Laat vir afslaan, toe ry hy 218 km/h

Foto verskaf deur EMPD

ʼn 35-jarige man is Sondagoggend vroeg in hegtenis geneem toe hy met ʼn wit Porsche Boxster teen 218 km/h op die N3 in Gauteng gery het.

Wilfred Kgasago, hoofsuperintendent van die Ekurhuleni-metropolisie, het gesê die man is omstreeks 06:10 op die N3 in ʼn suidelike rigting, tussen Geldenhuys-wisselaar en die Rand Airport-afrit, voorgekeer.

“Die man het aangevoer hy is laat vir ʼn gholfwedstryd,” het Kgasago gesê.

Drie ander motoriste, wat tussen 168 km/h en 177 km/h in die 120km/h-sone gery het, is ook Sondagoggend op dieselfde stukkie pad in hegtenis geneem.

“Die vier persone is by Germiston-polisiestasie aangehou op aanklag van roekelose of nalatige bestuur. Hulle is later vrygelaat op borgtog van R1 000 en sal na verwagting binnekort in die Germiston-landdroshof verskyn,” het Kgasago bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Spark Plug ·

Nee rerig, wat was fout met die Porsche…net 218. Dis baie teleurstellend, ek het meer verwag

Gert ·

Hierdie menere moet sommer vir n week sonder verhoor toegesluit word. Onverantwoordelik en dink oënskynlik hulle is bo die wet verhewe. Windgatte!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Shame man….as jy ‘n regte Porsche gery het kon jy 318 doen!! Sê as jy ‘n tydjie beskikbaar het, dan vat ek jou gou….

Gert ·

Verkoop die karre dan sal hul leer. Of 50% van die voertuig se waardemoet die boete wees

Ruan ·

Dar behoort nie ‘n “speed limit” te wees nie. Gemany is die land met die minste motor ongelukke en hulle hoofpaaie het nie ‘n spoed limiet nie.

Just my 2 cents

Ja Nee ·

Jy is reg Ruan, maar mens moet ook in ag neem dat Duitsland se bestuurders verantwoordelik is en die padreëls gehoorsaam. As die padteken sê verminder spoed, dan doen hulle. Hulle neem ook ander padgebruikers is ag. Kan ongelukkig nie dieselfde van RSA sê nie.

Laat waai ·

Jy is verkeerd, Ruan, nie al die paaie in Duitsland het geen spoedgrense nie. Daar is wel ‘n autobaan beskikbaar waar jy kan ry as jy ‘n bietjie wil laat waai.

thelsa ·

Ons paaie is ook nie gebou of in ‘n toestand om teen hoë spoed te ry nie.
In elk geval – landswette (verkeersreëls ens) geld ook vir die ‘vehewenis’ met vinnige sportmotors en 4 x 4 voertuie.

Boet Fasie ·

In ons liewe land het jy nie ‘n vinnige motor nodig nie, want die paaie is vol slaggate en die wat wel behoorlik geteer is se mangat deksels wat laer as die pad oppervlakte is erger as slaggate. Kry maar vir jou ‘n 4×4 baie meer waarde vir geld en as jy glimlag is dit dalk nie van honger pyne nie ?

Spoedvraat ·

Lol…. die ou moet maar vir hom motorfiets kry. Die verkeers manne stop nie motorfietse wat meer as 180km/h gaan nie. ….. en ek ry net so vinnig wanneer die pad my dit toelaat.

Anoniem ·

Ja hier is alweer van daai lawaai gate wat dink spoed is ok. Vir al die menere wat dit so doed praat wil ek se mnr. bid dat jy nie n familie lid verloor omdat die porche se wiel gebars het of die bestuurder hom nie kon beheer. Julle of verstandelik gestrem of net plain stupid en ja ons breek ook reels maar plaas nie ander mense se lewe op die spel nie want jy sien lawaai gat as jy n vinnige motor kan bekostig dan kan jy dit ook bekostig om by n renbaan jou motor se spoed te toets.

SjN ·

Sy verweer is seker hy doen alles vinnig in die lewe, hoop die landros gee hom n jaar tronkstraf, dan kyk ons hoe vinnig hy dit kan uitdien.

Stepheb ·

My vraag oor die wet is nogsteeds… Hoe bepaal die klomp dat jy roekelose en of nalatig was/is… Om vinniger te ry as wat iemand anders bepaal is nie roekeloos nie en nie nalatig nie… Is ek R/N as ek vinniger hardloop as jy, is ek R/N as ek hoër uit n vliegtuig uitspring. Het hy op daardie presiese oomblik iemand anders se lewe in gevaar gestel?

Andre ·

Ruan, met bestuurders wat 80 k/ph in die regterbaan (” vinnige “) baan ry en geen wetstoepassers wat na oortreders kyk en optree op die paaie nie ? Dit is duidelik nie Duitsland nie.

Niel ·

yea, ons het ‘n autobahn nodig… Wonder wat is die moontlikheid vir ‘n stuk privaat pad tussen 2 punte op ‘n plaas of iets waar die ouens mag vinnig ry, en waar hulle natuurlik tolgeld betaal om te mag vinnig ry. hmmm

shark ·

Daar moet nou eers n kommissie van ondersoek saamgestel word om te bepaal of die PORCHE nie dalk onskudig is nie – LOL

ne ·

R1000 Boete?????? Teen daai spoed???? As dit Steve was sou die boete R10,000 gewees het. Raai net hoekom so min…..

Jakes ·

Hier is sooo baie mense wat praat van wet oortree maar huveel van julle is die ouetehuis gevalle wat wel 60 ry maar voor mens in draai of dood stop vir geen rede nie . Ek ry 180 elke liewe dag en stel niemand in gevaar nie ek kan my kar beheer en ry nie onverskilig nie . Dis die dom goed wst 80 ry wat ongelukke maak . Al hoekom die mense gevang is , is omdat hul gestop het . Sit voet ini hoek en kyk hoe spring so spietkop rond

leser ·

die ou grote is nie golfwedstryd materiaal nie
voornemende wedstryd golf spelers ry met hul golf karretjies op sleepwaentjies rond

Vroeg ·

Dit lyk of daai gholfwedstryd ‘n bietjie te vroeg in die oggend begin het…

Leon ·

Inderdaad, is daar dan plek vir golfstokke ook in daai plat karretjie?

Lani ·

Dis waarom die land so gemors is want wette word nie gehoorsaam nie. Dis mos ‘ander mense wat wetgehoorsame burgers moet wees. Nee wat – geen simpatie!

Laat waai ·

Klink vir my maar net na jaloesie.
As die pad oop is, laat waai. Solank jy self veilig voel en dit kan beheer, maar 218… Jy weet jyt n 50/50 kaans om gevang te word, doen dit dan net behoorlik.

Ekke ·

Weet julle wat is killers op die paaie? Dis die trokke. Nie vinnige karre en bestuurders nie. Vinnig ry is nie roekeloos of nalatig nie!!!! Ek is 61 jaar oud. Het op verskeie renbane gery en dis my gewildste sport soort. Ek kan my kar hanteer op 250kpu. Dis juis die trokke en stadige ryers wat ongelukke veroorsaak. So as jy jou kar kan beheer teen hoe spoed is daar niks mee verkeerd nie. Weereens is dit nie so iemand wat ongelukke veroorsaak nie, maar juis die wie ek genoem het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.