theresa ·

Waarheid.
Skokkend wat hierdie mense nog gaan uitdink in ‘n poging om hul wil te wil afdwing.

Hanlie Geyser ·

Met die nuwe slaag syfer weet die kamstige nuwe onderwysers minders as die kinders. Watse opvoeding is daar ? Minister moet wakker word.

Casper Labuschagne ·

My suster en haar man gee nou albei onderwys oorsee. Aanvanklik was die plan om dit vir net ‘n paar jaar te doen, maar na ‘n jaar het my suster slegs teruggekeer om hulle huis te verkoop en haar huisraad aan haar familie uit te deel want hulle beplan nie om ooit terug te kom nie.

Erika ·

Geen rede tot kommer – noudat dagga wettig is kan dit mos ingespan word om ‘n klas van 40 tieners baie beter te desiplineer & om hulle rustig te hou & die areme onderwyser sal dalk nou die geleentheid kry om te kan klas gee aan die kinders wat wel wil leer. Meerderheid van vandag se kinders Stella geensins belang om iets te leer nie want die staat gaan hulle dan onderhou met salarise wat skrik vir niks & hulle kan heeldag op hulle selfone sit. Dankbaar dat ek 25 jaar terug van beroep verander het – anders was ek dalk vandag In die tronk vir disiplineering van ongepoetste tieners.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.